Nursing the stigma : conflicting realities of abortion
Date
2018-11-27
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In 1996, South African women gained the right to exercise “control over their bodies”
through the Choice on Termination of Pregnancy Act (CTOPA). This was a crucial
advance for women, as it represented the recognition of reproductive rights by South
Africa’s first democratically elected government. In 2018, despite having this public
service available, many South African women still seek out informal abortion services
or pay to have their pregnancy terminated at private healthcare facilities. With the legal
framework of the CTOPA supporting a woman’s right to terminate her pregnancy, there
should be little need for additional services outside of the public healthcare sector, yet
the large number of advertisements for unaccredited abortion services plastered on the
walls of public transport and lamp posts suggest otherwise. Various explanations are
offered for why women do not make use of state-sanctioned, formal abortion services,
including social stigmatization, religious dissuasion, and lack of knowledge of
available services. Another possible reason that deters South African women seeking
to safely terminate their pregnancies is that public healthcare providers leave women
feeling degraded and ashamed.
In this thesis, however, I examine the experiences and perspectives of those who are
involved in providing safe and legal abortion services and explore how these providers
navigate the moral ambiguities of a woman’s right to choose. By spending time in
three non-governmental organization healthcare facilities, I reflect on the experiences
of Termination of Pregnancy providers in their everyday life – experiences that are
constituted and mediated by the various collectives with whom they identify and in
which they form their individual moral codes. I do this to understand better how ethical
and moral dilemmas are negotiated and how this shapes the understanding of what it
means to access the right to safe and legal termination of pregnancy.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In 1996 het Suid-Afrikaanse vroue die reg gekry om ‘beheer oor hul liggame’ uit te oefen deur die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap. Dit was baie belangrike vooruitgang vir vroue, aangesien dit die erkenning van voortplantingsregte deur Suid-Afrika se eerste demokraties verkose regering verteenwoordig het. Ondanks die beskikbaarheid van hierdie openbare diens, versoek talle Suid-Afrikaanse vroue in 2018 steeds informele aborsiedienste of betaal om hul swangerskap by privaat gesondheidsorgfasiliteite te laat beëindig. Aangesien die regsraamwerk van bogenoemde wet vroue se reg om hul swangerskap te beëindig, ondersteun, behoort daar min behoefte te wees aan bykomende dienste buite die openbare gesondheidsorgsektor, tog dui die groot hoeveelheid advertensies vir ongeakkrediteerde aborsiedienste wat wyd en syd op die mure van openbare vervoer en lamppale geplak word op die teendeel. Verskeie verduidelikings word voorgehou waarom vroue nie gebruik maak van staatsgoedgekeurde, formele aborsiedienste nie, insluitende sosiale stigmatisering, godsdienstige ontmoediging en gebrek aan kennis van beskikbare dienste. Nog ʼn moontlike rede wat Suid-Afrikaanse vroue daarvan weerhou om hul swangerskap veilig te beëindig, is dat openbare gesondheidsorgverskaffers vroue verneder en skaam laat voel. Hierdie studie het ʼn ondersoek behels na die ervarings en perspektiewe van partye betrokke by die verskaffing van veilige en wettige aborsiedienste en die manier waarop hierdie verskaffers die morele dubbelsinnighede van ʼn vrou se reg om te kies, hanteer. Op grond van tyd deurgebring by die gesondheidsorgfasiliteite van drie nieregeringsorganisasies besin ek oor die ervarings van verskaffers van swangerskapbeëindiging in hul daaglikse lewe – ervarings wat deur die onderskeie gemeenskappe met wie hulle hul vereenselwig en waarin hulle hul individuele morele kodes vorm, saamgestel en bemiddel word. Dit is gedoen in ʼn poging om beter te verstaan hoe etiese en morele dilemmas hanteer word en hoe dit begrip vorm van wat dit beteken om toegang te hê tot veilige en wettige swangerskapbeëindiging.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Choice on Termination of Pregnancy Act (CTOPA) -- South Africa, Abortion -- South Africa, Nursing the stigma, UCTD