Terminal care as life care : a pastoral approach to death and dying
Date
2007-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The thesis introduces a spiritual understanding of terminal care as life care
within a pastoral approach to death and dying. The presupposition is that life
and death are unavoidably connected, and that a meaningful approach to death
and dying in terms of a Christian theological hermeneutics needs to start with
the question “What is life?”
The concept of a theological hermeneutics serves as an overall
paradigm, which is implied within the interplay of life and death. The aim of a
hermeneutical approach is to find meaning in living and dying in the
fundamental God-human relationship. The eschatological perspective plays a
significant role, as it emphasises the already and not yet of eschatology that
become evident in every life event.
An analysis of the theoretical paradigms and philosophical
presuppositions behind a widespread “psychology of death and dying” shows
that the phenomenological, client-centred models suffer from an overreliance on
inner human potentials in coping with dying. Although these models provide
valuable insights into the needs of the dying, they fail to equip individuals with a
meaningful paradigm that lasts despite the reality of death.
As a result, I propose a “theology of death and dying” that opts for a
much more holistic approach to terminal care. Based on the impact of a
Christian spiritual concept of life and a pastoral anthropology on a pastoral
approach to terminal care, I argue that we do not have to cope with dying by
ourselves but can trust in the faithfulness of God who will keep us strong to the
end (1 Cor 1:8). As fear of death can effectively only be coped with by caring for
life, pastoral care to the dying needs to emphasise the fundamental God-human
relationship that guarantees life in spite of death. A unique stance of hope
follows from a Christian spiritual understanding of life that overcomes the
paradigmatic gap left by psychological approaches to death and dying, and
makes us aware that the new life in the Spirit is a quality that we already
possess.
Eventually, the life care approach is applied to a pastoral prevention
strategy in the context of the HIV pandemic. I argue the thesis that prevailing HIV prevention programmes suffer from a lack of an overall frame of reference
from which to reflect on the necessity for behavioural change. To fill this gap, a
spiritual life care approach to the HIV pandemic emphasises the development of
a Christian ethos based on an internalised assurance of the purpose and
destiny of human life, which can function as an overall paradigm behind a
prevention strategy. This pastoral prevention strategy is based on the
assumption that positive change, the anticipation of a better future and true
hope derive from an understanding of who we are as human beings before and
in relationship with God.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis stel ʼn spirituele begrip van terminale sorg as lewensorg binne ʼn pastorale benadering tot dood en sterfte bekend. Die voorveronderstelling is dat lewe en dood onlosmaakbaar verbind is, en dat ʼn betekenisvolle benadering tot dood en sterfte in terme van ʼn Christelike teologiese hermeneutiek met die vraag “Wat is lewe?” ’n aanvang moet neem. Die konsep van teologiese hermeneutiek dien as 'n oorkoepelende paradigma, wat geïmpliseer word binne die wisselwerking van lewe en dood met die doelwit om betekenis te vind in lewe en dood in die fundamentele Godmens- verhouding. ’n Eskatologiese perspektief speel ’n beduidende rol, aangesien dit die alreeds en die nog nie van eskatologie beklemtoon, wat in elke lewensgebeurtenis duidelik word. ’n Ontleding van die teoretiese paradigmas en filosofiese voorveronderstellings rakende die wydverspreide “sielkunde van dood en sterfte” toon aan dat die fenomenologiese, kliëntgesentreerde modelle gebrek lei as gevolg van hul heftige aanspraak op die innerlike menslike potensiaal om sterfte te hanteer. Alhoewel hierdie modelle kosbare insigte ten opsigte van die behoeftes van die sterwendes bied, faal hulle daarin om individue toe te rus met ’n betekenisvolle paradigma wat volhoubaar is, afgesien van die werklikheid van die dood. Ek staan dus ’n “teologie van dood en sterfte” voor wat ’n veel meer holistiese benadering tot terminale sorg meebring. Gegrond op die impak van ’n Christelike, spirituele konsep van lewe en ’n pastorale antropologie op ’n pastorale benadering tot terminale sorg, argumenteer ek dat ons nie nodig het om die dood op ons eie te hanteer nie omdat ons op die getrouheid van God, wat ons sterk sal hou tot die einde (1 Kor 1:8), kan vertrou. Aangesien die vrees vir die dood slegs deur die omgee vir lewe hanteer kan word, is dit noodsaaklik dat pastorale sorg aan die sterwende die God-mens-verhouding, wat lewe te midde van dood waarborg, beklemtoon. ’n Unieke gesigspunt van hoop volg vanuit ’n Christelike, spirituele begrip van lewe, wat die paradigmatiese gaping wat gelaat word deur psigologiese benaderings tot dood en sterfte vul. Dit maak ons bewus dat die nuwe lewe in die Gees ’n kwaliteit is wat ons alreeds besit. Die lewensorg-benadering word uiteindelik in ’n pastorale voorkomingstrategie in die konteks van die MIV-pandemie toegepas. Ek argumenteer in die tesis dat heersende MIV-voorkomingsprogramme gestrem word deur ’n tekort aan ’n algehele verwysingsraamwerk, vanwaar oor die noodsaaklikheid van gedragsverandering nagedink kan word. Om hierdie gaping te vul, stel ek ’n spirituele lewensorg-benadering voor, wat die ontwikkeling van ’n Christelike etos beklemtoon, gegrond op ’n inwendige sekerheid van die doel en bestemming van menslike lewe, wat as ’n algehele paradigma vir ’n pastorale voorkomingstrategie kan funksioneer. Hierdie voorkomingstrategie is gegrond op die veronderstelling dat positiewe verandering, die verwagting van ’n beter toekoms, en ware hoop voortspruit uit ’n begrip van wie ons as mense voor en in verhouding met God is.

Description
Thesis (M. Th.)--University of Stellenbosch, 2007.
Keywords
AIDS (Disease) -- Patients -- Care, Death -- Religious aspects -- Christianity, Terminal care, Pastoral care, Theses -- Practical theology, Dissertations -- Practical theology