'n Ondersoek na die faktore wat blanke en kleurling geregistreerde verpleegkundiges in die Republiek van Suid-Afrika beinvloed om uit die verpleegberoep te tree
Date
1981
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die Republiek van Suid-Afrika sowel as in die meeste ontwikkelde lande
bestaan daar in mindere of meerdere mate n tekort aan geregistreerde
verpleegkundiges. Feitlik elke persoon huldig sy eie mening waarom
hierdie tekort bestaan en gevolglik bied elkeen dan ook volgens sy eie
oortuigings, oplossings vir die probleem aan. Daar bestaan egter geen
kitsoplossings om die getalle geregistreerde verpleegkundiges aan te vul
nie. Daar is slegs twee bronne waaruit hierdie getalle aangevul kan
word en dit is eerstens om meer jong rekrute vir die beroep te werf en
hulle te behou en tweedens deur die nie-praktiserende verpleegkundiges
te oorreed om weer tot die verplegingsberoep toe te tree. Daar bestaan
bewyse dat die aantal reserweverpleegsters inn gemeenskap sodanig is,
dat volgehoue pogings om hulle weer terug te kry in die verpleegberoep,
geregverdig is.
Description
Dissertation (DVerpl.) - University of Stellenbosch, 1981.
Keywords
Nurses -- Job satisfaction -- South Africa, Nurses -- Supply and demand -- South Africa, Nursing -- Social aspects -- South Africa, Nursing services -- South Africa -- Personnel management, Dissertations -- Nursing, UCTD