Die effek van lignokaien op segmentele miokardiale funksie in die oop borskas isgemiese varkhart onder algemene narkose
Date
1991-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die effek van lae (1 mg/kg) en hoe (4mg/kg) bolusse intraveneuse lignokaYen
op regionale funksie is ondersoek in 13 varkharte.
Deur middel van 'n betekenisvolle vernouing van die linker afdalende koronere
(LAD) arterie is 'n isgemiese segment in die LAD voorsienings gebied
veroorsaak. Miokardiale funksie is bepaal in die isgemiese LAD-gebied en die
normals voorsienings gebied van die sirkumfleks (Lx) koronere arterie.
Konstriksie van die LAD het miokardiale isgemie in die LAD-segment
veroorsaak sender om sistoliese disfunksie te induseer. lsgemie
ge'lnduseerde diastoliese disfunksie blyk uit die toename in helling van styging
in linker ventrikel druktoename · (df) (p<0.05), persentasie toename in postsistoliese
verkorting (PSS) (p<0.02), afname in effektiewe verkortingsarea van
die LAD-segment (p<0.05), afname in Pv02 van die dreinerende vene van die
LAD-gebied (p<0.05) en toename in korone,re veneuse laktaat vanaf die
isgemiese gebied. Die graad van isgemie wat veroorsaak is het nie sistoliese
segmentele kontraktiele funksie be'lnvloed nie - geen verandering in die
persentasie verkorting van die LAD-segment se spiervesels is aangetoon nie.
Lignoka'!'en het geen beduidende invloed op miokardiale funksie gehad nie,
hetsy globaal of regionaal. Die geringe afname in hartspoed en slagvolume
het nie 'n betekenisvolle vermindering in die kardiale omset veroorsaak nie en
geen betekenisvolle styging in eind-diastoliese druk het plaasgevind nie.
Beide bg. bevindings is in teenstelling met bevindings van ander outeurs (Gee
1990, Klein 1968, Nath 1986). Regionale funksie het nie hipokinese by die
terapeutiese plasma . konsentrasies van die middels soos bereik in die
eksperiment getoon nie - Ees het nie paradoksaal toe geneem , en D0, die
snypunt van Ees met die lengte-as, het nie na regs geskuif nie. Diastoliese
funksie van beide die isgemiese en normals miokardiale segments het geen
disfunksie getoon na lignokaYen toediening nie.
Die maksimale vesellengte by eind-diastolie, helling van diastoliese vulling en
post-sistoliese verkorting het nie verander nie.
Die invloed van lignoka'ien op die koronere vloei kan slegs by afleiding
evalueer word, aangesien koronere vloei nie direk bepaal is nie. Die area
onder die druk-lengte kurwe, wat 'n indirekte parameter van segmentele werk
is, het nie verander met toenemende dosisse lignokai'en nie. Dit dui op 'n
onveranderde miokardiale suurstof verbruik van die LAD- en Lx-segment. Die
effektiewe verkortingsarea, wat meer sensitief as die totale area onder die
• druk-lengte kurwe is vir veranderinge in koronere bloedvloei (Safwat 1991),
het eweneens onveranderd gebly wat die feit ondersteun dat lignoka'ien nie
die miokardiale suurstof verbruik verminder het nie.
Laktaat metabolisme as indirekte parameter van miokardiale isgemie het geen
betekenisvolle veranderinge na die toediening van lignoka'ien getoon nie, soos
ook weerspieel word deur die afwesigheid van 'n korrelasie tu~sen koronere
veneuse laktaat en serumvlakke van lignoka'ien (korrelasie koeffisient =
-0.32).
Die kliniese ekwivalent van die situasie wat hier ondersoek is, is die. pasient .
met 'n betekenisvolle koronere stenose en meegaande miokardiale isgemie
wat 'n disritmie ontwikkel wat behandel moet word. Die belang van hierdie
studie is dat bewys is dat lignokaren geen betekenisvolle effek op isgemiese
miokardium gehad het by terapeutiese serumvlakke lignokai'en nie. Die
bekende hoe terapeutiese indeks van die middel in nie-isgemiese miokardium
word weereens bevestig. Die resultate van hierdie studie sal in gedagte
gehou moet word by die gebruik van nuwe anti-aritmiese middels, en die
klinikus sal moet kan verantwoord of die nuwe middels hierdie bekende ou
middel in veiligheid, effektiwiteit en koste-effektiwiteit oortref.
Description
Thesis (MMed)--Stellenbosch University, 1991
Keywords
Ischemia, Coronary heart disease, Lidocaine