Browsing by Author "Venter, Anna Magdalena"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemEnkele persoonlikheidskenmerke by essensiele hipertensie-Kleurlingvroue(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1977) Venter, Anna Magdalena; Möller, A. T.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMING: Nieteenstaande die feit dat daar groat vooruitgang gemaak is op mediese gebied, kon daar tot nog toe geen eenstemmigheid verkry word oor die aard en etiologie van essensiele hipertensie nie. (Grollman, 1973; Redaksioneel, The Lancet, 1976; Thomas, 1973). Nogtans is dié toestand die belangrikste epidemie van die twintigste eeu en minstens 23 miljoen volwasse Amerikaners ly aan hipertensie (Sheps en Kirkpatrick, 1975). Page (1976) het byvoorbeeld aangetoon dat ongeveer vyftien tot twintig persent van die volwasse bevolking van die Verenigde State van Amerika en ander ge1ndustraliseerde volke deur die siekte geaffekteer word. Sommige skrywers ontken die bestaan van essensiele hipertensie as enkele entiteit of siekte en gaan van die standpunt uit dat dit 'n patogenetiese heterogene groep afwykings is (Knudsen, Iwai en Dahl, 1973; Pickering, 1955). Volgens Kolb (1973) is dit 'n sistemiese reaksie wat deur 'n verskeidenheid faktore veroorsaak kan word.
- Item'n Ondersoek na die faktore wat blanke en kleurling geregistreerde verpleegkundiges in die Republiek van Suid-Afrika beinvloed om uit die verpleegberoep te tree(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1981) Venter, Anna Magdalena; Hofmeyr, I. M.; Stellenbosch University. Faculty of Medicine and Health Sciences. Department of Nursery and Midwifery.AFRIKAANSE OPSOMMING: In die Republiek van Suid-Afrika sowel as in die meeste ontwikkelde lande bestaan daar in mindere of meerdere mate n tekort aan geregistreerde verpleegkundiges. Feitlik elke persoon huldig sy eie mening waarom hierdie tekort bestaan en gevolglik bied elkeen dan ook volgens sy eie oortuigings, oplossings vir die probleem aan. Daar bestaan egter geen kitsoplossings om die getalle geregistreerde verpleegkundiges aan te vul nie. Daar is slegs twee bronne waaruit hierdie getalle aangevul kan word en dit is eerstens om meer jong rekrute vir die beroep te werf en hulle te behou en tweedens deur die nie-praktiserende verpleegkundiges te oorreed om weer tot die verplegingsberoep toe te tree. Daar bestaan bewyse dat die aantal reserweverpleegsters inn gemeenskap sodanig is, dat volgehoue pogings om hulle weer terug te kry in die verpleegberoep, geregverdig is.