Vermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie
Date
2021
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die wereldwye en plaaslike evolusie van tegnologie en die internet het ’n nuwe dimensie tot
onderrig en leer in die skoolklaskamer gevoeg. Dit is ’n belangrike saak, want deesdae is
21ste-eeuse skoolleerders digitale boorlinge wat mobiele tegnologie in die Afrikaans Huistaalklas inbring.
Hierdie artikel handel oor die gebruik van die vermengdeleerbenadering (VL-benadering) in
die Afrikaans Huistaal-klaskamer en het ten doel om die taalonderwyser bewus te maak van
die nuwe onderrigmoontlikhede wat ten opsigte van aanlyn onderrig bestaan. Navorsing oor
hierdie vraagstuk is relevant; daarom is hierdie ondersoek daarop gemik om die gebrek aan
kennis binne die Afrikaans Huistaal-konteks aan te vul en uit te vind watter Afrikaans Huistaalonderrigbenaderings saam met die VL-benadering deur die onderwysers in die klaskamer
verkies word. Die bevindings dui aan dat die implementering van ’n VL-benadering in die
toegeruste Suid-Afrikaanse taalklaskamer werkbaar is.
Hierdie ondersoek word daarom omvat deur die volgende navorsingsvraag: Hoe gebruik
onderwysers vermengde leer as onderrigbenadering in Afrikaans Huistaal? Die studie word
teoreties begrond deur verskillende vertakkinge van konstruktivisme en ’n aantal modelle of
raamwerke is deurgaans as lense gebruik om die resultate te interpreteer.
Die gevallestudie word as navorsingsmetodologie gebruik. Die data is verkry vanaf onderwysers
van ’n groep skole in die Wes-Kaap wat Afrikaans Huistaal in die Verdere Onderwys en
Opleidingsfase (VOO) onderrig en tegnologie in hul klaskamers gebruik. Die data is deur ’n
kwantitatiewe metodologie, naamlik vraelyste, verkry. Die resultate van die gevallestudie word
in hierdie artikel bespreek. Daar is bevind dat daar wel tegnologie-integrasie in die taalklaskamers plaasvind en dat die
VL-benadering geïmplementeer is om kontaktyd en kommunikasiegeleenthede te vermeerder.
Die resultate van die gevallestudie dui daarop dat tegnologie die “voertuig” kan wees waarmee
daar aan die vaardigheidsbehoeftes van die 21ste-eeuse leerder deur die kurrikulum van
Afrikaans Huistaal voldoen kan word.
Die insig wat deur die gevallestudie verkry is, is verwerk tot ’n eenvoudige model waarmee
die proses van integrasie van leertegnologie binne die skoolklaskamer begin kan word.
Description
CITATION: Taylor, R. & Van der Merwe, M. 2021. Vermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie. LitNet Akademies, 18(3):402-464.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Blended learning, Language and languages -- Study and teaching, Education -- South Africa -- 21st century, Afrikaans language -- Study and teaching, Afrikaans language -- Usage, Effective teaching, Interdisciplinary approach in teaching, Project method in teaching, Language teachers, SAMR model, High schools -- Curricula -- South Africa
Citation
Taylor, R. & Van der Merwe, M. 2021. Vermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie. LitNet Akademies, 18(3):402-464.