Establishing a viable and reliable proton-induced single event effect test methodology and environment at iThemba LABS in South Africa
Date
2020-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This dissertation details the establishment of a new Single-Event Effect (SEE) testing environment at iThemba LABS (iTL). The research intends to improve access to SEE testing for spacerelated research organisations and industries in developing countries and specifically South
Africa. The development and verification of the proton-induced SEE testing of electronic systems facility at iTL, using a novel Beam Loss Monitor (BLM) based dosimetry system, is presented. The facility design and dosimetry system response are simulated and verified through
in-beam measurements using 66 MeV and 200 MeV protons. The design is adaptable and successfully applied to two different beam delivery points. The proton beam profiles achieved,
using this design, had favourable uniformity with variances of less than 10% over the beam
spot and a shadow area of with a maximum intensity of less than 0.34% of the spot intensity. The dual-BLM based dosimetry system provides a fast and accurate way to validate the
beam profile before tests, in addition to monitoring the proton flux during te sts. The system
produced real-time measurements that closely matched simulated particle distributions. Additionally, the presented user guide aims to assist future SEE research at this facility. Through
this research, the first high-energy p roton-beam b ased S EE t esting f acility i n A frica a nd the
Southern hemisphere is realised, supporting research into SEEs in electronics and the associated mitigation techniques.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif detaileer die vestiging van ’n nuwe Enkelgebeurteniseffek (EGE) toetsomgewing by iThemba LABS (iTL). Die navorsing het ten doel gehad om toegang tot EGE-toetse vir ruimte-verwante navorsingsorganisasies en nywerhede in ontwikkelende lande en spesifiek Suid-Afrika te verbeter. Die ontwikkeling en verifikasie v an die p roton-geïnduseerde EGEtoetsing van elektroniese stelsels fasiliteit by iTL, met behulp van ’n nuwe Beam Loss Monitor (BLM) gebaseerde dosimetriestelsel, word aangebied. Die fasiliteit se ontwerp en respons van die dosimetriestelsel word gesimuleer en geverifieer deur bundelmetings op beide 66 MeV en 200 MeV protone. Die ontwerp is aanpasbaar en is suksesvol op twee verskillende bundelafleweringspunte toegepas. Die proton bundelprofiele, behaal deur gebruik te maak van hierdie ontwerp, het ’n goeie eenvormigheid met afwykings van minder as 10% oor die bundelkol en ’n skaduarea met ’n maksimum intensiteit van minder as 0,34% van die kolintensiteit. Die dubbele-BLM gebaseerde dosimetriestelsel bied ’n vinnige en akkurate manier om die bundelprofiel te bevestig voor toetse, bykomend tot die monitering van die protonvloed tydens toetse. Die stelsel het intydse metings gelewer wat ooreenstem met gesimuleerde deeltjieverspreidings. ’n Gebruikersgids word aangebied om toekomstige EGE navorsing by hierdie fasiliteit te ondersteun. Deur middel van hierdie navorsing word die eerste hoë-energie-protonbundelgebaseerde EGE-toetsfasiliteit in Afrika en die Suidelike Halfrond gerealiseer, wat navorsing oor EGEs in elektronika, en die gepaardgaande versagtingstegnieke ondersteun.

Description
Thesis(MEng)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Single event effect, UCTD, Small satellites, Radiation sources, iThemba LABS in South Africa