Tegno-korreksies : 'n studie na die impak van tegnologie op 'n Suid-Afrikaanse gevangenis
Date
2003
Authors
Snyders, Hendrik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The modern correctional agency is characterised by the extensive use of information
and communication technology (ICT) (e.g. computers, close-circuit television cameras,
electronic monitoring systems) and human sciences technology (HST) (e.g.
psychometric tests, therapy and educational programmes) to monitor, discipline and
rehabilitate sentenced offenders inside and outside of institutions and to prevent their
recidivism. As a result of this combination of ICT and HST, modern correctional
institutions were transformed into socio-technical environments with serious
implications for the relationships between those within and outside of the institution.
The use of ICT for continuous monitoring of the prison and its population, has resulted
in a situation where correctional officials, like prisoners, have become legitimate
datasubjects. In addition to the privacy dilemma that resulted from this, continuous
monitoring has also negatively affected the relationship between the state and those
under surveillance (inmate, parolee, family of parolees and correctional officials).
The utilisation of sophisticated technology by organisastions to achieve certain key
objectives, does not necessarily bring about the desired results. Pistorius (1996) is of
the opinion that only organisations who are true learning organisations will benefit from
the use of such technology.
This study aims to integrate all of these perspectives in order to determine the impact
of technology on a single South African correctional institution.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die moderne korrektiewe agentskap word gekenmerk deur die omvangryke gebruik van gevorderde inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) (bv. rekenaars, geslotebaan televisiekameras en elektroniese moniteringstoestelle) asook geesteswetenskaplike-tegnologie (GWT) (bv. sielkundige toetse, opvoedkundige en terapeutiese programme) om gevonnisde oortreders binne inrigtings en in die gemeenskap te moniteer ten einde hulle te rehabiliteer en hul terugval in misdaad te voorkom. Die kombinasie van GWT en IKT binne die gevangenis het gevolglik daartoe bygedra dat die moderne gevangenis tot In sosio-tegniese omgewing omvorm is met bepaalde gevolge vir die verhouding tussen gevangenes en korrektiewe personeel. Aangesien IKT meesal vir deurlopende monitering van die inrigting en diegene daarbinne gebruik word, word korrektiewe personeel net soos gevangenes, legitieme datasubjekte. Hierdie monitering oor die algemeen, skep 'n privaatheidsdilemma met bepaalde implikasies vir die verhoudinge tussen die gemoniteerde (gevangenes, geparoleerdes en hul families, korrektiewe personeel) en die staat. Die ontplooiing van gesofistikeerde tegnologie ter bereiking van 'n organisasie se sleuteldoelwitte, lewer egter nie outomaties die verwagte resultate nie. Pistorius (1996) argumenteer dat die optimale benutting van tegnologie slegs moontlik is in lerende organisasies. Hierdie studie poog dus om al hierdie sake te integreer teneinde die impak van tegnologie op 'n enkele Suid Afrikaanse gevangenis vas te stel.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
South Africa. -- Dept. of Correctional Services, Prison administration -- South Africa, Electronic surveillance, Communication and technology -- South Africa, Communication in rehabilitation -- South Africa, Criminals -- Rehabilitation -- Effect of technological innovations on -- South Africa, Prison wardens -- Effect of technological innovations on -- South Africa, Dissertations -- Sociology and social anthropology, Theses -- Sociology and social anthropology