Browsing by Author "Reinecke, Sophia A."
Now showing 1 - 4 of 4
Results Per Page
Sort Options
- ItemBedreig antropogeniese omgewingsveranderinge grondbiodiversiteit?(AOSIS, 2018) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophia A.ENGLISH ABSTRACT: Soil is a service providing asset under growing pressure but it is also home to an array of soil-dwelling species encompassing virtually all terrestrial invertebrate phyla. The impact humaninduced change is having on the rich endemic soil biodiversity in many parts of the world is hardly known in spite of the fact that they play an important role in soils where they can influence chemical, physical and biological processes. Our literature search showed that although much has been written on the influence of global environmental changes on natural and managed terrestrial ecosystems, less than 3% of articles published in ecological journals dealt with belowground organisms or processes. Very few of these address the drivers of transformation such as rising CO2 levels, warming, land use, pollution and changing precipitation in relation to the very soil food webs underpinning human food production. In this review we highlight some of the main drivers of environmental change that are evidently impacting on soil ecosystems and posing a threat to soil biodiversity and processes. We examined the available evidence of such changes, their causes and possible impacts. We conclude that the evidence is mounting that growth of land use, increase in build-up areas, physical and chemical impact of mining and other industrial activities. Landfarming of toxic wastes, invasion of exotic species and shrub encroachment are also transforming the soil environment with consequences for soil biodiversity. The extent severity of this impact and its long term implications are not always very clear because much of the evidence is based on association rather than causation. A better understanding of the diversity and its role is needed before the environmental risks can be assessed reliably and goals of sustainability and conservation of soil biodiversity can be realised.
- ItemDie geskiktheid van potwurms (Enchytraeidae) en plante om die toksisiteit van olieraffinadery-slik te toets(AOSIS Publishing, 2016-11-24) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophia A.; Van Wyk, MiaGrondbewerking word in die petrochemiese nywerheid in suidelike Afrika gebruik as ’n metode om van besoedelstowwe ontslae te raak. ’n Historiese grondbewerkingsperseel is by ’n petroleumraffinadery geïdentifiseer waar die gedeponeerde slik uit ’n mengsel van olie en wateroplosbare chemiese besoedelstowwe bestaan wat verskeie gevaarlike chemikalieё insluit. Die doel met die studie was om die toksisiteit van die slik, sowel as grond, op die perseel te bepaal en vas te stel of plante en potwurms gebruik kan word in die bioassessering van die slik, aangesien daar ’n behoefte bestaan om ’n groter verskeidenheid toetsorganismes te gebruik wat verskillende ekologiese nisse verteenwoordig. Ons het eksemplare van ’n grondlewende potwurm (Enchytraeus doerjesi) aan die slik en aan slikbewerkte grond blootgestel en hulle oorlewing, groei, voortplantingsukses en vermydingsgedrag bestudeer. Vyf plantsoorte en hulle sade is aan verskillende konsentrasies van die slik in kommersiёle potgrond blootgestel en hulle ontkiemingsukses, groeikoers en biomassa is bepaal. Die grond van die landbewerkingsperseel was nie akuut toksies vir die potwurms nie en hulle het selfs ’n toename in voortplanting getoon in vergelyking met onbesoedelde grond. Hulle het wel in gedragstoetse erg besoedelde grond vermy. Die bevinding is dat potwurms nie so gevoelig is vir die slik soos erdwurms en springsterte, wat voorheen getoets is nie, maar dat hulle wel bruikbaar is en kan bydra om die toksisiteit en herstelstatus van sulke grond te evalueer, aangesien hulle ’n bykomende ekologiese nis verteenwoordig. Die plante was nie baie gevoelig vir die slik nie en gemengde resultate is verkry. Slaai en gras is die meeste deur die slik geaffekteer, terwyl boontjies die beste gevaar het en hulle groeikoers selfs deur die byvoeging van slik gestimuleer is.
- ItemKan die gevoeligheid van grondlewende organismes bydra om die volhoubaarheid van landbewerking van olieraffinadery afval te beoordeel?(AOSIS Publishing, 2015) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophia A.; Van Wyk, MiaVoordelige grondlewende organismes lewer ekostelseldienste in gesonde grondtipes. Olieraffinaderye genereer groot hoeveelhede soliede afval wat verskeie tipes koolwaterstowwe en metale bevat wat in die grond geploeg word tydens landbewerking van die afval. Die bedoeling is om die afval deur die grond-ekostelsel te laat degradeer. Die kontaminante mag egter giftig wees vir die diverse verskeidenheid van grondorganismes. Vir die volhoubaarheid van dié praktyk is dit nodig om te weet of remediёring van die landbewerkte grond voldoende was vir die beoogde, voortgesette gebruik daarvan. Indikatore is nodig om die graad van herstel van sodanige grondtipes te bepaal. Die doel van hierdie studie was om die grond van ’n landbewerkte gebied chemies te ontleed en die toksisiteit en herstel te bepaal deur van gestandardiseerde bioassesserings met die komposteringswurm Eisenia andrei (Oligochaeta) en die springstert Folsomia candida (Collembola) gebruik te maak. Die organismes is blootgestel aan die gekontamineerde en kontrolegrond en hulle oorlewing, groei, voortplantingsukses en vermydingsgedrag is nagegaan. Die resultate het getoon dat die grond van die landbewerkte perseel steeds verskeie gevaarlike chemikalieё bevat, soos die dieselreeks organiese verbindings, maar dat die grond nie akuut toksies vir die organismes was nie. Dit het wel die groei en voortplanting van die erdwurms, asook die voortplanting van die springsterte nadelig beïnvloed. Die perseel benodig steeds remediёring alvorens grondbewerking van olieslik voortgesit word. Bioasessering het, aanvullend tot die chemiese analises, ’n meer volledige en meer ekologies relevante beeld van die remediëringstatus en toksisiteit van die grond verskaf. Die bevinding ondersteun die gebruik van bioassesserings as ’n eko-toksikologiese metode om landbewerkingsgrond te evalueer.
- Item’n Vergelykende ondersoek na die akkumulering van metale in die mosselkrewel (Tetraclita serrata) en die swartmossel (Choromytilis meridionalis) in Valsbaai, Suid-Afrika(AOSIS Publishing, 2014) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophia A.; Mdzeke, Naomi P.Die ontwikkeling van metodes om die Suid-Afrikaanse kuswaters te moniteer, bied geweldige uitdagings. Kennis en die beskikbaarheid van geskikte spesies wat as biomoniteerders kan optree, kan nuttig wees om inligting te bekom wat goeie besluitneming kan bevorder. Dit is gevolglik van nut om plaaslike spesies te identifiseer wat as biomoniteerders gebruik kan word. Die doel van hierdie studie was om as deel van ’n seisoenale veldstudie van metale in die tussengetygebied van Valsbaai, Suid-Afrika, ’n vergelyking te tref tussen die liggaamsladings van koper (Cu), nikkel (Ni), lood (Pb), kadmium (Cd) en sink (Zn) in die swartmossel (Choromytilis meridionalis) en die mosselkrewel (Tetraclita serrata), en om dit met omgewingskonsentrasies te vergelyk. Die oogmerk is om afleidings te maak oor die diere se relatiewe vermoëns om die prioriteitsmetale te akkumuleer. Eksemplare van beide spesies is oor verskeie seisoene gedurende 2000 en 2001 by verskillende punte langs die kus versamel en chemies ontleed. Die gemiddelde liggaamsladings (skulp en sagte weefsel) van metale in die swartmossel was vir alle metale hoër as dié van die mosselkrewel gedurende alle seisoene. Vergelykings tussen die liggaamsladings en omgewingskonsentrasies in water en sediment het getoon dat die prioriteitsmetale Cd, Pb en Ni sterk deur beide C. meridionalis en T. serrata uit die omgewing geakkumuleer word. Die gemiddelde liggaamsladings van Cd vir die verskillende seisoene het gevarieer tussen 6.43 μg/g en 14.73 μg/g maar geen statisties betekenisvolle verskille is gevind nie. In die meeste gevalle was die metaalkonsentrasies in alle seisoene die hoogste gedurende die winter. Die konsep van biomonitering het meriete omdat dit langtermyntendense uitwys, maar dit bied nie ’n absolute maatstaf van oombliklike, wisselende besoedelingvlakke nie. Dit kan as bykomende bestuurshulpmiddel in ’n nasionale mariene program dien vir die beskerming van die biodiversiteit van die tussengetygebied.