'n Studie van swangerskapsanemie met spesiale verwysing na die Kaapse kleurling
Date
1965
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Meer as honderd jaar gelede is dit reeds opgemerk dat die vrou
geneig is om anemies te word tydens swangerskap (Nasse 1935). Indien
anemie gedefinieer word as 'n toestand gekenmerk deur 'n hemoglobien of
hematokritwaarde minder as die aanvaarde ondergrens van normaal, is
swangerskap sekerlik een van die mees gewone oorsake van anemie. Nogtans heers daar groot onsekerheid oor die evaluasie van swangerskapsanemie.
Die twyfel kan grotendeels toegeskryf word aan foutiewe veralgemenings
met betrekking tot standaarde wat vir nie-swanger vroue opgestel
is (Hytten en Leitch, 1964).
Meer as tweeduisend jaar gelede is dit reeds geglo dat daar tydens
swangerskap 'n toestand van abnormale bloedrykheid of pletora ontstaan
(Smith 1860). Hierdie hipotese is teen die laaste helfte van die vorige
eeu bevestig deur die diere-eksperimente van Duitse werkers (Spiegelberg
en Gscheideln 1873, Cohnstein 1883), maar dit het terselfdertyd duidelik
geword dat hierdie bloedvolume-vermeerdering grotendeels toegeskryf moes
word aan 'n plasmavolume-toename as gevolg waarvan verdunnings-anemie
ontstaan, (Willcocks 1881, Barnes 1884, Playfair 1878). Hoewel daar
tot onlangs nog werkers was wat hierdie hidremie nie wou aanvaar as 'n
onskuldige verskynsel nie (Benstead en Theobald 1952, Camilleri 1958,
Verloop et al 1959), glo die meeste outoriteite vandag wel aan die
"fisiologiese anemie" van swangerskap (Hytten en Leitch, 1964), en vir
die verloskundige het dit belangrik geword om te weet hoe die perifere
bloedondersoek hierdeur beïnvloed word.
Description
Proefskrif (M.D.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1965.
Keywords
Pregnancy -- Complications, Anemia, Dissertations -- Medicine, UCTD