’n Ondersoek na die verband tussen taalangstigheid en taalaanleerstrategieë onder Afrikaanstweedetaalstudente aan die Universiteit Stellenbosch
Date
2022-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study can be divided into two components, namely language anxiety and language
learning strategies. Language anxiety refers to anxiety that arises when one is learning a second
or a foreign language. It is a specific type of anxiety that is limited to the second language
classroom. Language and “the self” are closely related and the inability to communicate in a
second or a foreign language is a threat to “the self”, therefore leading to language anxiety.
Language anxiety can be successfully treated using various techniques. An example of such a
technique is the use of language learning strategies. Language learning strategies are different
strategies that one can use to relieve language anxiety when learning a second or a foreign
language. Oxford (1990) has identified 62 of these strategies that can be applied when learning
a second or foreign language.
In this study, two questionnaires were distributed to 34 participants at the Department of
Afrikaans and Dutch at Stellenbosch University. The participants took Afrikaans as a First
Additional Language in school and are currently registered as students of the Afrikaanse
Taalverwerwing module 188 as well as for the modules Afrikaans Eerste Addisionele Taal 177
and 179 which are for second-language speakers of Afrikaans. The first questionnaire
investigated language anxiety and the second questionnaire investigated the use of language
learning strategies. The study aimed to determine whether there is a link between the
participants’ language anxiety and their use of language learning strategies.
The findings show that the participants do not experience exceptionally high levels of language
anxiety. They also show moderate application of language learning strategies. The study did
not find an apparent link between the participants’ language anxiety and their language learning
strategies.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie word in twee komponente verdeel , naamlik taalangstigheid en taalaanleerstrategieë. Taalangstigheid hou verband met die angs wat gepaard gaan met die aanleer van ’n tweede of vreemde taal. Dit is ’n spesifieke angs wat tot die tweedetaalklaskamer beperk is. Taal en die “self” is baie nou verbind aan mekaar en dus is die onvermoë om in ’n tweede taal of vreemde taal te kan kommunikeer ’n bedreiging vir “die self”. Hierdie bedreiging lei dan tot taalangstigheid. Taalangstigheid kan suksesvol beheer word deur ’n verskeidenheid tegnieke waarvan een die gebruik van taalaanleerstrategieë is. Taalaanleerstrategieë is verskillende strategieë wat iemand kan toepas wanneer ’n tweede of ’n vreemde taal aangeleer word. Oxford (1990) het 62 sulke strategieë geïdentifiseer wat taalaanleerders kan toepas om die aanleer van ’n tweede of vreemde taal te verbeter. In die studie het ek twee vraelyste aan 34 deelnemers verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit Stellenbosch gestuur. Die deelnemers het almal Afrikaans Eerste Addisionele taal as vak op skool geneem en is geregistreer vir die Afrikaanse Taalverwerwingsmodule 188 en vir die modules Afrikaanse Eerste Addisionele Taal 177 en 179 wat vir tweedetaalsprekers van Afrikaans is. Die eerste vraelys het taalangstigheid getoets en die tweede vraelys taalaanleerstrategieë. Die doel van die studie was om te bepaal of daar ’n verband tussen deelnemers se taalangstigheid en hulle gebruik van taalaanleerstrategieë is. Daar is bevind dat die deelnemers nie buitengewoon hoë vlakke van taalangs beleef nie. Deelnemers maak ook redelik gebruik van taalaanleerstrategieë. Die studie het bevind dat daar nie ’n sterk verband bestaan tussen die deelnemers se taalangstigheid en taalaanleerstrategieë nie.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Interlanguage (Language learning) -- Psychological aspects, Language anxiety, Language learning strategies, Second language acquisition -- Methodology, UCTD