Translating Ioudaios concepts in multifaceted contexts : an intertextual approach to the rhetoric of 1 Corinthians 15
Date
2022-02-11
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Bible reading and translation have always been important aspects of the Christian faith. Since as early as the first century CE the writers of the New Testament as well as their respective communities of Jesus-followers have all interacted with the Scriptures of the time directly and indirectly. Paul was one such active participant in this process. Unfortunately, for the majority of the New Testament writers, for some decades now their use of the Scriptures of Israel has been clouded by ideologies of anachronistic Christian categories, historical-critical methodologies have presented generalising descriptions and prescriptions about their identities and methods, and Western ideologies have fed into colonialist and imperialist agendas against Two-Thirds World readers, such as Africans.
In this study, I use and recommend a literary-rhetorical approach known as intertextuality as a methodology to attempt reading and uncovering the rhetoric of one such New Testament writer, Paul, to his implied audiences in a selected text, 1 Corinthians 15. As a literary method intertextuality has been in practice for decades already. More recently some biblical scholars have also identified its usefulness in overcoming the limitations of historical-critical methodologies when Paul’s use of the Scriptures of Israel is studied. In the field of Scripture translation intertextuality has recently also become a useful tool for the literary analysis of texts. Importantly, several scholars continue to make a case for literary critical methods as a necessary tool for empowering African Christian readers and translators of the Scriptures towards a recovery of authentic Christian identity-(ies).
This study has demonstrated that Paul’s Ioudaios ethnoculturally-nested identity remains central and relevant to an understanding of his person and his use of the Scriptures of Israel. It has demonstrated specifically that, not only does Paul engage with the Scriptures, but also, that he uses Ioudaios conceptualisations, expressions and idioms to communicate the central
themes of his message, with 1 Corinthians 15 serving as a case in point. Even though he communicates to his audience in the Hellenistic lingua franca of his time, contemporary readers and translators should endeavour to engage these Ioudaios concepts linguistically and intertextually. To this end, Paul was able to sustain his objective in negotiating, affirming and redefining the identity-(ies) of his multifaceted Gentile implied audience. Bible reading and translation in Africa and by Christians in Africa is in dire need of this and can glean many lessons and applications from the Pauline paradigm.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die lees en vertaal van die Bybel was nog altyd belangrike aspekte van die Christelike geloof. Sedert so vroeg as die eerste eeu AD het die skrywers van die Nuwe Testament sowel as hul onderskeie gemeenskappe van Jesus-volgelinge almal direk en indirek met die Geskrifte van daardie tyd in wisselwerking verkeer. Paulus was 'n aktiewe deelnemer in hierdie prosesse. Ongelukkig, vir die meerderheid van die Nuwe-Testamentiese skrywers, is hulle gebruik van die Geskrifte van Israel reeds vir 'n paar dekades vertroebel deur ideologieë van anachronistiese Christelike kategorieë, histories-kritiese metodologieë het veralgemenende beskrywings en voorskrifte oor hul identiteite en metodes aangebied, en Westerse ideologieë het kolonialistiese en imperialistiese agendas teen Twee-derde Wêreld-lesers, soos Afrikane, aangevuur. In hierdie studie gebruik en beveel ek 'n literêr-retoriese benadering bekend as intertekstualiteit aan as 'n metodologie om die retoriek van een so 'n Nuwe-Testamentiese skrywer, Paulus, aan sy geïmpliseerde gehore in 'n geselekteerde teks, 1 Korintiërs 15, te probeer lees en ontgin. Die literêre metode van intertekstualiteit word al vir dekades lank gebruik. Meer onlangs het sommige Bybelwetenskaplikes ook die nut daarvan geïdentifiseer om die beperkings van histories-kritiese metodologieë te oorkom wanneer Paulus se gebruik van die Skrif van Israel bestudeer word. Op die gebied van Skrifvertaling ook het intertekstualiteit onlangs 'n nuttige hulpmiddel vir die literêre ontleding van tekste geword. Dit is belangrik dat verskeie geleerdes steeds 'n pleidooi maak vir literêr-kritiese metodes as 'n noodsaaklike hulpmiddel om Afrika-Christenlesers en vertalers van die Skrif te bemagtig tot die herstel van outentieke Christelike identiteit(e). Hierdie studie het getoon dat Paulus se Ioudaios etnokultureel-geneste identiteit sentraal en relevant bly vir die verstaan van hom as persoon en sy gebruik van die Geskrifte van Israel. Dit het heel spesifiek gedemonstreer, met 1 Korintiërs 15 as voorbeeld, dat Paulus nie net by die Geskrifte betrokke was nie, maar ook dat hy Ioudaios-konseptualiserings, uitdrukkings en idiome gebruik het om die sentrale temas van sy boodskap te kommunikeer. Al kommunikeer hy met sy gehoor in die Hellenistiese lingua franca van sy tyd, moet hedendaagse lesers en vertalers poog om hierdie Ioudaios-konsepte linguïsties en intertekstueel te benader. In hierdie verband, was Paulus in staat om sy doelwit te handhaaf in die onderhandeling, bevestiging en herdefiniëring van die identiteit(e) van sy veelsydige nie-Joodse geïmpliseerde gehoor. Bybellees en -vertaling in Afrika en deur Christene in Afrika het dit dringend nodig en kan baie lesse en toepassings uit die Pauliniese paradigma bekom.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Rhetoric in the Bible, Intertextuality in the Bible, Ioudaios, Bible -- Translating, Bible. Corinthians, 1st, XV -- Criticism, interpretation, etc., UCTD