Pyrrhonian reflections: a sceptical inquiry into philosophical counselling
Date
2021-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Philosophical counselling is generally understood as the discussion or resolution of everyday problems with the help of philosophy. However, few agree on this definition. This leads to a crisis of definition for philosophical counselling which in turn causes practical problems regarding, inter alia, the teaching of future philosophical counsellors, the question of method, and the potential scope of philosophical counselling.
I identify in this study a prevalent therapeutic thesis on the nature of philosophical counselling which ties together some of the more popular conceptions of philosophical counselling. This thesis predominates when philosophical counsellors focus on the counselling part and neglect the philosophical part of philosophical counselling. This stance keeps philosophical counselling firmly contained within a medico-therapeutic framework. In opposition to this predominant view, I propose a reconceptualisation of philosophical counselling which does not subscribe to the therapeutic thesis and by implication works outside of a medical framework.
More specifically, in fleshing out my non-therapeutic understanding of philosophical counselling, I propose twelve context-dependent conditions of philosophical counselling by drawing on a Pyrrhonian disposition and also on examples of philosophical counsellors who begin to work outside of the medico-therapeutic framework. I argue that these conditions should be met for philosophical counselling to stay firmly within the realm of philosophy as an aim in itself, thereby remaining true to its origin and basic orientation, and drawing on its innate strengths.
With this fundamental reconceptualisation and the accompanying twelve context-dependent conditions, I propose a novel account of philosophical counselling which (i) does not subscribe to the therapeutic thesis, (ii) gives a novel answer to the problem of educating future philosophical counsellors, and (iii) has a clear scope of potential counselees.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Filosofiese berading word in die algemeen verstaan as die bespreking of oplossing van alledaagse probleme met behulp van filosofie. Min stem egter saam oor hierdie definisie. Dit lei na ʼn soort krisis van definisie oor wat filosofiese berading is, wat op sy beurt praktiese probleme veroorsaak ten opsigte van, onder andere, die onderrig van toekomstige filosofiese beraders, die vraag na metode en die potensiële omvang van filosofiese berading. In hierdie studie identifiseer ek ʼn terapeutiese tese oor die aard van filosofiese berading wat sommige van die meer populêre konsepsies van filosofiese berading bymekaar laat aansluit. Hierdie tese kom die duidelikste na vore waar die filosofiese beraders fokus op die berading-komponent in filosofiese berading en die filosofie-komponent daarvan afskeep. Hierdie benadering plaas filosofiese berading binne ʼn medies-terapeutiese raamwerk. In teenstelling met hierdie oorheersende siening, stel ek ʼn herkonseptualisering van filosofiese berading voor wat nie die terapeutiese tese ondersteun nie en by implikasie buite ʼn mediese raamwerk funksioneer. Meer spesifiek, in die uitbreiding van die nie-terapeutiese verstaan van filosofiese berading, stel ek twaalf konteks-afhanklike voorwaardes voor wat gebaseer is op ʼn Pyrrhonistiese ingesteldheid en op die werk van filosofiese beraders wat buite die mediese-terapeutiese raamwerk funksioneer. Ek hou voor dat daar aan hierdie voorwaardes voldoen moet word om filosofiese berading binne die gebied van filosofie as ʼn doel in sigself te hou, om sodoende getrou te bly aan die oorsprong en basiese oriëntasie van filosofie, en om die inherente sterk punte daarvan te benut. Met hierdie fundamentele herkonseptualisering en die gepaardgaande twaalf konteks-afhanklike voorwaardes, stel ek ʼn nuwe verstaan van filosofiese berading voor wat (i) nie die terapeutiese tese onderskryf nie, (ii) die opleiding van toekomstige filosofiese beraders in ʼn nuwe lig stel, en (iii) ʼn duidelike omlyning van potensiële kliënte verskaf.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Pyrrhonism, Philosophical Counselling, Skepticism, Scepticism, Non-therapeutic Counselling