Masters Degrees (Anaesthesiology and Critical Care)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Anaesthesiology and Critical Care) by Author "Moolman, Johannes, Albertus"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie effek van lignokaien op segmentele miokardiale funksie in die oop borskas isgemiese varkhart onder algemene narkose(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1991-12) Moolman, Johannes, Albertus; Coetzee, Andre; Stellenbosch University. Faculty of Medicine and Health Sciences. Department of Anaesthesiology and Critical Care.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die effek van lae (1 mg/kg) en hoe (4mg/kg) bolusse intraveneuse lignokaYen op regionale funksie is ondersoek in 13 varkharte. Deur middel van 'n betekenisvolle vernouing van die linker afdalende koronere (LAD) arterie is 'n isgemiese segment in die LAD voorsienings gebied veroorsaak. Miokardiale funksie is bepaal in die isgemiese LAD-gebied en die normals voorsienings gebied van die sirkumfleks (Lx) koronere arterie. Konstriksie van die LAD het miokardiale isgemie in die LAD-segment veroorsaak sender om sistoliese disfunksie te induseer. lsgemie ge'lnduseerde diastoliese disfunksie blyk uit die toename in helling van styging in linker ventrikel druktoename · (df) (p<0.05), persentasie toename in postsistoliese verkorting (PSS) (p<0.02), afname in effektiewe verkortingsarea van die LAD-segment (p<0.05), afname in Pv02 van die dreinerende vene van die LAD-gebied (p<0.05) en toename in korone,re veneuse laktaat vanaf die isgemiese gebied. Die graad van isgemie wat veroorsaak is het nie sistoliese segmentele kontraktiele funksie be'lnvloed nie - geen verandering in die persentasie verkorting van die LAD-segment se spiervesels is aangetoon nie. Lignoka'!'en het geen beduidende invloed op miokardiale funksie gehad nie, hetsy globaal of regionaal. Die geringe afname in hartspoed en slagvolume het nie 'n betekenisvolle vermindering in die kardiale omset veroorsaak nie en geen betekenisvolle styging in eind-diastoliese druk het plaasgevind nie. Beide bg. bevindings is in teenstelling met bevindings van ander outeurs (Gee 1990, Klein 1968, Nath 1986). Regionale funksie het nie hipokinese by die terapeutiese plasma . konsentrasies van die middels soos bereik in die eksperiment getoon nie - Ees het nie paradoksaal toe geneem , en D0, die snypunt van Ees met die lengte-as, het nie na regs geskuif nie. Diastoliese funksie van beide die isgemiese en normals miokardiale segments het geen disfunksie getoon na lignokaYen toediening nie. Die maksimale vesellengte by eind-diastolie, helling van diastoliese vulling en post-sistoliese verkorting het nie verander nie. Die invloed van lignoka'ien op die koronere vloei kan slegs by afleiding evalueer word, aangesien koronere vloei nie direk bepaal is nie. Die area onder die druk-lengte kurwe, wat 'n indirekte parameter van segmentele werk is, het nie verander met toenemende dosisse lignokai'en nie. Dit dui op 'n onveranderde miokardiale suurstof verbruik van die LAD- en Lx-segment. Die effektiewe verkortingsarea, wat meer sensitief as die totale area onder die • druk-lengte kurwe is vir veranderinge in koronere bloedvloei (Safwat 1991), het eweneens onveranderd gebly wat die feit ondersteun dat lignoka'ien nie die miokardiale suurstof verbruik verminder het nie. Laktaat metabolisme as indirekte parameter van miokardiale isgemie het geen betekenisvolle veranderinge na die toediening van lignoka'ien getoon nie, soos ook weerspieel word deur die afwesigheid van 'n korrelasie tu~sen koronere veneuse laktaat en serumvlakke van lignoka'ien (korrelasie koeffisient = -0.32). Die kliniese ekwivalent van die situasie wat hier ondersoek is, is die. pasient . met 'n betekenisvolle koronere stenose en meegaande miokardiale isgemie wat 'n disritmie ontwikkel wat behandel moet word. Die belang van hierdie studie is dat bewys is dat lignokaren geen betekenisvolle effek op isgemiese miokardium gehad het by terapeutiese serumvlakke lignokai'en nie. Die bekende hoe terapeutiese indeks van die middel in nie-isgemiese miokardium word weereens bevestig. Die resultate van hierdie studie sal in gedagte gehou moet word by die gebruik van nuwe anti-aritmiese middels, en die klinikus sal moet kan verantwoord of die nuwe middels hierdie bekende ou middel in veiligheid, effektiwiteit en koste-effektiwiteit oortref.