Enkele persoonlikheidskenmerke by essensiele hipertensie-Kleurlingvroue
Date
1977
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Nieteenstaande die feit dat daar groat vooruitgang gemaak is op
mediese gebied, kon daar tot nog toe geen eenstemmigheid verkry
word oor die aard en etiologie van essensiele hipertensie nie.
(Grollman, 1973; Redaksioneel, The Lancet, 1976; Thomas,
1973). Nogtans is diƩ toestand die belangrikste epidemie van
die twintigste eeu en minstens 23 miljoen volwasse Amerikaners
ly aan hipertensie (Sheps en Kirkpatrick, 1975). Page (1976)
het byvoorbeeld aangetoon dat ongeveer vyftien tot twintig persent
van die volwasse bevolking van die Verenigde State van Amerika en
ander ge1ndustraliseerde volke deur die siekte geaffekteer word.
Sommige skrywers ontken die bestaan van essensiele hipertensie
as enkele entiteit of siekte en gaan van die standpunt uit dat
dit 'n patogenetiese heterogene groep afwykings is (Knudsen,
Iwai en Dahl, 1973; Pickering, 1955). Volgens Kolb (1973) is
dit 'n sistemiese reaksie wat deur 'n verskeidenheid faktore
veroorsaak kan word.
Description
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1977.
Keywords
Hypertension, Colored people (South Africa) -- Psychology, Personality, Dissertations -- Psychology, UCTD