The occurance of genetic variations in the MYH9 gene and their association with CKD in a mixed South African population
Date
2012-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to investigate the association of the selected MYH9 single nucleotide polymorphisms (SNPs) with chronic kidney disease (CKD) and its related co-morbidities in the South African mixed ancestry population residing in Bellville South, Cape Town. In 2008, two landmark studies identified SNPs in the MYH9 gene which explained most of the increased risk for non-diabetic CKD in African Americans. These polymorphisms were later found to be weakly associated with diabetic nephropathy.
Three SNPs that exhibited independent evidence for association with CKD were selected (rs5756152, rs4821480 and rs12107). These were genotyped using a Taqman genotyping assay on a BioRad MiniOpticon and confirmed by sequencing in 724 subjects from Bellville South, Cape Town, South Africa. Prevalent CKD was defined based on the estimated glomerular filtration rate calculated using the modification of diet in renal disease (MDRD) formula. Chronic kidney disease was present in 214 subjects (29.6%), 96.3% were stage 3 and only 8 subjects were stage 4. In additive allelic models, adjusted for age and gender, rs5756152 demonstrated an association with kidney function whereby each G allele of rs5756152 increased eGFR by 3.67 ml/min/1.73, reduced serum creatinine by 4.5% and increased fasting plasma glucose by 0.51 mmol/L. When an interaction model was used, the effect of rs5756152 on serum creatinine, eGFR and blood glucose levels was retained, and enhanced, but only in diabetic subjects. In addition, rs4821480 T allele increased eGFR while rs12107 A allele decreased glucose levels in diabetic subjects. In contrast to reports that MYH9 SNPs are strongly associated with non-diabetic end stage renal disease, our study demonstrated that rs5756152 and rs4821480 are associated with early kidney function derangements in type 2 diabetes whilst rs12107 is associated with glucose metabolism. Our findings, along with previous reports, suggest that the MYH9 gene may have a broader genetic risk effect on different types of kidney diseases than previously thought.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het ondersoek ingestel na die verband tussen drie gekose MYH9-enkelnukleotied-polimorfismes (SNP’s) en chroniese niersiekte (hierna ‘niersiekte’), wat verwante ko-morbiditeite insluit, onder ’n Suid-Afrikaanse populasie van gemengde afkoms in Bellville-Suid, Kaapstad. Twee rigpuntstudies het in 2008 op SNP’s in die MYH9-geen afgekom wat verklaar het waarom Afro-Amerikaners ’n hoër risiko vir niediabetiese niersiekte toon. Later is bevind dat hierdie polimorfismes ook ’n swak verband met diabetiese nefropatie het. Drie SNP’s wat elk onafhanklik bewys gelewer het van ’n verband met niersiekte is vervolgens gekies (rs5756152, rs4821480 en rs12107). Die SNP’s is daarná met behulp van die Taqman-toets op ’n BioRad MiniOpticon aan genotipering onderwerp, en is toe deur middel van reeksbepaling by 724 proefpersone van Bellville-Suid, Kaapstad, Suid-Afrika, bevestig. Die voorkoms van niersiekte is bepaal op grond van die geraamde glomerulêre filtrasietempo (eGFR), wat aan die hand van die ‘niersiekte-dieetveranderings’- (MDRD-)formule bereken is. Daar is bevind dat 214 proefpersone (29,6%) aan chroniese niersiekte ly – 96,3% was in fase 3 en slegs agt proefpersone in fase 4. In toegevoegde alleliese modelle wat vir ouderdom en geslag aangepas is, het rs5756152 ’n verband met nierfunksie getoon: Elke G-allel van rs5756152 het eGFR met 3,67 ml/min/1,73 verhoog, serumkreatinien met 4,5% verlaag en vastende plasmaglukose met 0,51 mmol/L verhoog. Toe ’n interaksiemodel gebruik is, is die effek van rs5756152 op serumkreatinien, eGFR en bloedglukosevlakke behou en versterk, hoewel slegs by diabetiese proefpersone. Daarbenewens het die T-allel van rs4821480 eGFR verhoog, terwyl die A-allel van rs12107 ook glukosevlakke by diabetiese proefpersone verlaag het. In teenstelling met bewerings dat MYH9-SNP’s ’n sterk verband met niediabetiese eindstadiumniersiekte toon, het hierdie studie bewys dat rs5756152 en rs4821480 met vroeë nierfunksieversteurings by tipe 2-diabetes verband hou, terwyl rs12107 weer met glukosemetabolisme verbind word. Tesame met vorige studies, doen hierdie navorsingsbevindinge dus aan die hand dat die MYH9-geen dalk ’n groter genetiese risiko-effek op verskillende tipes niersiekte het as wat voorheen vermoed is.

Description
Thesis (MScMedSc)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Chronic kidney disease -- Genetic aspects -- South Africa -- Western Cape, MYH9, Single nucleotide polymorphisms, Theses -- Medicine, Dissertations -- Medicine, Theses -- Pathology, Dissertations -- Pathology, Kidney diseases -- Diagnosis, Kidney diseases -- Treatment