Browsing by Author "Engelbrecht, Inge Alvine"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie Komponiste van Genadendal(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2017-02-21) Engelbrecht, Inge Alvine; Muller, Stephanus; Coertzen, Maria Aletta; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Music.ENGLISH ABSTRACT: Die sendingstasie van Genadendal, geleë in die Overberg streek, het ’n musikale erfenis wat in Morawiese kerktradisies gewortel is. Alhoewel die kerkmusiek-beoefening in Genadendal veral bekend is, was die sendingstasie ook vir lank ’n tuiste vir Westerse kunsmusiektradisies. Dit is vanuit albei hierdie musiektradisies waaruit die musici wat in hierdie tesis bespreek word, na vore tree; nie net as musici nie, maar ook as komponiste. Die tesis bestaan uit twee dele. Deel Een is in Afrikaans geskryf en bestudeer die lewe en musikale werke van drie musici wat hulle musikale afkoms na die musiektradisies van Genadendal herlei: Sacks Williams, Dan Apolles en Dan Ulster. In Hoofstukke Twee, Drie en Vier word elke musikus bekendgestel en word hul musiekopvoeding en musikale uitsette bespreek met verwysing na die Morawiese kerkmusiektradisie en hul kennis van die komposisionele praktyke van Westerse kunsmusiek. Hierdie drie bruin, manlike musici staan in die Genadendal gemeenskap en in hul eie gemeenskappe bekend as komponiste, maar is nog nooit as sodanig erken deur die breër Westerse kunsmusiekgemeenskap nie. Die titel “komponis” het ’n Westerse geskiedenis wat ’n sekere soort toonskepper eien. Hierdie tesis ondersoek ten dele die grense van en beheer oor hierdie toekenning van die woord “komponis” aan Williams, Apolles en Ulster. Deel Twee van die tesis is in Engels geskryf. Die besluit om dit te doen het ontwikkel uit ’n immer groter-wordende ongemak met my gebruik van Standaard Afrikaans en die wyse waarop dit my bespreking en verstaan gevorm het in die eerste deel van die tesis. In die tweede deel, ondersoek ek krities sekere aannames wat in Deel Een gemaak word, insluitende aannames oor die neutraliteit van taal, oor die wit eienaarskap van Westerse kunsmusiek, oor die gebruik van die benaming “komponis", oor die grense van subjektiwiteit in navorsing en oor die implikasies van strukturele keuses in akademiese skryfwerk. Hierdie tesis wil uiteindelik ’n bewussyn skep van hierdie en ander bruin en swart musici wat deur apartheidswette verhoed is om hulle identiteit as komponiste vryelik en optimaal te ontwikkel deur opleiding en musiekstudie.
- ItemDie koortjie undercommons(2023-12) Engelbrecht, Inge Alvine; Froneman, Willemien; Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Music.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die koortjie het nog altyd ’n peripheral space in die meer conventional kerkmusiek practices en discourses in die coloured kerk communities ge-occupy. Dit was hierdie marginality wat vir my problematic was en wat ek wou address. Die storie van die koortjie unfold gradually deur die tesis. Hierdie unfolding loop parallel met die narratives van die figure wat in die tesis feature, en hierdeur word issues soos history, cultural en spiritual identity op ’n unieke manier address. Consequently is die narrative van die koortjie interwoven into die tapestry van die lived experiences van hierdie belangrike figure, asook in my eie discoveries. Omdat ek ook ’n outsider of sorts is wanneer dit by die koortjie kom, ontdek die leser wat die koortjie is, wat dit entail en hoe dit function partly deur my oë asook deur die oë van die experts, en die meestal real-time documenting reinforce die notion van ’n gradual unfolding. Linguistically het die tesis vanaf die proposal stage deur ’n taal shift van Engels na Afrikaans gegaan wat eventually die boundary tussen die twee tale blur. Dus represent die tesis ’n bepaalde linguistic expression wat, nes die koortjie, nie net meer op die fringes van wat as standaard beskou word, exist nie. Moreover, is die Afrikaans wat in hierdie tesis gebruik word partly ’n reflection van die linguistic traits wat generally met coloured mense ge-associate word en is especially representative van die narratives van die “mense wat feature innie storie” (Arendse, 2021). Die structure van die tesis is deur die narratives van die respondente en my eie etnografiese beskrywings bepaal. Die eerste twee hoofstukke word ge-underscore deur die theme van die commons en undercommons (Harney & Moten, 2013) soos dit pertain tot die spaces wat die karakters involved in exist en daagliks in moet function en navigate, asook die rol wat die koortjie in hierdie spaces speel en in turn represent. In die derde hoofstuk word die development van die koortjie extend deur middel van die intergenerational connection tussen twee prominente figure in hierdie genre en in die Suid-Afrikaanse gospel industry. Die koortjie se evolution word deur die tension wat deur hierdie figure se onderskeie musical en spiritual timelines create word, gemap, tensions wat deur comparable tog contradicting sensibilities gehighlight word. Hoofstuk vier address en spotlight die issue van colouredness deur ’n quasi-conversation met die skrywer van ’n spesifieke bron waarin stereotypical commentary oor die supposed problematiese mindset en thinking van coloured mense bespreek word. Die issue van colouredness word verder op expand in hoofstuk vyf deur op die relationship tussen die koortjie en colouredness te fokus. Dit word gedoen deur die origin van die koortjie in terme van coloured kerkmusiek te bespreek, asook die notion van ownership en curatorship van die koortjie deur members van die coloured community. In hoofstuk ses word die koortjie as ’n code switching device geharness wat as die facilitator van hierdie switching tussen die physical en metaphysical inspect word. Hierdie idee van die koortjie as metaphysical code switching device word dan in hoofstuk sewe in meer detail ondersoek en word daar gekyk na hoe die act van trancing (Poloma, 2003; Becker, 2004) deur praktyke wat met die koortjie gepaardgaan, soos die koordans en ‘die trap’, teweeggebring word. Die tesis word conclude met ’n Epilogue wat die narrative van die koortjie proverbially full circle bring deur die koortjie terug na die space van die undercommons te bring. Hierdie deel serve ook as ’n voorbeeld van die possibilities nie net vir verdere navorsing in soortgelyke cultural musiek nie, maar ook vir die continued proliferation van knowledge oor die existence, practices en importance van die koortjie in Suid-Afrikaanse cultural en religious studies.