Automatic flight envelope recovery for large transport aircraft

Date
2016-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis presents the design of an automatic flight envelope recovery system for large transport aircraft. The flight envelope of the aircraft is conceptualised to consist of the aerodynamic envelope, the attitude envelope, the flight vector envelope, and the structural integrity envelope. The time scale separation between the aircraft’s fast rigid body rotational dynamics and its slower point mass translational dynamics is exploited to separate the flight envelope recovery into an inner-loop recovery of the angular rates and aerodynamic envelope, and an outer-loop recovery of the attitude, flight path angle, and airspeed while remaining within the structural integrity envelope. Two approaches to flight envelope recovery are proposed. The first approach uses a passive method to recover the aerodynamic envelope using the natural stability of the aircraft and then uses the conventional flight control laws, with their flight envelope protection functions, to recover the aircraft attitude and flight vector. The second approach uses an active method to recover the aerodynamic envelope using a Lyapunov-based inner-loop controller and uses an outer-loop controller based on optimal control theory to recover the aircraft attitude, flight path angle and airspeed while minimising the altitude loss. The automatic flight envelope recovery is verified in simulation on the NASA Generic Transport Model (GTM), a wide-envelope aircraft model that is able to model the flight mechanics of large transport aircraft in out-of-envelope conditions.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis beskryf die ontwerp van ’n outomatiese vlug-omhullende herstel stelsel vir groot transport vliegtuie. Die vlug-omhullende van die vliegtuig word konseptualiseer om te bestaan uit die aerodinamiese-omhullende, die oriëntasie-omhullende, die vlugvektor-omhullende, en die strukturele-integriteit-omhullende. Die tydskaalskeiding tussen die vliegtuig se vinnige starreliggaam-rotasiedinamika en sy stadiger puntmassa-translasiedinamika word uitgebuit om die vlug-omhullende herstel te skei in ’n binnelus herstel van die hoektempos en aerodinamieseomhullende, en ’n buitelus herstel van die oriëntasie, vlugpadhoek, en lugspoed terwyl daar binne die strukturele-integriteit-omhullende gebly word. Twee benaderings tot vlug-omhullende herstel word voorgestel. Die eerste benadering gebruik ’n passiewe metode om die aerodinamiese-omhullende te herstel deur gebruik te maak van die natuurlike stabiliteit van die vliegtuig, en gebruik daarna die konvensionele vlugbeheerwette, met hulle beskermingsfunksies, om die vliegtuig oriëntasie, vlugpadhoek en lugspoed te herstel. Die tweede benadering gebruik ’n aktiewe metode om die aerodinamiese omhullende te herstel deur gebruik te maak van ’n Lyapunov-gebaseerde binnelusbeheerder en gebruik ’n buitelus beheerder gebaseer op optimale beheerteorie om die vliegtuig oriëntasie, vlugpadhoek en lugspoed te herstel terwyl dit die hoogteverlies minimeer. Die outomatiese vlug-omhullende herstel word geverifeer in simulasie op die NASA Generic Transport Model (GTM), ’n wye-omhullende vliegtuigmodel wat in staat is om die vlugmeganika van groot transport vliegtuie in toestande buite die normale vlug-omhullende te modelleer.
Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2016.
Keywords
Aircraft carriers -- Aircraft launching and recovery equipment, Airspeed airplanes, Airplanes -- Control surfaces, UCTD, Aerodynamic control of airplanes, Stalling (Aerodynamics)
Citation