Onderwys aan die Kaap onder die Kompanjie, 1652 - 1795 : 'n kultuur-historiese studie
Date
1936-12
Authors
Du Toit, Petrus Stephanus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
VOORWOORD: Verskillende skrywers het verskillende interpretasies gegee van
wat die eintlike onderwerp van die Geskiedenis van die Onderwys
uitmaak. So is nog tot onlangs die beskouing gehuldig dat dit die
geskiedenis van groot opvoedkundiges, hulle lewe en werke, moet
weergee. Met dit as uitgangspunt is egter nie 'n goeie insig in sake
te verkry nie en is die voorstelling noodwendig eensydig. Vir die
opvatting dat dit 'n geskiedenis van pedagogiese stelsels is, is
miskien meer te se. As hierdie stelsels egter op hulself bly staan en
hulle samehang met allerhande ander faktore, met filosofie en
godsdiens, met die hele strewe en lewe van die mensheid of ten
minste van 'n groot groep van mense, nie gesien word nie, bring
dit egter ook nie perspektief nie. Die Geskiedenis van die Onderwys
moet dus meer gesien word as 'n uiteensetting van pedagogiese
denke en doen as 'n deel van 'n groot organiese geheel: die algemene
kultuurgeskiedenis van die mensheid.
Description
Thesis (DPhil) -- Stellenbosch University, 1936.
Keywords
Education -- South Africa -- Cape of Good Hope -- History, Cape of Good Hope (South Africa) -- History -- To 1795, Dissertations -- History, Theses -- History