Browsing by Author "Van der Merwe, Michele F."
Now showing 1 - 17 of 17
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Aangepaste bewustheidsprogram om fonologiese en fonemiese bewustheid in aanvangslees van graad 1 leerders in 'n taalarm omgewing te verbeter(Stellenbosch University, 2015) Marthinussen, Patricia Joyce; Van der Merwe, Michele F.Die rol van fonologiese en fonemiese bewustheid en die verstaan van letter-klankkorrespondering in aanvangslees in ’n graad 1-klas word in die artikel beklemtoon. Die vermoë van leerders om ouditiewe en visuele persepsies, asook onderskeidingsvermoë tussen klanke en klankpatrone te ontwikkel, word as voorspellers vir suksesvolle lees beskryf. Vroeë en deurlopende assessering van aanvangsleesvaardighede is ʼn belangrike aspek om die voorkoming van leesuitvalle te bewerkstellig. ‘n Intervensieprogram om die fonologiese en fonemiese bewustheid van leerders te verbeter, word beskryf. Die navorsingsmetodes, insluitende voor- en natoetse word beskryf. Navorsing is in ’n graad 1-klas uitgevoer met leerders wat geen graad R- onderrig ontvang het nie en op die ouderdom van 5½ jaar reeds by die skool ingeskryf is. Die leerders is jonk en ontvang nie genoegsame stimulering tuis nie. Hulle toon reeds agterstande in effektiewe taalgebruik en hoe om aandag te gee en te leer by skooltoetrede. Hierdie agterstande noop die navorser om te fokus op die fonologiese en fonemiese bewustheid in aanvangslees van die jong kind.
- ItemGefokusde take in die Afrikaans huistaal-klaskamer vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika : 'n eerste verkenning(LitNet, 2021) Fouche, Nadine; Pedro, Marne; Van der Merwe, Michele F.In die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) van Afrikaans Huistaal oor verskillende skoolfases heen, word aangetoon dat die onderrig van grammatika toegespits moet wees op die wyse waarop dit gebruik word om sinvol te kommunikeer (DBO 2011b:11; Adendorff 2017:510). Daar is egter ’n leemte in die riglyne ten opsigte van kommunikatiewe grammatika-onderrig, waarvan Afrikaans Huistaal-onderwysers voorsien word, omdat dit bloot te karig is (Van der Merwe 2014:224). Vervolgens is die doel van ons artikel om ’n werkbare metode voor te stel wat gebruik kan word om grammatika kommunikatief te onderrig, naamlik taakondersteunende taalonderrig, wat berus op die gebruik van gefokusde take, dit wil se take waar grammatikale items kommunikatief ingeoefen word (Adendorff 2017:512). Hierdie metode is geskik vir veral die intermediere en senior fase, waar een uur per tweeweeksiklus aan die formele onderrig van grammatika toegeken word. Ten einde te bepaal hoe geslaagd hierdie metode vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika op huistaalvlak is, is kwalitatiewe, fenomenologiese navorsing onderneem, waar die verskynsel wat ondersoek is kommunikatiewe, taakondersteunende grammatikaonderrig is. ’n Taalonderrigprojek vir onderwysstudente wat Afrikaansonderrig as hoofvak neem, is geloods. Die projek het die volgende behels: 1. Studente het kennis van die kommunikatiewe taalonderrigbenadering en taakondersteunende taalonderrig deur middel van video-opnames, wat op Google Drive gelaai is, bekom. 2. Studente het taakondersteunende lesplanne, wat tydens praktiese onderwys aangebied moes word, saamgestel. 3. Die navorsers het die taakondersteunende lesplanne geassesseer. Die insigte wat ons tydens die assessering van die taakondersteunende lesse bekom het, word gebruik om ’n taakondersteunende grammatikales, wat kommunikatiewe grammatika-onderrig bevorder, voor te stel. Die beginsels van die kommunikatiewe taalonderrigbenadering waaraan dié les voldoen, sluit onder meer in: 1. die bevordering van werklike kommunikasie 2. die gebruik van taal om betekenisvolle opdragte uit te voer 3. die ondersteuning van die leerproses deur gebruikmaking van taal wat as betekenisvol geag word. Daarby toon ons aan dat ’n taakondersteunende grammatikales kan afwyk van die tradisionele voorstel-oefening-gebruik-ontwerp (oftewel VOG-ontwerp), wat normaalweg daarmee geassosieer word, deur ’n alternatiewe lesontwerp voor te stel.
- ItemThe influence of the user needs paradigm in specialised lexicography : Some reflections in connection with two South African wine dictionaries(Asociación Europea de Lenguas para Fines Específicos, 2014) Van der Merwe, Michele F.; Fuertes-Olivera, Pedro A.This article describes the influence of the user needs paradigm in the construction of specialised dictionaries. It shows that this paradigm coincides with the main tenets of the function theory of lexicography, a theoretical construction that offers theoretical and practical solutions for improving the quality of specialised dictionaries. This theoretical stance is illustrated with reference to how encyclopaedic information is dealt with in two wine dictionaries that are separated by almost 40 years, and which are, therefore, ideal candidates for investigating the influence of the user paradigm on their compilation. More specifically, this article considers the lexicographic treatment accorded to subject field labels, which are presented as essential lexicographic data for helping non-experts and interested laypeople. These labels assist users more in communication functions in a foreign language than in their native language, and are consequently needed in trilingual dictionaries such as the South African Trilingual Wine Dictionary, a free access Internet dictionary that targets experts, semi-experts and interested laypeople.
- ItemDie integrasie van tegnologie in die Afrikaans huistaal-klaskamer van skole in die Wes-Kaap : 'n gevallestudie(LitNet, 2019) Taylor, Ria; Van der Merwe, Michele F.Die doel van hierdie navorsing was om die vlak van tegnologie-integrasie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer van skole in die Wes-Kaap te ondersoek. In die 21ste eeu het die gebruik van tegnologie ’n belangrike deel van die leerproses binne en buite die taalklaskamer geword en daarom was dit nodig om die wyse waarop die taalonderwyser tegnologie integreer te ondersoek. In hierdie navorsing het ons probeer om die volgende navorsingsvraag te beantwoord: Hoe word tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer van skole in die Wes-Kaap gebruik? Die probleem waarmee die taalonderwyser in die klaskamer worstel is nie of tegnologie gebruik behoort te word nie, maar of dit naatloos met onderrig geïntegreer kan word. Die akademiese belangrikheid van die navorsing is ondersteun binne die teoretiese raamwerk van die interpretivisme, want die subjektiewe betekenis van sosiale handelinge is ondersoek en ons was die “voertuig” wat die handelinge binne die sosiale werklikheid van die klaskamer onthul en omskryf het. Die ontologiese basis van hierdie studie is die konstruktivisme, omdat die skep van kennis binne die Afrikaans Huistaal-klaskamerkonteks meestal daardeur geskied. Die metodologie in dié navorsingsartikel is ’n gevallestudie. Die navorsingsbenadering van hierdie gevallestudie was ’n kwantitatiewe benadering, omdat die instrument wat gebruik is om die data mee in te samel ’n vraelys was, en verder is kritiese refleksie gebruik om verbande te trek en bevindinge binne die studieraamwerk wat gestel is, te omskryf. Die hoofbevindinge van hierdie navorsing toon dat 79% van die Afrikaans Huistaalonderwysers in hierdie steekproef wel tegnologie in die klaskamer integreer. Die gevorderdheidsvlak van die integrasie wissel egter van ’n lae na ’n hoë vlak van gebruik van tegnologie. Die implikasie vir Afrikaans Huistaal is egter dat daar sekere struikelblokke in die weg van naatlose integrasie bestaan. Alvorens aspekte soos die tekort aan leermateriaal vir tegnologiese integrasie, toegang tot tegnologie en die verband tussen die kurrikulum en tegnologieintegrasie binne die vakgebied nie aangespreek word nie, kan tegnologie-integrasie nie effektief of naatloos plaasvind nie.
- ItemKriteria vir woordeboekwerkboeke in Afrikaans(African Sun Media, 2013) Van der Merwe, Michele F.This article is a critical evaluation of dictionary workbooks in Afrikaans. The dictionary workbooks are categorized and their target users are identified and described. The article tries to examine in a systematic way the different workbooks of the biggest school dictionary publishers in South Africa, namely Maskew Miller Longman, Oxford, Pearson Education and Pharos and to categorize, analyze and compare the information they provide. Stark (1990:1) compiled certain guidelines for dictionary workbooks within the theory of dictionary structures and they are investigated. The theory of dictionary functions are applied with regard to dictionary workbooks in this article. The content of dictionary workbooks is described in the context of lexicographical functions of dictionaries and on this ground it is argued that a newer classification of the contents of dictionary workbooks could be made.
- Item'n Kritiese blik op 21ste-eeuse onderrig en leer deur 'n onderwyser- en leerderbril(LitNet, 2020) Pedro, Marne; Van der Merwe, Michele F.Tegnologie het die potensiaal om te verander hoe daar onderrig en geleer word. Baie navorsers en onderwyspersoneel ondersoek derhalwe doeltreffender benaderings om aan die eise van die 21ste eeu te voldoen en leerders as betrokke, medeskeppers van kennis in die klaskamer te erken. In hierdie artikel ondersoek ons onderwyser- en leerderperspektiewe aangaande ’n 21ste-eeuse taalonderrigruimte deur middel van ’n interpretivistiese gevallestudiebenadering. Die perspektiewe is bekom deur middel van semigestruktureerde onderhoude met agt taalopvoeders, ’n fokusgroep met vier onderwyserdeelnemers en ’n vraelys aan 66 leerders wat deur die betrokke onderwysers onderrig word. Die rasionaal vir die ondersoek is gesetel in ons oortuiging dat die snelle tegnologiese vooruitgang wat so kenmerkend van die 21ste eeu is, dit moontlik maak om vernuwing in die taalklas mee te bring en positief te spreek tot die behoeftes van die hedendaagse leerders wat ons taalklasse bevolk. Om hierdie ideaal te kan verwesenlik moet onderwysers toegerus word om beide moderne opvoedkundige leertegnologieë én tradisionele leerervarings effektief binne die kurrikulum te integreer. Ons het in hierdie studie gevind dat die uiteindelike sinvolle implementering van vernuwende onderrig- en leerpraktyke grootliks by die onderwyser berus. Gevolglik beveel ons aan dat onderwysers deur middel van ’n onder-na-bo benadering by die integrasie van tegnologie in die taalklas betrek word. Ons steun dus ’n skoolkultuur van bemagtiging waar onderwysers as rolspelers in die beleidsintegrasie van onderrigtegnologieë erken word. Samewerkende verhoudings tussen interne en eksterne beleidshervormers, onderwysleiers, praktisyns, leerders en ouerverteenwoordigers sal meer volhoubare en sinvolle beleide vir tegnologie-integrasie oplewer. Uit die onderwyser- en leerderperspektiewe kon ons aflei dat ’n betekenisvolle leerderbetrokkenheid binne die taalonderrigruimte een van die grootste dryfvere vir tegnologie-integrasie is. Onderwysers moet leerders by samewerkende leeroefeninge betrek en tegnologie gebruik om nuwe, voorheen ondenkbare take te skep en om samewerkende, konstruktivistiese en outentieke leerervarings te ondersteun. Die erkenning van onderwysers, leerders en die skoolgemeenskap as kernrolspelers word deur ons beklemtoon as ’n deurslaggewende faktor ten opsigte van sinvolle onderrig- en leerveranderinge vir die 21ste eeu. Ons navorsing berus op die dringendheid om onderwyseren leerderperspektiewe aangaande die gebruik van tegnologie in die klaskamer in die plaaslike navorsingsdomein te erken.
- ItemMobile concepts in a mobile environment : historical terms in LSP lexicography(South African Society for History Teaching, 2018-07) Van der Merwe, Michele F.; Horn, KarenHistorical terms have a tendency to be "mobile" in terms of geographical space and historical time. The presentation of historical terms by means of a mobile dictionary enabling university students to access such terms by means of a smartphone, tablet or laptop adds to the dimension of mobility. The article describes the continuous change in meaning of historical concepts over time and space with reference to democracy and nationalism, which are known as substantive concepts. An analysis of the emergence and development of these concepts within different historical contexts indicates the extent to which static definitions are inadequate with regard to fostering historical understanding. A tendency to continuous change in the meaning of the above-mentioned terms has important implications for the compilation of a Language for Specific Purposes (LSP) dictionary of historical terms at university level, and for the consequences thereof for mobile LSP lexicography. The LSP dictionary called MobiLex has a pedagogical purpose and changes in the design and features of the dictionary to enhance teaching and learning of historical terms have pedagogical consequences regarding the learning of such terms. In an ever-changing environment, adaptions to mobile lexicography would be possible with the advancement of technology. Trends and development in technology offer the possibility of changing the face of lexicographical support in a mobile environment, motivated from a pedagogical theoretical point of view.
- ItemDie onderrig van woordeboek- en taalvaardighede aan grondslagfase-leerders(Stellenbosch University, 2014) Van der Merwe, Michele F.A new star appeared on the South African lexicography horizon in 2010 with the publication of the Grondslagfasewoordeboek Afrikaans/English. This was the first South African dictionary that was specifically planned, adapted and designed for use of learners in the Foundation Phase. It differs radically from previous dictionaries that were published for the target market. The uniqueness in design resulted in a combined picture dictionary, as well as an alphabetical dictionary. Official languages such as Afrikaans, isiXhosa, isiZulu, Sepedi and Setswana are presented with English as language pairs. Research on the teaching of dictionary as well as language skills of Afrikaans speaking Foundation Phase learners was undertaken. The main purpose of the research was to determine if training in dictionary and language skills would have any influence on the learners’ dictionary and language skills. During the research it is reflected on and determined which dictionary and language skills learners possess and which they should possess to be able to make use of a dictionary successfully, how to determine those skills and also if the Grondslagfasewoordeboek is suitable for usage in school. A dictionary project was undertaken in certain schools in the Boland, with participation of primary schools, the researcher, as well as the publisher of the dictionary. A process of action research, that is research in the classroom, was followed. Dictionary as well as language skills of learners were assessed, an intervention took place during which dictionary skills were taught for six weeks in the schools, where after a second assessment of dictionary and language skills took place. After the intervention the learners showed a considerable increase in dictionary and language skills.
- ItemDie oorbrugging van pedagogiese en tegnologiese pedagogiese kennisleemtes van Afrikaans Huistaalonderwysers(LitNet, 2022-04) Taylor, Ria; Van der Merwe, Michele F.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die ondersoek is om die onderrigproses of -benadering van spesifieke Afrikaans Huistaalonderwysers te dekonstrueer2 ten einde ’n begrip te vorm van die wyse waarop die betrokke onderwysers hul pedagogiese en tegnologiese kennisleemtes oorbrug. Die ondersoek bepaal hoe die onderwysers self hul eie kennisbasisse ten opsigte van leertegnologie-integrasie ontwikkel en verbreed ten einde leemtes aan te vul. Die rol van die onderwyser as lewenslange leerder kom gevolglik in dié ondersoek ter sprake. Die TPEIK-model (tegnologiese pedagogiese en inhoudskennis) is onder andere vir die konseptualisering van die data gebruik en dit het insig in die werkswyse, denkwyse en praktyk van die Afrikaans Huistaalonderwyser gegee. In die navorsing is daar van verskeie lense gebruik gemaak om verbande te lê. Kognitivisme is gebruik ten einde kennisleemtes uit te lig, en in daardie verband is veral gebruik gemaak van Mishra (2018) se TPEIK-model. Verdere aspekte van die sosiale aard van die klaskamer is uitgelig deur die lense van kritiese konstruktivisme (kritiese geletterdheid), konnektivisme (die onderlinge verbindinge tussen leerders en onderwysers) en konstruksionisme in te span, terwyl die VVVH-model3 en die raamwerk van Hutchison en Woodward (2014) gebruik is tydens die dekonstruksie van die onderrigproses van Afrikaans Huistaal. Die benadering tot die data (die metodologie) is ’n kwalitatiewe gevallestudie en die data-insameling het geskied deur semigestruktureerde onderhoude. Verder word kritiese diskoersanalise4 as metode vir die ontleding van die data gebruik. Ons het kritiese diskoersontleding gebruik om die transkripsies van die onderhoude te ontleed, afleidings te maak en vergelykings met gekose teorieë te tref. Die kwalitatiewe benadering van kritiese refleksie en diskoersanalise word telkens gebruik om die data binne die teorie te anker, te konseptualiseer en te interpreteer. Die onderwysers in hierdie gevallestudie oorbrug hul kennisleemtes deurdat hulle moontlik gebruik gemaak het van TPEIK-kennis en -vaardighede, naamlik hul kennis van hul eie vakgebied en hul leierskap- en bestuursvermoë om die vernuwing in die klaskamer te bestuur, terwyl hulle steeds die doel van die kurrikulum voor oë gehou het. Die bydrae van hierdie ondersoek is van ’n institusionele aard, want dit het die onderwysers meer bewus gemaak van die wyse waarop leertegnologie geïntegreer kan word en kan dui op hoe deurlopende professionele ontwikkeling in skole plaasvind. Onderwysers het deur die integrasie van leertegnologie hul eie onderrigvaardighede ontwikkel asook hul kennis oor die gebruik en implementering van leertegnologie verbreed. Dit het voorts insig gebring in die werkswyse van die taalonderwysers oor die wyse waarop hulle hul kennisleemtes in Afrikaans Huistaal vul.
- ItemDie rol van 'n veeltalige selfoonvakwoordeboek in die ontwikkeling van konsepgeletterdheid vir onderwysstudente in die ekonomiese en bestuurswetenskappe(LitNet, 2017) America, Carina; Van der Merwe, Michele F.Van die vele uitdagings van nuwelingstudente aan universiteite is nie net om ’n meer algemene akademiese woordeskat te ontwikkel nie, maar ook om die vakwoordeskat van hulle studierigting te bemeester. Vir baie studente blyk die ontwikkeling van konsepgeletterdheid ’n besondere uitdaging te wees. Die doel van hierdie studie is om te beskryf hoe die gebruik van ’n veeltalige selfoonwoordeboek, MobiLex,1 kan bydra tot die verbetering van die konsepgeletterdheid van onderwysstudente in die ekonomiese en bestuurswetenskappe. Die geletterdheidsbehoeftes van nuwelingstudente in ’n ekonomiese en bestuurswetenskappe-klas word beskryf deur melding te maak van die studente se verskillende huistale, asook die onderrigtaal van dosente. Daar word aangevoer dat MobiLex in die leksikografiese behoeftes van Afrikaanssprekende en Xhosasprekende ekonomiese en bestuurswetenskappe-onderwysstudente in ’n veeltalige omgewing kan voorsien. Die belangrikheid van die onderrig van ’n gespesialiseerde vakwoordeskat word ondersteun binne die teoretiese raamwerk van die leksikografiese gebruikersperspektief, woordeboekfunksies en konsepgeletterdheid. Die nut van ’n selfoonvakwoordeboek in ’n veeltalige tersiêre-onderwysmilieu word ondersoek en bespreek. Dit is veral studente wat in hulle tweede of derde taal moet studeer wat toenemende steun benodig in die ontwikkeling van ’n vakwoordeskat. Die metodologie in dié beskouingsartikel is ’n dokumentontleding van elektroniese woordeboeke en tersaaklike woordeboekfunksies. Verskeie elektroniese woordeboeke word ondersoek en woordeboekartikels word krities bespreek om te verifieer of hulle aan die bepaalde vereistes van ekonomiese en bestuurswetenskappe-onderwysstudente kan voldoen. Dit blyk uit die bespreking dat nie een van dié woordeboeke aan die uiteenlopende leksikografiese vereistes van ’n klas veeltalige studente kan voldoen nie. As oplossing vir dié probleem word ’n pasgemaakte, veeltalige selfoonvakwoordeboek, naamlik MobiLex, voorgestel. Dié vakwoordeboek is drietalig, naamlik Afrikaans, Xhosa en Engels.
- ItemDie rol van taalleeronderrig in Afrikaanse woordeboekwerkboeke(Bureau of the WAT, 2013) Van der Merwe, Michele F.Hierdie artikel beskou die rol van woordeboekwerkboeke in die vaardigheidsopvoeding van gebruikers in Afrikaans. Woordeboekwerkboeke word gewoonlik op 'n spesifieke skool- of aanleerderwoordeboek gerig en sluit sodoende by die opvoedkundige leksikografie aan. Die hoofdoel van werkboeke behoort dus 'n opvoedkundige een te wees. Alhoewel die opvoedkundige leksikografie meer belangstelling in Suid-Afrika wek, word weinig aandag gegee aan die belangrike rol van woordeboekwerkboeke. Woordeboekwerkboeke behoort baie gebruikersgerig te wees, aangesien dit vir spesifieke teikengebruikers saam met die gebruik van 'n spesifieke woordeboek opgestel word. Die doel van werkboeke word in hierdie artikel geïdentifiseer deur verskeie werkboeke in die Afrikaanse konteks te analiseer. By nadere ondersoek blyk dit dat werkboeke diverse doelstellings het en ook diverse inhoude bevat. Werkboeke is daarop gemik om teikengebruikers meer woordeboekgeletterd te maak, d.w.s. om woordeboeke sinvol te kan gebruik en inligting daaruit suksesvol te ontsluit. Die wyse waarop inligting in werkboeke aangebied en dus oorgedra word, reflekteer sekere onderrigbenaderings in taal en hoe dit gestalte kan vind in werkboeke. Wanneer 'n onderrigbenadering suksesvol toegepas word, is die verwagting dat gebruikers se vaardighede sal verbeter. Gevolglik word daar verwys na die ontwikkeling van sekere vaardighede.
- ItemScaffolding for content knowledge of home language learning by collaborative online dictionaries(Stellenbosch University, 2020) Van der Merwe, Michele F.Dictionaries provide language learners and language users with lexical information and serve as mediating, supporting tools during language learning. Online dictionaries in the form of wikis can be assembled by dictionary users themselves. Their construction (selection of terminology and content of descriptions) in the home language class facilitates learning. During the learning process, dictionary users (university students, in this case) construct new knowledge and meaning based on their own experiences and motivations. The article is based on reflective feedback from a dictionary project undertaken in a faculty of education at a university in the Western Cape. Senior home language students were guided to collaboratively develop an online dictionary of language for specific purposes, thereby improving their communicative skills in addition to their lexical and academic subject vocabulary knowledge. Technology-enhanced language learning was mediated through a task-based language learning process. Data were generated by means of questionnaires that presented students with an opportunity to critically reflect on the use of technology as well as their own construction of knowledge by describing different scaffolding strategies in the selection of vocabulary employed during the process of wiki compilation. Positive results from the study highlight the benefits of appropriate, collaborative use of technology during language learning in a home language class. A new scaffolding model for learning content knowledge in the home language in a technology-enabled environment is proposed in the article.
- ItemA study of the use of the HAT Afrikaanse skoolwoordeboek by primary school children(Buro van die WAT, 2012) Van der Merwe, Michele F.A research project on the use of the HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek by primary school learners is described. (In South Africa the term learner is used to describe a pupil at school). Studies on the way in which learners use dictionaries provide valuable information for both lexicographers and language teachers. The assessment of users' skills regarding the use of the HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek was made in the learners' home language. In order to design a test to assess dictionary skills regarding the language learning outcomes of Grade 4 learners, the language learning assessment outcomes in the Grade 4 Afrikaans home language curriculum had to be unwrapped. The process was undertaken in cooperation with Grade 4 teachers to ensure that a realistic assessment of dictionary skills was made and an assessment of dictionary skills of 200 learners ensued. The assessments were marked, marks were calculated and results were analysed. Teachers were trained in teaching dictionary learning strategies and language skills. Learners then received training from their teachers to extract semantic information from a dictionary, as this proved to be the most difficult skill to master, according to the results of the assessment.
- ItemTaalonderwysers se perspektiewe aangaande vervlegte leer as onderrig- en leerbenadering vir die 21ste-eeuse leerder(LitNet, 2020) Pedro, Marne; Van der Merwe, Michele F.Die fokus van hierdie artikel was op die perspektiewe wat taalonderwysers oor die gebruik van vervlegteleerbenaderings aangaande die taalonderrig van die hedendaagse 21ste-eeuse leerder het. Die twee kernoorwegings wat hierdie navorsing gerig het, was eerstens die beduidende rol wat onderwysers se perspektiewe speel met betrekking tot opvoedkundige hervormingspogings en tweedens vervlegte leer as onderrig- en leerstrategie tot taalonderrig aan die 21ste-eeuse leerder. Met die tegnologiese vooruitgang wat so kenmerkend van die 21ste eeu is, is dit noodsaaklik om die manier waarop mense leer, te herontwerp en te verander. Binne die kontekstuele raamwerk van die 21ste-eeuse klaskamer moet daar in ag geneem word dat tegnologie deel vorm van die hedendaagse leerder se verwysingsraamwerk. Hierdie veranderende opvoedkundige landskap noop die onderwyser om vernuwend na onderrig en leer te kyk en strategieë te ondersoek vir hoe tegnologie op ’n sinvolle wyse binne die kurrikulumraamwerk geïntegreer kan word sonder om die eienskappe van tradisionele leerervarings te ignoreer. Die doel is om uiteindelik ’n positiewe uitwerking met betrekking tot die aard en kwaliteit van die opvoedkundige ervaring in die taalklas te bewerkstellig. Gegewe die deurslaggewende rol wat onderwysers se perspektiewe speel ter verwesenliking van die suksesvolle en sinvolle implementering van vernuwende onderrig- en leerbenaderings, het ons deur middel van ’n interpretivistiese gevallestudiebenadering die perspektiewe van agt taalopvoeders van dieselfde skool, wat tans vervlegteleerbenaderings binne die bestaande nasionale kurrikulum integreer, ondersoek. Die insigte wat deur semigestruktureerde onderhoude en ’n fokusgroeponderhoud verkry is, is volgens ’n inhoudsanalise-benadering ontleed om uiteindelik die hoofnavorsingsvraag van hierdie studie te beantwoord, naamlik: Watter perspektiewe huldig taalonderwysers oor die gebruik van vervlegteleermetodes in hulle klaskamers? Die studie lewer ’n bydrae tot opvoedkundige navorsing deurdat onderwysers se perspektiewe as belangrike oorweging tot suksesvolle opvoedkundige hervormingsbewegings met betrekking tot vernuwende onderrigleerpraktyke, geïdentifiseer word. Verder lewer hierdie studie ook ’n belangrike bydrae ten opsigte van die aanvaarding van tegnologie-gedrewe opvoedkundige praktyke in die plaaslike Suid-Afrikaanse konteks.
- ItemTeksgebaseerde tesourusgebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks(Woordeboek van die Afrikaanse Taal, 2022-08-26) Van der Merwe, Michele F.Text-based Use of a Thesaurus in an Afrikaans language and teaching context. The topic of the article articulates and explores possibilities for the use of a thesaurus in the language and teaching context of the school classroom. Although the thesaurus is one of the oldest reference works in the history of lexicography, that fact is not reflected in the number of research articles on the topic. A thesaurus does not seem to be a general focus point of lexicographic research, nor be it of pedagogical lexicography. To address the gap in literature, the purpose and lexicographic functions of a thesaurus, especially in a language education context, are foregrounded. The language education context is illuminated with reference to the prescribed use of the thesaurus in school curricula documents, as they dictate the teaching policy in public schools. Text-based use of a thesaurus is recommended and is illustrated against the background of an investigation of a thesaurus and thematic dictionary sections. Recommendations for improvement of lexicographical products are made from a pedagogical lexicographic perspective to ensure optimal use of a thesaurus in a language education setting.
- ItemVermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie(LitNet, 2021) Taylor, Ria; Van der Merwe, Michele F.Die wereldwye en plaaslike evolusie van tegnologie en die internet het ’n nuwe dimensie tot onderrig en leer in die skoolklaskamer gevoeg. Dit is ’n belangrike saak, want deesdae is 21ste-eeuse skoolleerders digitale boorlinge wat mobiele tegnologie in die Afrikaans Huistaalklas inbring. Hierdie artikel handel oor die gebruik van die vermengdeleerbenadering (VL-benadering) in die Afrikaans Huistaal-klaskamer en het ten doel om die taalonderwyser bewus te maak van die nuwe onderrigmoontlikhede wat ten opsigte van aanlyn onderrig bestaan. Navorsing oor hierdie vraagstuk is relevant; daarom is hierdie ondersoek daarop gemik om die gebrek aan kennis binne die Afrikaans Huistaal-konteks aan te vul en uit te vind watter Afrikaans Huistaalonderrigbenaderings saam met die VL-benadering deur die onderwysers in die klaskamer verkies word. Die bevindings dui aan dat die implementering van ’n VL-benadering in die toegeruste Suid-Afrikaanse taalklaskamer werkbaar is. Hierdie ondersoek word daarom omvat deur die volgende navorsingsvraag: Hoe gebruik onderwysers vermengde leer as onderrigbenadering in Afrikaans Huistaal? Die studie word teoreties begrond deur verskillende vertakkinge van konstruktivisme en ’n aantal modelle of raamwerke is deurgaans as lense gebruik om die resultate te interpreteer. Die gevallestudie word as navorsingsmetodologie gebruik. Die data is verkry vanaf onderwysers van ’n groep skole in die Wes-Kaap wat Afrikaans Huistaal in die Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO) onderrig en tegnologie in hul klaskamers gebruik. Die data is deur ’n kwantitatiewe metodologie, naamlik vraelyste, verkry. Die resultate van die gevallestudie word in hierdie artikel bespreek. Daar is bevind dat daar wel tegnologie-integrasie in die taalklaskamers plaasvind en dat die VL-benadering geïmplementeer is om kontaktyd en kommunikasiegeleenthede te vermeerder. Die resultate van die gevallestudie dui daarop dat tegnologie die “voertuig” kan wees waarmee daar aan die vaardigheidsbehoeftes van die 21ste-eeuse leerder deur die kurrikulum van Afrikaans Huistaal voldoen kan word. Die insig wat deur die gevallestudie verkry is, is verwerk tot ’n eenvoudige model waarmee die proses van integrasie van leertegnologie binne die skoolklaskamer begin kan word.
- ItemVisuele elemente in vertalende woordeboeke gerig op die grondslagfase teen die agtergrond van geletterdheidsontwikkeling(Lexikos & Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), 2022-12-07) Van der Merwe, Michele F.Woordeboeke wat in 'n onderrig- en leersituasie gebruik word, het ongetwyfeld 'n opvoedkundige doel en funksie (as 'n leksikografiese funksie volgens die teorie van leksikografiese funksies verstaan word), byvoorbeeld die aktiewe ontwikkeling van geletterdheidsvaardighede. In die geval van woordeboeke gemik op leerders in die grondslagfase is teikengebruikers leerders wat oor ontluikende geletterdheidsvaardighede en veral ontwikkelende leesvaardighede beskik. Ten einde hierdie ontluikende vaardighede van die teikengebruiker te ondersteun, kan leksikograwe 'n verskeidenheid meganismes gebruik, byvoorbeeld visuele elemente, om ondersteuning aan die teikengebruikers te verleen. In hierdie studie word vier vertalende woordeboeke ondersoek, waarin Afrikaans telkens as een lid van die taalaanbod funksioneer. Leerders in die grondslagfase vorm die teikengebruikers van die bepaalde kategorie woordeboeke en daarom is die artikel binne die leksikografiese teorie van die gebruikersperspektief gesitueer, maar terselfdertyd ook binne die veld van die opvoedkundige leksikografie. In hierdie artikel word daar dus ook na konsepte binne leesnavorsing, taalver-werwing en tweedetaalonderrig verwys, wat dan op die visuele elemente in hierdie woordeboeke toegepas word. Die gebruik, waarde en tipes illustrasies in woordeboeke word deur middel van 'n literatuurstudie ondersoek en toepassing vind binne die geletterdheidskonteks van die teikengebruiker plaas. Die gebruik van visuele elemente in ooreenstemming met die geletterdheidsbehoeftes van die teikengebruikers vorm die fokus van die artikel.