Browsing by Author "Reinecke, Adriaan J."
Now showing 1 - 7 of 7
Results Per Page
Sort Options
- ItemBedreig antropogeniese omgewingsveranderinge grondbiodiversiteit?(AOSIS, 2018) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophia A.ENGLISH ABSTRACT: Soil is a service providing asset under growing pressure but it is also home to an array of soil-dwelling species encompassing virtually all terrestrial invertebrate phyla. The impact humaninduced change is having on the rich endemic soil biodiversity in many parts of the world is hardly known in spite of the fact that they play an important role in soils where they can influence chemical, physical and biological processes. Our literature search showed that although much has been written on the influence of global environmental changes on natural and managed terrestrial ecosystems, less than 3% of articles published in ecological journals dealt with belowground organisms or processes. Very few of these address the drivers of transformation such as rising CO2 levels, warming, land use, pollution and changing precipitation in relation to the very soil food webs underpinning human food production. In this review we highlight some of the main drivers of environmental change that are evidently impacting on soil ecosystems and posing a threat to soil biodiversity and processes. We examined the available evidence of such changes, their causes and possible impacts. We conclude that the evidence is mounting that growth of land use, increase in build-up areas, physical and chemical impact of mining and other industrial activities. Landfarming of toxic wastes, invasion of exotic species and shrub encroachment are also transforming the soil environment with consequences for soil biodiversity. The extent severity of this impact and its long term implications are not always very clear because much of the evidence is based on association rather than causation. A better understanding of the diversity and its role is needed before the environmental risks can be assessed reliably and goals of sustainability and conservation of soil biodiversity can be realised.
- ItemBiodegradering van sintetiese gas-tot-vloeistof-diesel, biodiesel en hul mengsels(AOSIS Publishing, 2015-11-30) Albertus, Randal M. C.; Reinecke, Adriaan J.Volhoubare en hernubare alternatiewe vir petroleumbrandstowwe word ondersoek vanweë die toenemende aanvraag na brandstof in die vervoerbedryf. Sintetiese brandstowwe soos diesel word van natuurlike gas en steenkool geproduseer, via die Fischer-Tropschsinteseproses. Biodiesel kan ’n aantreklike alternatief vir petroleumgebaseerde diesel wees omdat die fisiese eienskappe daarvan soortgelyk is aan dié van petrodiesel en dit vervoer en gestoor kan word deur van bestaande infrastruktuur gebruik te maak. Die biodegradeerbaarheid van sintetiese diesel en biodieselmengsels is ondersoek deur van respirometrie gebruik te maak. Die doel was om vas te stel of biodiesel die biodegradeerbaarheid van die mengsels kan bevorder in vergelyking met sintetiese petrodiesel. Bykomend is ’n model ontwikkel om die biodegradeerbaarheid van die diesel en diesel-/biodieselmengsels te voorspel deur benutting van die molekulȇre samestelling van die brandstowwe en die BIOWIN V.4.10, EPISuite-voorspellingsagteware. Die byvoeging van biodiesel tot sintetiese diesel het die biodegradeerbaarheid van die mengsels bevorder. Die byvoeging van minder as 1% biodiesel het die biodegraderingsklassifikasie vanaf inherent biodegradeerbaar tot geredelik biodegradeerbaar verbeter. Die byvoeging van biodiesel tot petroleumgebaseerde diesel kan gebruik word om die ontwikkeling van hernubare alternatiewe aan te moedig, aangesien die mengsels beter biodegradeer as petroleumdiesel. Die voordele van biodiesel om die remediëring van koolwaterstofkontaminasie te bevorder, is ook bevestig.
- ItemDie geskiktheid van potwurms (Enchytraeidae) en plante om die toksisiteit van olieraffinadery-slik te toets(AOSIS Publishing, 2016-11-24) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophia A.; Van Wyk, MiaGrondbewerking word in die petrochemiese nywerheid in suidelike Afrika gebruik as ’n metode om van besoedelstowwe ontslae te raak. ’n Historiese grondbewerkingsperseel is by ’n petroleumraffinadery geïdentifiseer waar die gedeponeerde slik uit ’n mengsel van olie en wateroplosbare chemiese besoedelstowwe bestaan wat verskeie gevaarlike chemikalieё insluit. Die doel met die studie was om die toksisiteit van die slik, sowel as grond, op die perseel te bepaal en vas te stel of plante en potwurms gebruik kan word in die bioassessering van die slik, aangesien daar ’n behoefte bestaan om ’n groter verskeidenheid toetsorganismes te gebruik wat verskillende ekologiese nisse verteenwoordig. Ons het eksemplare van ’n grondlewende potwurm (Enchytraeus doerjesi) aan die slik en aan slikbewerkte grond blootgestel en hulle oorlewing, groei, voortplantingsukses en vermydingsgedrag bestudeer. Vyf plantsoorte en hulle sade is aan verskillende konsentrasies van die slik in kommersiёle potgrond blootgestel en hulle ontkiemingsukses, groeikoers en biomassa is bepaal. Die grond van die landbewerkingsperseel was nie akuut toksies vir die potwurms nie en hulle het selfs ’n toename in voortplanting getoon in vergelyking met onbesoedelde grond. Hulle het wel in gedragstoetse erg besoedelde grond vermy. Die bevinding is dat potwurms nie so gevoelig is vir die slik soos erdwurms en springsterte, wat voorheen getoets is nie, maar dat hulle wel bruikbaar is en kan bydra om die toksisiteit en herstelstatus van sulke grond te evalueer, aangesien hulle ’n bykomende ekologiese nis verteenwoordig. Die plante was nie baie gevoelig vir die slik nie en gemengde resultate is verkry. Slaai en gras is die meeste deur die slik geaffekteer, terwyl boontjies die beste gevaar het en hulle groeikoers selfs deur die byvoeging van slik gestimuleer is.
- ItemHou metaalbesoedeling ’n bedreiging in vir die voortbestaan van seesterre in Valsbaai, Suid-Afrika?(AOSIS Publishing, 2013) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophie A.Verstedeliking en industriële ontwikkeling rondom Valsbaai, Suid-Afrika, neem toe en kommer het ontstaan oor die uitwerking van besoedelende stowwe op die tussengetydiere soos seesterre. Die oogmerke van die huidige studie was om voorlopige, beskrywende basislyninligting gedurende die verloop van die onderskeie seisoene in 2000–2001 in te samel oor die metaalvlakke in sediment, water en in die liggaam van ’n gekose kussingseester naamlik Parvulastra exigua (Lamarck, 1816) wat wydverspreid in die tussengetygebied van Valsbaai voorkom. Konsentrasies van kadmium, koper, lood, nikkel en sink is in die water, sediment en die liggaam van die kussingseester by vyf verskillende lokaliteite bepaal oor ’n periode van een jaar. Die monsters is chemies ontleed vir spesifieke metaalvlakke met behulp van atoomabsorpsie-spektrofotometrie. Die hoogste individuele konsentrasies van kadmium (Cd) in seesterre en sediment is by die noordelike kusstreek tussen Strand en Muizenberg gemeet waar die meeste industriële aktiwiteit voorkom. Groot variasie in konsentrasies van alle metale wat ontleed is, het tussen versamelpunte en tussen seisoene voorgekom. Die gemiddelde konsentrasies in die water en sediment was in enkele gevalle effens hoër as die vlakke wat deur die Suid-Afrikaanse waterkwalitetisriglyne aanbeveel word, maar steeds benede die perke wat in verskeie ontwikkelde lande gestel word. Dit dui daarop dat die baai tans nog relatief onbesoedeld deur metale is. Huidige omgewingskonsentrasies in sekere dele van Valsbaai kan met verloop van tyd in tussengetydiere akkumuleer tot nadelige vlakke vir die spesies self, maar ook vir hulle predatore. Hierdie studie bied getuienis dat die kussingseesterre in Valsbaai aan verskeie metale blootgestel word, waarvan sommige potensieel gevaarlik is omdat hulle neig om met verloop van tyd in diere te akkumuleer. Risiko-assessering vereis egter bykomende inligting oor die samehang tussen blootstelling en biologiese effekte op sowel sellulêre, organismiese en bevolkingsvlak alvorens ingeligte besluite geneem kan word of die seesterre reeds sodanig bedreig word dat tussenbeide getree moet word.
- ItemKan die gevoeligheid van grondlewende organismes bydra om die volhoubaarheid van landbewerking van olieraffinadery afval te beoordeel?(AOSIS Publishing, 2015) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophia A.; Van Wyk, MiaVoordelige grondlewende organismes lewer ekostelseldienste in gesonde grondtipes. Olieraffinaderye genereer groot hoeveelhede soliede afval wat verskeie tipes koolwaterstowwe en metale bevat wat in die grond geploeg word tydens landbewerking van die afval. Die bedoeling is om die afval deur die grond-ekostelsel te laat degradeer. Die kontaminante mag egter giftig wees vir die diverse verskeidenheid van grondorganismes. Vir die volhoubaarheid van dié praktyk is dit nodig om te weet of remediёring van die landbewerkte grond voldoende was vir die beoogde, voortgesette gebruik daarvan. Indikatore is nodig om die graad van herstel van sodanige grondtipes te bepaal. Die doel van hierdie studie was om die grond van ’n landbewerkte gebied chemies te ontleed en die toksisiteit en herstel te bepaal deur van gestandardiseerde bioassesserings met die komposteringswurm Eisenia andrei (Oligochaeta) en die springstert Folsomia candida (Collembola) gebruik te maak. Die organismes is blootgestel aan die gekontamineerde en kontrolegrond en hulle oorlewing, groei, voortplantingsukses en vermydingsgedrag is nagegaan. Die resultate het getoon dat die grond van die landbewerkte perseel steeds verskeie gevaarlike chemikalieё bevat, soos die dieselreeks organiese verbindings, maar dat die grond nie akuut toksies vir die organismes was nie. Dit het wel die groei en voortplanting van die erdwurms, asook die voortplanting van die springsterte nadelig beïnvloed. Die perseel benodig steeds remediёring alvorens grondbewerking van olieslik voortgesit word. Bioasessering het, aanvullend tot die chemiese analises, ’n meer volledige en meer ekologies relevante beeld van die remediëringstatus en toksisiteit van die grond verskaf. Die bevinding ondersteun die gebruik van bioassesserings as ’n eko-toksikologiese metode om landbewerkingsgrond te evalueer.
- ItemPredicting runoff-induced pesticide input in agricultural sub-catchment surface waters : linking catchment variables and contamination(Elsevier, 2002-05) Dabrowsk, James M.; Peall, Sue K.C.; Van Niekerk, Adriaan; Reinecke, Adriaan J.; Day, Jenny A.; Schulz, Ralf; 0000-0002-5631-0206An urgent need exists for applicable methods to predict areas at risk of pesticide contamination within agricultural catchments. As such, an attempt was made to predict and validate contamination in nine separate sub-catchments of the Lourens River, South Africa, through use of a geographic information system (GIS)-based runoff model, which incorporates geographical catchment variables and physicochemical characteristics of applied pesticides. We compared the results of the prediction with measured contamination in water and suspended sediment samples collected during runoff conditions in tributaries discharging these sub-catchments. The most common insecticides applied and detected in the catchment over a 3-year sampling period were azinphos-methyl (AZP), chlorpyrifos (CPF) and endosulfan (END). AZP was predominantly found in water samples, while CPF and END were detected at higher levels in the suspended particle samples. We found positive (po0:002) correlations between the predicted average loss and the concentrations of the three insecticides both in water and suspended sediments (r between 0.87 and 0.94). Two sites in the sub-catchment were identified as posing the greatest risk to the Lourens River mainstream. It is assumed that lack of buffer strips, presence of erosion rills and high slopes are the main variables responsible for the high contamination at these sites. We conclude that this approach to predict runoff-related surface water contamination may serve as a powerfultool for risk assessment and management in South African orchard areas. r 2002 Elsevier Science Ltd. All rights reserved.
- Item’n Vergelykende ondersoek na die akkumulering van metale in die mosselkrewel (Tetraclita serrata) en die swartmossel (Choromytilis meridionalis) in Valsbaai, Suid-Afrika(AOSIS Publishing, 2014) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophia A.; Mdzeke, Naomi P.Die ontwikkeling van metodes om die Suid-Afrikaanse kuswaters te moniteer, bied geweldige uitdagings. Kennis en die beskikbaarheid van geskikte spesies wat as biomoniteerders kan optree, kan nuttig wees om inligting te bekom wat goeie besluitneming kan bevorder. Dit is gevolglik van nut om plaaslike spesies te identifiseer wat as biomoniteerders gebruik kan word. Die doel van hierdie studie was om as deel van ’n seisoenale veldstudie van metale in die tussengetygebied van Valsbaai, Suid-Afrika, ’n vergelyking te tref tussen die liggaamsladings van koper (Cu), nikkel (Ni), lood (Pb), kadmium (Cd) en sink (Zn) in die swartmossel (Choromytilis meridionalis) en die mosselkrewel (Tetraclita serrata), en om dit met omgewingskonsentrasies te vergelyk. Die oogmerk is om afleidings te maak oor die diere se relatiewe vermoëns om die prioriteitsmetale te akkumuleer. Eksemplare van beide spesies is oor verskeie seisoene gedurende 2000 en 2001 by verskillende punte langs die kus versamel en chemies ontleed. Die gemiddelde liggaamsladings (skulp en sagte weefsel) van metale in die swartmossel was vir alle metale hoër as dié van die mosselkrewel gedurende alle seisoene. Vergelykings tussen die liggaamsladings en omgewingskonsentrasies in water en sediment het getoon dat die prioriteitsmetale Cd, Pb en Ni sterk deur beide C. meridionalis en T. serrata uit die omgewing geakkumuleer word. Die gemiddelde liggaamsladings van Cd vir die verskillende seisoene het gevarieer tussen 6.43 μg/g en 14.73 μg/g maar geen statisties betekenisvolle verskille is gevind nie. In die meeste gevalle was die metaalkonsentrasies in alle seisoene die hoogste gedurende die winter. Die konsep van biomonitering het meriete omdat dit langtermyntendense uitwys, maar dit bied nie ’n absolute maatstaf van oombliklike, wisselende besoedelingvlakke nie. Dit kan as bykomende bestuurshulpmiddel in ’n nasionale mariene program dien vir die beskerming van die biodiversiteit van die tussengetygebied.