Research Articles (Practical Theology and Missiology)
Permanent URI for this collection
Browse
Recent Submissions
Now showing 1 - 5 of 282
- ItemRestriction of burial rites during the COVID-19 pandemic : an African liturgical and missional challenge(AOSIS, 2021-08-27) Khosa-Nkatini, Hundzukani P.; White, PeterBurial rites are very common among many Africa communities. In the African context, burials are not the end of life but rather the beginning of another life in the land of the ancestors. In spite of the importance of the African funeral rites, the missional role of the church in mourning and the burial of the dead in the African communities, the COVID-19 pandemic led protocols and restrictions placed a huge challenge on the African religious and cultural practices.
- ItemPentecostalism and migration : a contextual study of the migrant Ghanaian Classical Pentecostal churches in South Africa(AOSIS, 2021-02-10) White, PeterPentecostal phenomenon from history has always moved with migration. Reading Acts 1:8, Jesus linked the baptism of the Holy Spirit with the migration of his disciples and the gospel from Jerusalem to Judea and Samaria and to the end of the earth. Migration has become a worldwide, multi-directional phenomenon which is reshaping the Christian landscape. In this light, the article discussed Pentecostalism and migration by using two Ghanaian Classical Pentecostal churches in South Africa as a case study. The article looked at their history, leadership development, transfer of missionaries from Ghana and its implications, their concept of contextualisation as well as some of their impact in South Africa. The article submits that it is time for both churches to start thinking of decolonising their foreign mission churches by helping them have autonomous status.
- ItemDum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel"(LitNet, 2020) Louw, D. J. (Daniel Johannes), 1944-Die tergende vraag in ’n spirituele en religieuse benadering tot die betekenis van menswees is nie bloot die vraag na identiteit (wie is ek?) nie, maar die vraag na die wesenskern van die mens. Wat word met siel bedoel? Hierdie vraag word veral deur die feit van menslike broosheid, lyding, verganklikheid en ’n wete van die dood onderstreep. Dit is dan ook die vraag waarmee die skrywer Elsa Joubert nie net in haar reisverhale nie, maar veral in haar laaste boek Spertyd geworstel het. Die vraag na ’n mens se siel is ten diepste die vraag na die gehalte en sin van die lewe. In die lig van die stelling dat ’n mens nie ’n siel hét nie, maar jou siel ís, word die verband tussen liggaamlikheid en die wesenskern van die mens, die hóé van menswees (so-syn) ondersoek. Wat word bedoel met die “naakte waarheid” van ’n be-sielde lewe? Die naakte waarheid van siel doem vir Joubert op toe sy die beplooide agterstewe van ’n bejaarde pasiënt sien oopwaai onder ’n hospitaaljurk en die weerloosheid van ’n verskrompelde lyf aanskou. Die waarheid van siel is gekoppel aan die werklikheid van houding en hoe ons mekaar aanraak en in verhoudinge beleef. Maar dan moet ons wegbeweeg van ’n etiese hermeneutiek van suspisie (hoe groot is ons sonde en ellende en die dualisme tussen siel en stof) na ’n estetiese hermeneutiek van verrykte doksa (sinvolle roepingsbestemming binne die integrale faktor van omgee, sorg, medelye en integriteit).
- ItemThe search for happiness, towards a practical theology of joy : faith seeking beatific happiness – fides quaerens beatitudinem(De Gruyter, 2020-07-22) Louw, D. J. (Daniel Johannes), 1944-In the light of the eudaimonic principle of pleasure/enjoyment, the question is posed: What is meant by a spirituality of happiness? In terms of the eucharistic perspective of graceful living, and the view that human beings are actually playful artists (homo ludens), a practical theology of joy is proposed: fides quaerens beatitudinem – faith seeking joyful happiness. In the light of the Christian connection between a benevolence of grace and the biblical notion of the beatitudes, happiness is presented as a kind of makariology: the interplay between the benediction of a blessing and the fortitude of a peaceful mind. “Beatific enjoyment” (fruitio beatifica) is proposed as a practical theological conceptualisation of the “praxis of God”.
- ItemVerwondering ondanks verwonding. Tussen aftakeling (verganklikheid) en ontkieming (onverganklikheid) ‒ oor die spirituele estetika van 'n "pneumatiese liggaam" binne die knyptang van veroudering, sterwe, graf en dood(LitNet, 2022) Louw, D. J. (Daniel Johannes), 1944-Antjie Krog se digbundel Verweerskrif (2006a) stel opnuut die vraagstuk van veroudering, liggaamlike aftakeling en die besef van verganklikheid, sterwe en dood aan die orde.1 Die besef van sterwe en dood laat beslis ’n wond in die brose “siel” van die sinsoekende mens. Verwonding verwys na die verlies aan liggaamlike vermoëns binne die aftakelingsproses van veroudering en die besef van eindigheid en onafwendbare stoflikheid. Maar is die liggaam bloot stof en die dood aaklig? ’n Alternatief is om die vraagstuk van veroudering, liggaamlike aftakeling, sterwe en dood vanuit ’n spiritueel meta-fisiese hoek te benader ‒ die méér van transendentale verbeelding (désir métaphysique). Antropologies gesproke is die mens dan nie bloot homo ludens (die spelende mens) nie, maar ten diepste homo transcendentalis (die verwonderende, selfoorstygende mens). Die vraag duik dan op of, in die woorde van N.P. Van Wyk Louw, die dood ook “mooi” kan wees. Indien die mens nie inherent ’n “onsterflike siel” besit nie, hoe moet daar dan teologies en vanuit ’n Christelik-eskatologiese perspektief oor die estetika van sterwe, dood en die uiteindelike graf nagedink word? Die basiese stelling is dat die metafoor van saad, en die korrelasie tussen sterwe en ontkieming, nuwe perspektiewe open vir ’n doksologie oor “die oop graf”. Stof en kosmos word dan estetiese elemente van ’n opstandingshoop ‒ die sogenaamde “pneumatiese liggaam” (πνευματικόν/ pneumatikon). In dié verband bied Dostojefski se siening van ’n dodekamer as bruilofskamer (Joh. 2:1), en Michelangelo Buonarroti se soeke na “siel” in die gebeitelde volmaaktheid van die menslike liggaam asook die estetika van beskilderde, harmonieuse lyflikheid ten spyte van aftakelende veroudering, ’n verhelderende, hermeneutiese perspektief om “mooi” teologies te herinterpreteer. Vandaar die spirituele estetika van liggaamlike verwonding as die wonderbaarlike ontkiemingsproses van ’n “onsterflike siel”.