Poetess on the periphery? revisiting the question of a female poetic tradition in hellenistic poetry

Date
2022-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study presents a renewed consideration of an assumed female poetic tradition in ancient Greek literature by analysing selected epigrams attributed to female poets from the Hellenistic era. This autonomous poetic heritage – presumably initiated by Sappho in the archaic period – is defined as a tradition of literary influence between women writers and their female forebears, all of whom focused collectively, and exclusively, on feminine values, concerns, and experiences. To argue for the existence of such an inherent women’s language and literature, scholars have applied the following criteria: i. poetic mode (i.e., an originally oral-based poetic tradition), ii. marginality (i.e., poetry performed on the periphery of mainstream society), iii. female-only audiences or readerships, iv. feminine themes (e.g., children, animals, and nature), and v. feminine genres (e.g., lyrics and lamentation). This study proposes that a further criterium needs to be applied to the material, namely that of allusion, that would allow us to trace poetic references in women’s texts to their original source. For the purposes of this investigation, three forms of allusion are distinguished: (a) imitatio, (b) aemulatio, and (c) generic allusion. Imitatio is when an author selects features from an earlier text and simply redeploys them, whereas aemulatio refers to instances when the earlier text is not only copied but altered in some way to demonstrate the author’s innovation. Generic allusion is applied more broadly, in the form of shared themes, metres, dialects, or dictions associated not to a specific text, but to a specific (sub)genre. The main body of this study consists of the detailed analysis of select epigrams by the Hellenistic poets Erinna, Moero, Anyte, and Nossis (350-280 BC), preserved in the Greek Anthology. The treated poems are, in the cases of Anyte and Nossis, the only extant texts from the poets, and barely any of Erinna’s and Moero’s poetry has survived outside of this genre (and book), but for a few fragmented and decontextualised snippets. These female poets were thus primarily selected for the era (and genre) in which they composed (i.e., ‘Era of the Book’) as this period saw an increase in the preservation of women’s poetry in the form of epigrammatic collections. In terms of the various categories of allusion, this study finds that women poets more regularly alluded to the themes, motifs, genres, and dictions attributed to the public poetic tradition than they tended to allude to their female poetic predecessors, albeit sometimes in a way that reworked conventional poetic structures to bring about a subtle feminine perspective. The public nature of the epigram genre also suggests that female poets had a public, erudite readership in mind, especially since such a wider audience would better ensure the survival of their works. Male poets’ frequent allusion to these female poets’ works further speaks to the accessibility and renown of their poetry, and to their important innovations within the wider allusive networks of ancient Greece’s literary past.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie bied 'n herbeoordeling van 'n veronderstelde vroulike digterlike tradisie in die antieke Griekse literatuur, by wyse van die ontleding van geselekteerde epigramme toegeskryf aan vrouedigters van die Hellenistiese era. Hierdie onafhanklike digterlike erfenis – vermoedelik deur Sappho geïnisieer tydens die argaïese periode – word gedefinieer as 'n tradisie van literêre invloed tussen vroueskrywers en hul vroulike voorgangers wat gesamentlik en uitsluitlik op vroulike waardes, belange, en ervarings gefokus het. In die bewysvoering vir die bestaan van so 'n inherent vroulike taal en literatuur, het akademici van die volgende kriteria gebruik gemaak: i. poëtiese modus (d.w.s. 'n oorspronklik mondelinggebaseerde tradisie), ii. marginaliteit (d.w.s. poësie wat aan die rand van die dominante samelewing gefigureer het), iii. gehore of leserspublieke slegs vir vroue, iv. vroulike temas (bv. kinders, diere, en die natuur) en vroulike genres (bv. lirieke en klaagliedere). Hierdie studie stel voor dat 'n verdere kriterium toegepas moet word, naamlik dié van sinspeling, wat kan aandui hoedat poëtiese verwysings in vrouetekste met hulle oorspronklike bronne in verband staan. Vir die doeleindes van hierdie ondersoek word drie vorme van sinspeling onderskei: (a) imitatio, (b) aemulatio, en (c) generiese sinspeling. Imitatio is wanneer 'n outeur eienskappe van 'n vroeëre teks uitlig en herbenut, terwyl aemulatio verwys na gevalle waar die voorafgaande teks nie net gekopiëer word nie, maar ook so gewysig word dat dit vernuwing by die latere outeur demonstreer. Generiese sinspeling word wyer verstaan as van toepassing op eienskappe van die betrokke (sub)genre en ander, aanverwante genres, insluitende tematiek, metrum, dialek, en seggingswyse; met ander woorde, nie met betrekking tot een spesifieke teks nie. Die hoofdeel van hierdie studie word gewy aan gedetailleerde analises van epigramme deur die Hellenistiese digters Erinna, Moero, Anyte, en Nossis (350-280 vC), wat in die Griekse Bloemlesing oorgelewer is. Die gedigte wat vir behandeling uitgesonder word, is in die geval van Anyte en Nossis die enigste oorgelewerde tekste van hierdie digters; ook by Erinna en Moero is daar ‘n skamele oes van gedigte, en slegs ‘n klompie gedekontekstualiseerde fragmente wat nie tot hierdie genre behoort en wat afsonderlik van die Griekse Bloemlesing behoue gebly het. Hierdie vroulike digters is dus hoofsaaklik gekies op grond van die era (en genre) waarin hulle gedig het (d.w.s. 'Era van die Boek'), hoofsaaklik omdat die Hellenistiese tydvak 'n toename getoon het in die bewaring van digterlike vrouestemme, en spesifiek in die vorm van epigrammatiese versamelings. Wat betref die verskillende kategorieë van sinspeling in die epigrammatiese digwerk van vroue in die Hellenistiese era toon die resultate van hierdie ondersoek dat vrouedigters meer geneig was om te verwys na die temas, motiewe, genres, en seggingswyses wat in die openbare poëtiese tradisie voorkom, eerder as om na hulle vroulike poëtiese voorgangers te verwys, alhoewel somtyds op 'n wyse wat poëtiese konvensies omvorm om sodoende 'n subtiele vroulike perspektief te bewerkstellig. Die publieke aard van die epigramgenre en die epigramboek dui voorts daarop dat vrouedigters 'n openbare, opgevoede leserspubliek in gedagte gehad het, veral omdat so 'n gehoor beter in staat sou wees om die voortbestaan van hul werke te verseker. Manlike digters se gereelde sinspeling op hierdie vroulike digters se werke dui verder op die toeganklikheid van, en bekendheid met hul poësie, en dien as ‘n vorm van erkenning van die vernuwende bydraes wat deur hierdie vroulike stemme van binne die wyer netwerke van die antieke Griekse literatuur gemaak is.
Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Citation