Deur die loergat : ’n ondersoek na die voyeuristiese elemente in Johann de Lange se “Olympia”
Date
2011-03
Authors
Kemp, Theo
Foster, Ronel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet Akademies
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The term voyeurism is normally seen as belonging to the field of psychology,
where it is used to describe sexual abnormality and deviation. However, this view
stigmatises the phenomenon of voyeurism as a perverse action. In this article the
authors attempt to broaden the concept of voyeurism by indicating the role of the
voyeur in poetry, specifically the oeuvre of Johann de Lange. It is argued that
voyeurism fulfils an essential function in the writing and reading process; that not
only the poet, but also both the text and the reader inevitably share in the
voyeuristic action. Literature, according to this hypothesis, has its origin in the
perspectival complexity of voyeurism. Voyeurism manifests and functions in
different ways in De Lange’s poetry, namely in painting, photography, religion
and the relationship between father and son. This article emphasises the
voyeuristic action in painting and poetry by analysing De Lange’s poem
“Olympia”, which is based on Edouard Manet’s homonymous painting.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die term voyeurisme word gewoonlik tot die gebied van die sielkunde gereken, waar dit gebruik word om ’n seksuele abnormaliteit of afwyking te beskryf. Hierdie siening stigmatiseer egter die verskynsel van voyeurisme as ’n perverse handeling. In hierdie artikel1 word die voyeurisme-konsep uitgebrei deur die rol van die voyeur in die poësie onder die soeklig te plaas, in die besonder in die oeuvre van Johann de Lange. Daar word betoog dat voyeurisme ’n wesenlike funksie in die skryf- en leesproses vervul. Nie net die digter nie, maar ook die teks en die leser, is deel van die voyeuristiese handeling. Volgens hierdie hipotese het die letterkunde sy ontstaan in die perspektiwiese kompleksiteit van die voyeurisme. In De Lange se poësie manifesteer en funksioneer die voyeurisme in verskillende vorme: in die skilderkuns, die fotografie, die godsdiens en die verhouding tussen vader en seun. Hierdie artikel beklemtoon die voyeuristiese handeling in die skilderkuns en die poësie deur ’n bespreking van De Lange se gedig “Olympia”, wat gebaseer is op Edouard Manet se gelyknamige skildery.

Description
Keywords
Voyeurism, Literary voyeurism, De Lange, Johann -- Olympia
Citation
Kemp, T & Foster, R 2011. Deur die loergat: ’n Ondersoek na die voyeuristiese elemente in Johann de Lange se “Olympia”. LitNet Akademies, 8(1), pp. 185-213, http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi.