Research Articles (Africa Open Institute)

Permanent URI for this collection

Browse

Recent Submissions

Now showing 1 - 4 of 4
  • Item
    Chaos en teenstruktuur in Europese groteske ornamente van die 16de en 17de eeue
    (LitNet, 2022) Liebenberg, Deon
    Die chimeriese aard van groteske ornamente uit die Renaissance en Maniëristiese periodes word hier ondersoek met betrekking tot die manier waarop die diskrete grense wat normaalweg die menslike, dierlike en plantkundige domeine afbaken daardeur oorskry en ontbind word. ’n Kruiskulturele bespreking van chimeriese monsters en verwante begrippe in mites en rituele word as beginpunt gebruik. Daar word gewys dat gedrogte soos die draak, die reënboogslang en die ourobóros, asook die Europese karnaval en soortgelyke rites van omkering ’n onderliggende struktuur gemeen het met sekere skeppingsmites en ooreenkomstige feeste. Die idees van Mikhail Bakhtin, Mircea Eliade, Claude Lévi-Strauss, Victor Turner en Friedrich Nietzsche word gebruik om lig te werp op hierdie saak. Ten slotte word daar gewys hoe hierdie struktuur vrugbaar gebruik kan word om groteske ornamente in terme van verskeie wyd uiteenlopende benaderings te ontleed – byvoorbeeld dié wat dit voorhou as loutere artistieke vryheid of verfynde vermaak en dié wat die ontwrigtende en vernuwende werking daarvan in die ontwikkeling van moderne Westerse kultuur aanvoer.
  • Item
    Burgerskap onder konstruksie : Aida en Rigoletto by die Suid-Afrikaanse Republiekfeesvieringe, 1971
    (LitNet, 2021) Pistorius, Juliana M.; Roos, Hilde
    Ter viering van die tienjarige bestaan van die Republiek van Suid-Afrika in Mei 1971, is twee operas van Giuseppe Verdi, Aida en Rigoletto, vir Kaapse gehore op die planke gebring. Die produksies was egter vir verskillende gehore bedoel – Aida, opgevoer in die splinternuwe Nico Malan Skouburg (vandag Kunstekaap) in Kaapstad vir die wit publiek, en Rigoletto, opgevoer in die Joseph Stone Ouditorium in Athlone vir die bruin publiek. Hierdie artikel ondersoek hoe die 1971-Republiekfees ingespan is om burgerskap onder die jong nasie te bevorder en hoe hierdie twee feesproduksies die ideologiese onderbou van apartheid bevestig het. Mona Ozouf se teoretisering van openbare feeste word as lens gebruik om aan te dui hoe die Republiekfeesvieringe daarop gemik was om ’n sosiale verbond tussen die staat en sy mense te sluit, en hoe die feesvieringe die mag van die Suid-Afrikaanse staat moes illustreer. Deelname aan die geleentheid het die individu as burger herdoop, waardeur hy sy regmatige plek kon inneem as legitieme lid van die nasie. Spesiale fokus word gegee aan die opening van die Nico Malan Skouburg wat die Republiekfeesvieringe afgeskop het en die protesaksies teen die rassebeleid wat die openingsgeleentheid voorafgegaan het. Protesbriewe van skrywers soos Uys Krige en Adam Small illustreer hoe die Eoan Groep kontrasterende openbare sentimente soos simpatie en verwerping ontlont het. Tesame met ’n bespreking van die verskille tussen die Nico Malan en die Joseph Stone, word die opvoeringe van elk van die operas in die onderskeie ruimtes onder die loep geneem om te illustreer hoe die produksies uiteenlopende aspekte van Suid-Afrikaanse kulturele aspirasies verteenwoordig het. KRUIK se Aida was ’n toonbeeld van Afrikaner-eksepsionalisme terwyl Eoan se Rigoletto aanspraak gemaak het op ’n nagestrewe kulturele uitnemendheid.
  • Item
    Naklanke van Arnold van Wyk se Poerpasledam vir fluit en klavier
    (LitNet, 2017-09-09) Pauw, Marietjie
    Hierdie artikel word aangebied as ’n kurering van die naklanke van die Suid-Afrikaanse komponis Arnold van Wyk (1916–1983) se enigste komposisie vir dwarsfluit en klavier. Hierdie komposisie dra die ongewone titel Poerpasledam. Poerpasledam, in korrup-uitgespreekte Afrikaans vertaal vanuit pour passer le temps (“om die tyd te verwyl”) sou kon dui op onskuldige tydsverwyling. Die werk is in 1944 gekomponeer, uitgevoer, verwerk, en in 1981 weer uitgevoer in die huidige weergawe wat vandag tot beskikking van dwarsfluit-klavierduospelers is. Die ooglopende teenwoordigheid van geweld en oorlog in bepaalde kontekste van die werk blyk ’n invalshoek te wees wat die titel van die werk met aspekte soos tydsverwyling en pligsbesef verbind. Die ontstaanskontekste van hierdie komposisie word met vier openbare uitvoeringskontekste van die werk (1945, 1981, 2014 en 2016) in verband gebring. Metodologies maak die artikel gebruik van artistieke navorsing se verweefde benaderingswyses om kennis omtrent die spesifieke komposisie te ontsluit. Argivale bronne, tesame met twee eietydse uitvoerings deur die artikelskrywer as dwarsfluitspeler, werp lig op die herkontekstualiserings van elke uitvoering en ondersoek só die “potensiaal” vir betekenis in die inherente struktuur wat in die uitgevoerde konteks van die werk “verwesenlik” word. Die artikel sein verskeie naklanke van Poerpasledam as skepping. As naklank staan Poerpasledam uiteindelik as metonimiese instansie van skepping en herskepping en belig so die rol van kuns te midde van sosiale onreg en oorlog. As verdere naklank vind die artikelondersoek aangetrokkenheid tot die kurator Okwui Enwezor se voorstel dat kurering aanhou poog om die “inhoudsopgawe” van musiekkuns in eietydse kontekste te verbreed.
  • Item
    Musicking Poulenc's ruins in Stellenbosch
    (University of the Free State, 2017) Pauw, Marietjie
    This article investigates several performances of a flute solo (written by Francis Poulenc) as presented by the author in Stellenbosch, South Africa.1 Un joueur de flûte berce les ruines was written in the 1940s, ‘discovered’ in the late 1990s by Ransom Wilson and published in 2000 by Chester. The title of the solo carries an unidentified reference to the ‘serenading’ of ‘ruins’. This title, the shrouded originating circumstances of Poulenc’s composition, as well as its only-recent appearance, are central to the subsequent argument for music curations ‘after sound’ (Barrett). Douglas Barrett’s notion of ‘critical music’ directs this reflexive article enquiry. Curations ‘after sound’ take place when music compositions operate on platforms of socio-critical arts practice. ‘Musicking’, proposed by Christopher Small, probes the question: ‘What’s really going on here?’ The article asks this question by reflecting on the intentional juxtapositions of time, place and context that occurred when the author presented the solo on performances respectively titled ‘Die Vlakte’, ‘Roesdorp’, and ‘Portrait’. The article analyses aspects of films by Aryan Kaganof (2016) that responded to the ‘Roesdorp’ performance and suggests that the films manifest as Rancière-ian ‘aesthetics as politics’: they expose and intertwine layers of complicity, critique, confusion and care. A fleeting juxtaposition of silence and echo as metaphorical extensions to the notion of ‘after sound’ concludes this article enquiry.