Muscle oxygenation and performance adaptations in trained cyclists following a polarized and threshold training intervention
Date
2023-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Training intensity, and its distribution within a training program, is a key variable in positively or negatively influencing athletic performance, through varying physiological adaptations stemming from different training intensities. However, experimental research investigating physiological adaptations to various training intensity distributions is scarce. As such, the purpose of this study was to examine the performance and peripheral adaptations to a polarized (POL) and a threshold (THR) training intervention in trained cyclists. Seventeen trained road and mountain bike cyclists, including men (n = 13) and women (n = 4), aged between 19 and 49 years, participated in this study. This study followed a pre-post design, with a random assignment of participants into two experimental groups: a POL or a THR training group. The pre- and post-tests included a ramp incremental test to exhaustion and a 30-s Wingate test, with concurrent cardiorespiratory, muscle oxygenation, power, heart rate, and blood lactate data collection. The intervention consisted of six weeks of polarized (80/0/20% in zone 1/2/3) or threshold (45/55/0% in zone 1/2/3) training. The findings of the present study indicate that both POL and THR training stimulate improvements in power output over a 6-week training period. There were no significant group*time interactions observed for any measured variable (p > 0.05), however, effect sizes were calculated to investigate the magnitude of differences after the training intervention. Both THR and POL displayed improvements in power output at LT2, and PPO, however the effect size was numerically greater after THR than POL training (ES = 0.54, 0.29). It was also found that the effect size of muscle oxygen utilization was greater after POL than THR at LT1, LT2, PPO, and after the 30-s Wingate (ES = 0.72, 0.91, 0.74, 1.76). The magnitude of change in VO₂max was larger for POL than THR (5.9% vs. 1.1% improvement, respectively; ES = 0.40). The THR group showed a greater numerical increase in effect size, compared to POL in anaerobic capacity and explosive power (ES = 0.34, 0.40). A moderate and a
small numerical increase was observed in effect size in exercise economy at LT2 and PPO in THR, but not in POL (p > 0.05, ES = 1.11, 0.45).
It is suggested that the observed improvement in power output at LT2 and PPO in the POL group may be attributed to peripheral aerobic adaptations, as indicated by an increase in O₂ utilization and VO₂max. Secondly, it is suggested that glycolytic adaptations may contribute to the improvement in power output at LT2 and PPO in the THR group, as reflected by a decrease in VO₂/W, along with increases in anaerobic capacity and explosive power. Over a 6-week period, neither POL nor THR appeared to be superior for improving endurance performance, but they may induce different adaptations.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Oefenintensiteit, en die verspreiding daarvan binne 'n oefenprogram, is 'n sleutelveranderlike wat atletiese prestasie positief of negatief beïnvloe. Die uitkoms word bewerkstellig deur wisselende fisiologiese aanpassings in respons op verskillende oefenintensiteite. Nietemin is eksperimentele navorsing, wat die fisiologiese aanpassings in respons op verskillende oefenintensiteitsverspreidings ondersoek, skaars. Dus was die doel van hierdie studie om die prestasie en perifere fisiologiese aanpassings, in respons op 'n gepolariseerde (POL) en 'n drempel (THR) oefenintervensie, in geoefende fietsryers te ondersoek.Sewentien geoefende pad- en bergfietsryers, insluitend mans (n = 13) en vroue (n = 4), tussen die ouderdom van 19 en 49 jaar, het aan die studie deelgeneem. Hierdie studie het 'n voor-en-na-intervensie ontwerp gevolg, met 'n lukrake toewysing van deelnemers aan twee eksperimentele groepe: 'n POL- of 'n THR-oefengroep. Die voor- en na-toetse het 'n geggradeerde oefentoets tot uitputting en 'n 30-s Wingate-toets ingesluit, met gelyktydige kardiorespiratoriese-, spieroksigenasie-, kraguitset-, hartspoed- en bloedlaktaat data-insameling. Die intervensie het ses weke geduur en het bestaan uit gepolariseerde (80/0/20% in sone 1/2/3) of drempel (45/55/0% in sone 1/2/3) inoefening. Die bevindinge van hierdie studie dui daarop dat beide POL- en THR-inoefening verbeterings in kraguitset oor 'n 6-weke oefenperiode stimuleer. Daar was geen beduidende groep*tyd-interaksies vir enige gemete veranderlike waargeneem nie (p > 0.05) nie, maar effekgroottes is bereken om die grootte van verskille na die oefen intervensie te ondersoek. Beide THR- en POL-groepe het verbeterings in kraguitset by LT2 en PPO getoon, maar die effekgrootte was numeries groter na THR as na POL- inoefening (EG = 0.54, 0.29). Daar is ook gevind dat die effekgrootte van spieroksigenasie na POL groter was as na THR by LT1, LT2, PPO en na die 30-s Wingate (EG = 0.72, 0.91, 0.74, 1.76). Die grootte van verandering in VO2maks was groter vir POL as vir THR (5.9% vs. 1.1% verbetering, onderskeidelik; EG = 0.40). Die THR-groep het 'n groter numeriese toename in effekgrootte getoon in anaërobiese kapasiteit en eksplosiewe krag in vergelyking met POL (EG = 0.34, 0.40). 'n Matige en 'n klein toename, onderskeidelik, is waargeneem in oefenekonomie by LT2 en PPO in THR, maar nie in POL nie (p > 0.05, EG = 1.11, 0.45).Dit word voorgestel dat die waargenome verbetering in kraguitset by LT2 en PPO in die POL-groep toegeskryf kan word aan perifere aërobiese aanpassings, soos aangedui deur 'n toename in O2-benutting en VO2maks. Tweedens word gesuggereer dat glikolitiese aanpassings moontlik bydra tot die verbetering in kraguitset by LT2 en PPO in die THR-groep, soos weerspieël deur 'n afname in VO2/W, tesame met toenames in anaërobiese kapasiteit en eksplosiewe krag. Oor 'n 6-weke tydperk blyk dit dat nie POL óf THR meer voordelig is vir die verbetering van uithouvermoë prestasie nie, maar hulle mag verskillende aanpassings induseer.

Description
Thesis (M Sport Sc)--Stellenbosch University, 2023.