Research Articles (Afrikaans and Dutch)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Afrikaans and Dutch) by Author "Blair, Hanelle Fourie"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemEkwivalentverhoudings in tweetalige woordeboeke : implikasies vir die databasis van 'n elektroniese tweetalige woordeboek van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Afrikaans(Bureau of the WAT, 2015) Blair, Hanelle FourieHierdie artikel is 'n uittreksel uit 'n vollediger teoretiese raamwerk waarin 'n konsepmodel vir 'n elektroniese tweetalige grondslagfasewoordeboek van Suid-Afrikaanse Geba-retaal en Afrikaans voorgestel word, spesifiek vir die De la Bat Skool vir Dowes in Worcester, Suid-Afrika (Fourie 2013). Die doel van die voorgestelde woordeboek is om die leerlinge van die De la Bat Skool elektroniese toegang tot geskrewe woordelyste te gee, met gebare en voorbeelde in geba-retaal wat in videoformaat vertoon word — dus in die vorm van 'n elektroniese woordeboek. 'n Geskrewe woordelys voldoen glad nie in hierdie geval aan die behoeftes van skoolleerders nie en 'n woordeboek wat vir die Dowe teikengebruikers by die skool ontwerp is, sal van veel groter waarde wees in die leerders se omgang met gebaretaal sowel as die geskrewe taal. Sekere kompo-nente van die model kan op die ou end ook deur gebruikers buiten die oorspronklike teikengebrui-kers toegepas word, sodat dit ook vir die breër Dowe gemeenskap van nut sou kon wees. Hierdie artikel ondersoek die tipiese ekwivalentverhoudings in tweetalige woordeboeke en die kern van die artikel maak op grond daarvan voorstelle oor hoe die leksikograaf ekwivalentver-houdings tussen gebaretaal en Afrikaans in die voorgestelde woordeboek sou kon hanteer.