The effect of self-talk as an anxiety regulation intervention on coincident anticipation timing and batting performance in cricket.
Date
2017-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Ways, in which anxiety levels can be managed, in order to achieve optimal performance, has constantly been given attention in the sport psychology literature. Theories, hypotheses and explanations on how anxiety can be managed, using different strategies, are proposed, but little scientific research has tested these strategies. Previous research in the field of sports psychology suggests that the topic of anxiety has been a particularly strong focus of research. Little is however known about the use of self-talk as an anxiety regulation strategy. Therefore the intervention programme in this study focused on piloting the implementation and use of self-talk as an anxiety regulation strategy to improve coincident anticipation timing and batting performance in cricket
The sample used in this study included fifteen cricket players, who played at an intermediate level, who were randomly divided into a control group (n= 8) and an experimental group (n=7). They performed in the pre-test, post-test and retention test, which consisted of a coincident anticipation timing test (CAT) and a batting performance test (BPT). The BPT tested the batsmen in shot accuracy and their quality of interception. At each testing stage the batsmen were required to fill out a revised version of the Competitive State Anxiety Questionnaire (CSAI-2R) and the Self-Talk Questionnaire (STQ). Only the experimental group received the 3 week intervention programme.
Results indicated that although the performance of both groups improved during the study, in the CAT and BPT tests, no significant improvements were seen as a result of the Self-Talk Anxiety Regulation Strategy. The experimental group showed a decrease in anxiety levels. However, the results were not significant.
From this study, it can be concluded that self-talk as an anxiety regulation intervention, did not have a significant effect on the coincident anticipation timing or batting performance (shot accuracy or quality of interception) of cricket batsmen. Self-talk as an Anxiety Regulation Strategy did not have a significant reduction on the anxiety levels of cricket batsmen.
The implication of these findings suggests that self-talk may not an effective anxiety regulation strategy for cricket batsmen. However, more research needs to be done specifically on the implementation and use of self-talk as an anxiety regulation strategy, on an individual basis and how it can be used effectively in order to achieve optimal performance.
AFRIKAANS OPSOMMING: Die maniere waarop angsvlakke bestuur kan word om optimale prestasie te bevorder geniet amper konstante aandag in die sportsielkunde-literatuur. Teorieë, hipoteses en verduidelikings oor die maniere waarop angs, deur middel van verskeie strategieë, bestuur kan word, word voorgestel, maar daar is min wetenskaplike navorsing wat hierdie strategieë toets. Vorige navorsing op die terrein van sportsielkunde wys daarop dat angs, as navorsingsfokus, baie aandag geniet. Min is egter bekend oor die gebruik van selfspraak as ‘n angs-reguleringstrategie. Die intervensieprogram in hierdie studie het dus op die loods, implementering en gebruik van selfspraak as ‘n angs-reguleringstrategie gefokus om gelyktydige antisiperende tydsberekening en kolfprestasie in krieket te verbeter. In hierdie studie is gebruik gemaak van vyftien krieketkolwers wat lede was van die Maties Krieketklub van die Universiteit van Stellenbosch. Al die kolwers moes ‘n hersiene weergawe van die “Competitive State Anxiety Questionnaire (CSAI-2R)” en die “Self-Talk Questionnaire (STQ)” invul. Daarna moes hulle aan die voortoets deelneem, wat bestaan het uit ‘n gelyktydige antisiperende tydsberekeningstoets en ‘n kolfprestasietoets. In laasgenoemde toets is die akkuraatheid van kolwers se houe en die kwaliteit van balintersepsie getoets. Daarna is die kolwers ewekansig in ‘n kontrolegroep en ‘n eksperimentele groep verdeel. Slegs die eksperimentele groep het toe die intervensie ontvang. Dit het bestaan uit ‘n program wat drie weke lank geduur het, en het ingesluit twee krieketoefeninge waarin hulle geleer is hoe om die selfspraakstrategieë te gebruik en te implementeer. Albei groepe moes toe weer die “Competitive State Anxiety Questionnaire (CSAI-2R)” en die “Self-Talk Questionnaire (STQ)” invul. Al vyftien kolwers moes toe deelneem aan die na-toets en twee weke later ook aan die retensietoets, wat in albei gevalle weer die invul van die vraelyste ingesluit het, sowel as die gelyktydige antisiperende tydsberekeningstoets en die kolfprestasietoets. Nadat die na-toets en retensietoetse plaasgevind het, is die selfspraakprogram aan die kontrolegroep gebied. Die resultate het aangedui dat beide groepe se prestasie in die gelyktydige antisiperende tydsberekeningstoets en die kolfprestasietoets tydens die studie verbeter het. Geen beduidende verbetering het plaasgevind as gevolg van die selfspraakprogram nie. Alhowel die eksperimentele groep ‘n afname in angsvlakke getoon het, was dit nie statisties beduidend nie. Die resultate van hierdie studie het dus aangetoon dat selfspraak as ‘n angsregulerende intervensie nie ‘n beduidende uitwerking gehad het op die gelyktydige antisiperende tydsberekening en die kolfprestasie (akkuraatheid van houe en kwaliteit van balintersepsie) van kolwers nie. Daar was ook geen beduidende afname in die angsvlakke of selfvertroue van kolwers as gevolg van die selfspraak as angsregulerende intervensie nie.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Coincident anticipation timing, Anxiety in cricket players -- Management, Cricket players -- Psychology, Self-talk, Self-management (Psychology), Cricket -- Batting -- Psychological aspects, UCTD