Herinnering, geskiedenis, identiteit : 'n ondersoek na beeld en teks in mito-poesis
Date
2002-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This investigation is informed by the assumption that language, as representation
and as image, is positioned in a metaphorical relationship to reality. Language,
as a structure of representation, is the way in which we represent reality to
ourselves and to others and recreate the past, as well as the way in which we
invest our lives with meaning, significance and experience. Language includes
visual and verbal representation, and this investigation shows how image and
text create a variety of multiple meanings through playful and interactive
reciprocation.
Following from the assumption that language comprises temporal and spatial
qualities, it is also the terrain that enables us to know and understand reality,
ourselves, and others. This emphasizes the material nature of language, which
is also connected with social and cultural practices and, as such, involves
reciprocation and interaction between divergences. Language is therefore a
mode of action that makes the bridging of divisions possible.
Language is proposed as a medium through which the monolithic hegemony of
the apartheid past may be confronted within a multicultural South Africa. The aim
of representing this past in my work is not to recall it as it was or to discover
etemal, inheritable qualities, but rather to bring about re-demption (healing)
through re-presentation. Re-demption and re-presentation is a textual practice
that involves a re-script of the past. With the understanding that history and
culture are regarded as text, re-writing the past does not involve representation
as mimesis, but as production.
This investigation recognizes the role of the subconscious as the other or the
alterity in all language constructs that makes it possible to circumvent the logic of
binary oppositions; entertain alternatives simultaneously; erase boundaries;
share spaces, and discover the other in the self. This unconscious language of
the other, as a strange doubling and interplay between near and far, gives rise to
poies/s.
The creation of multi-dimensional spaces that draw the poetical and the everyday
into an imaginative and directed conceptual interplay as well as provoke dialogue
between differences and diversities, engenders a desire for the complexity of the
other. The interplay and recurrent movement across divisions and between
paradoxes create a new and changed interspace, characterized by difference,
plurality, and contradiction. Intertextual spaces allow relationships between
differences and exist precisely as a result of dialogicity between diversities. In this
way it is possible to establish, by virtue of difference, a mutual, interdependent
relationship with the other.
Metaphorical language requires an allegorical reading that places divergences in
relation to one another, thereby causing a mythic animation of signification that
moves from one level to another. Mytho-poeisis, as an allegorical structure, is
proposed as a model by means of which symbolic transformation and redemption
of the personal and collective psyche may occur. Poetic re-imagining
as re-presentation impels change and transformation and points to other possible
forms of social and ethical experiences. This impulse, to reconcile the social and
the aesthetic, or the cultural with symbolic form, is based on the principle of
reconciliation between art and life.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie ondersoek handhaaf die veronderstelling dat taal in 'n metaforiese verhouding tot die werklikheid staan as voorstelling en as beeld. Taal, as 'n struktuur van voorstelling, is die wyse waarop ons die werklikheid aan onsself en ander voorstel en die verlede herskep, asook die wyse waarop ons sin, betekenis en ervaring aan ons lewens verskaf. Taal sluit visuele en verbale voorstellings in en hierdie ondersoek toon op watter wyse beeld en teks in speelse en interaktiewe wisselwerking 'n verskeidenheid meersinnige betekenisse skep. Uitgaande van die veronderstelling dat taal temporele en ruimtelike kwaliteite betrek, is dit ook die terrein wat ons in staat stel om die werklikheid, onsself en ander te ken en verstaan. Dit beklemtoon die materiele aard van taal, wat ook met sosiale en kulturele praktyke verbind is en sodanig wisselwerking en interaksie tussen uiteenlopendhede betrek. Taal is dus 'n modus van doen, wat oorbrugging van skeidings moontlik maak. Taal word as 'n medium voorgestel waardeur die monolitiese hegemonie van die apartheidsverlede binne 'n multikulturele Suid-Afrika gekonfronteer word. Voorstelling van hierdie verlede in my werk is nie met die doel om dit te herroep soos dit was, of ewige, erfbare eienskappe te ontdek nie, maar eerder om herstel deur her-voorstelling te bewerkstellig. Her-stel en her-voorstelling is 'n tekstuele praktyk wat 'n re-skripsie van die verlede behels. Met begrip dat geskiedenis en kultuur as teks beskou word, behels die her-skryf van die verlede nie voorstelling as mimesis nie, maar as produksie. Hierdie ondersoek erken die rol van die onderbewussyn as die ander of die alteriteit (alterity) in alle taalvoorstellings wat dit moontlik maak om die logika van binere oposisies te omseil; alternatiewe gelyktydig in ag te neem; grense uit te wis, ruimtes te deel en die ander in die self te ontdek. Hierdie onbewuste taal van die ander, as 'n vreemde verdubbeling en spel tussen naby en ver, gee aanleiding tot poesis (poiesis). Die skep van multidimensionele ruimtes wat die poetiese en die alledaagse in 'n verbeeldingryke en gerigte konseptuele wisselspel betrek, asook dialoog tussen verskille en diversiteite bewerkstellig, skep 'n aandrang vir die kompleksiteit van die ander. Die interspel en ewigdurende beweging oor skeidings en tussen paradokse skep 'n nuwe en veranderde interruimte, wat gekenmerk word deur verskil, pluraliteit en kontradiksie. Intertekstuele ruimtes laat verskilsverhoudings toe en bestaan juis as gevolg van dialogisiteit tussen diversiteite. Op hierdie wyse is dit moontlik om op grond van verskil 'n wedersydse en interafhanklike verhouding met die ander aan te knoop. Metaforiese taalgebruik verg 'n allegoriese lees wat uiteenlopendhede in verhouding tot mekaar plaas sodat dit 'n mitiese animasie van betekening bewerkstellig wat vanaf een vlak na 'n ander vlak beweeg. Mito-poesis, as 'n allegoriese struktuur, word voorgestel as model waarvolgens simboliese transformasie en herstel van die persoonlike en kollektiewe psige kan geskied. Poetiese her-verbeelding as her-voorstelling motiveer verandering en transformasie en dui op ander moontlike vorms van sosiale en etiese ervarings. Hierdie impuls, om die sosiale en die estetiese, of om die kulturele met simboliese vorm te vereenselwig, berus op die beginsel van versoening tussen kuns en lewe.

Description
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2002.
Keywords
Dissertations -- Art, Theses -- Art, Dissertations -- Visual arts, Theses -- Visual arts, Language and culture -- South Africa, Sociolinguistics -- South Africa, Art -- Philosophy, Metaphor -- Political aspects -- South Africa, Art -- Social aspects -- South Africa, Metafoor -- Sosiale aspekte, Kuns -- Filosofie, Kuns -- Sosiale aspekte