A critical analysis of preterm birth in a largely homogeneous community near Tygerberg Academic Hospital with a high prevalence of preterm birth
Date
2022-11
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: There is a high priority to address the heavy burden of preterm birth (PTB)
on a low- to middle- class community in the Western Cape Province of
South Africa (SA), where the Safe Passage Study (SPS) by the PASS
Network was conducted. The latter study was undertaken to determine
the role of alcohol consumption in stillbirths and sudden infant deaths. We
documented a high rate (13.8%) of PTB in that community. Preterm birth
(birth before 37 weeks) is one of the most common causes of perinatally
related deaths at Tygerberg Academic Hospital (TAH), the tertiary referral
hospital for the community. Complications of PTB also account for 75% of
perinatal mortalities and more than 50% of chronic infant morbidities and
therefore remains one of the greatest challenges in obstetrics. Perinatal
outcome is particularly susceptible to socioeconomic conditions that have
profound effects on the health of individuals and communities. SA has one
of the highest levels of alcohol consumption (including binge drinking i.e.
drinking four or more standard drinks during one sitting) as well as
concomitant smoking in certain communities. Individuals with low
socioeconomic status experience greater exposure to stress and are more
likely to engage in risk-taking behaviours such as smoking, drinking and
drug use during pregnancy, which may contribute to adverse birth
outcomes. Despite the attention given to PTB in medical research, the
aetiology remains largely unexplained, and placental pathology may
illuminate the clinical understanding thereof. Increasing evidence
indicates that placental dysfunction is an important risk factor for PTB, but
contexts differ and information from low-income-countries is lacking.
AFRIKAANS OPSOMMING: Inleiding: Dit is ʼn hoë prioriteit om die swaar las van voortydse of premature kraam (kraam voor 37 weke) in ʼn lae- tot middelklas gemeenskap in die Wes Kaap Provinsie van Suid Afrika (SA) aan te preek, waar die Safe Passage Study (SPS), deur die PASS Network, gedoen is om die rol van alkoholgebruik in stilgeboortes en skielike babadood (wiegiesterfte) te probeer vasstel. Ons het ʼn hoë voortydse kraamkoers (13.8%) in hierdie gemeenskap gevind. Voortydse kraam is een van die hoofoorsake van perinatale sterftes by Tygerberg Akademiese Hospitaal (TAH), die tersiêre verwysings hospitaal vir die gemeenskap. Komplikasies van voortydse kraam dra by tot 75% van perinatale sterftes en meer as 50% van kroniese babasiektes, en derhalwe bly dit een van die grootste uitdagings in verloskunde. Perinatale uitkomste is in besonder onderhewig aan sosioëkonomiese toestande, wat diepgaande effekte het op die gesondheid van individue en gemeenskappe. SA het een van die hoogste vlakke van alkoholgebruik (insluitend fuifdrink, dit is vier of meer standaard drankies per geleentheid) asook gepaardgaande rook in sekere gemeenskappe. Individue met lae sosioëkonomiese status (SES) ondervind groter blootstelling aan stres en is dus meer geneig om betrokke te raak in hoë risikogedrag soos rook, drink en dwelmgebruik tydens swangerskap, wat dan tot nadelige geboorte-uitkomste kan bydra. Ten spyte van al die aandag aan voortydse kraam in mediese navorsing, bly die etiologie daarvan steeds grootliks onverklaarbaar en mag plasentale patologie die kliniese begrip daarvan beter verduidelik. Toenemende bewyse dui daarop dat plasentale ontoereikenheid ʼn belangrike risikofaktor is vir voortydse kraam, maar inligting uit lae inkomstelande ontbreek nog.

Description
Thesis (PhD) Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Premature labor -- Western Cape (South Africa), Pregnant women -- Alcohol use -- Western Cape (South Africa), Stillbirth -- Western Cape (South Africa), Sudden infant death syndrome -- Western Cape (South Africa), UCTD