Student academic underpreparedness at some technikons in South Africa
Date
2003-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The study investigates the problem of student academic underpreparedness (SAU),
which constitutes one of the hindrances to academic success at technikons, at five
technikons in SA.
The research design and methodology outlined in Chapter 1 identify three subproblems
as underpinning SAU. Subproblem one lists six SAU subtypes. The sixth subtype, in
particular, was identified as a critical one in that it can perpetuate a regressionary
etiology of a cycle of failure at school and technikon. Subproblem two postulates that
technikon pre-entry selection criteria make implicit assumptions about student
underpreparedness.
Chapter 2 reviews salient literature on second language (English) acquisition (SLA) and
the acquisition of scientific concepts or higher order thinking skills. Chapter 3 reviews
contemporary literature on SAU reversal of academic and vocational skill impairment.
The argument is presented that recognition of prior learning (RPL) experience should be
extended to an acknowledgement of students' indigenous knowledge systems (lKS).
Empirical data were gathered from five technikons, two from the Western Cape, two
from the Eastern Cape and one from KwaZulu Natal. Quantitative and qualitative
research survey methodologies were employed to gather and analyse data. Methods
used were a questionnaire on student learning administered to students and interviews with technikon staff. Chapter 5 discusses the data presented in Chapter 4 in relation to
the problems and hypotheses postulated in Chapter 1, as well as to second language
acquisition (SLA) and scientific or higher order thinking skills acquisition. Chapter 6
reports on the findings and makes recommendations for future research. Since it
seems that proximal (intrinsic) underpreparedness has a substantial effect on SAU, a
longitudinal study should be undertaken so that an academic underpreparedness
indicator (AUI) can be designed. Concerted expert mediation of academic tasks and
\
strategies should be provided since these play a critical role in developing students'
capacity for successful performance at technikon level.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die probleem van akademiese ondervoorbereidheid van studente (afgekort AOS) vir studie aan 'n technikon soos dit in vyf technikons in Suid- Afrika aangetref word. Hierdie ondervoorbereidheid is een van die struikelblokke tot akademiese sukses. In Hoofstuk 1 word die navorsingsontwerp en metodologie uiteengesit. Drie subprobleme wat onderliggend is aan AOS word geïdentifiseer. Subprobleem een bestaan op sy beurt uit ses AOS-subtipes. Die sesde subtipe word as van kritieke belang beskou omdat dit 'n regressiewe, sikliese patroon van mislukking op skool en aan die technikon verstewig. Die tweede subprobleem gaan van die veronderstelling uit dat die toelatingskriteria van 'n technikon implisiete aannames oor AOS maak. Hoofstuk 2 verskaf 'n oorsig oor relevante literatuur oor tweedetaalverwerwing (Engels) en die verwerwing van wetenskaplike konsepte of hoërorde-denkvaardighede. In Hoofstuk 3 word 'n oorsig gegee van kontemporêre literatuur oor AOS en wyses waarop gebrekkige akademiese en beroepsgerigte vaardighede reggestel kan word. Daar word aangevoer dat die erkenning van vorige leerervarings uitgebrei behoort te word om ook die erkenning van studente se kultuureie kennissisteme in te sluit. Empiriese data is by vyf technikons in Suid-Afrika ingesamel: twee in die Wes-Kaap, twee in die Oos-Kaap en een in KwaZulu Natal. Kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe navorsingsmetodes is gebruik om die data in te samel en te analiseer. Studente aan die technikons het vraelyste ingevul oor studenteleer en onderhoude is met personeellede gevoer. Hierdie data word in Hoofstuk 4 aangebied. In Hoofstuk 5 word die data bespreek teen die agtergrond van die probleme en hipoteses soos in Hoofstuk 1 beskryf, asook teen die agtergrond van tweedetaalverwerwing en wetenskaplike of hoërorde-denkvaardighede soos uiteengesit in Hoofstuk 2. Bevindinge en aanbevelings vir verdere navorsing word in Hoofstuk 6 aangebied. Aangesien dit lyk asof intrinsieke ondervoorbereidheid 'n substansiële uitwerking op AOS het, behoort 'n longitudinale studie onderneem te word met die doel om 'n indikator vir akademiese ondervoorbereidheid (lAO) te ontwerp. Goed georkestreerde en kundige mediasie van akademiese take en strategieë behoort voorsien te word aangesien hierdie faktore 'n deurslaggewende rol speel in die ontwikkeling van studente se vermoë om suksesvol op technikonvlak te presteer.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Education, Higher -- South Africa -- Evaluation, Technical education -- South Africa, College students with disabilities -- South Africa, College students with disabilities -- Education, Dissertations -- Education