2020-12-31 The role of student feedback in university teaching at a research-led university
Date
2016-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT : Student feedback is widely accepted as a useful source of information about the
quality of teaching and as a potential professional learning tool to enhance
university teachers’ teaching. A review of the literature, however, revealed a
shortage of systematic research about how student feedback influences university
teachers’ teaching practices. A similar gap in knowledge was identified at
Stellenbosch University. Preliminary studies at this institution indicated dissonance
between university teachers’ perceptions of the potential value of student feedback
and how they actually made use of student feedback in their teaching. In researchled
university contexts, teaching is often perceived to have lower status than
research. This study therefore set out to explore how university teachers at this
particular research-led institution experienced the role of student feedback in their
teaching.
A case-study research design was followed, with the potential relationship between
student feedback and university teaching practice at a research-led university
constituting the unit of analysis. Qualitative data was generated by way of semistructured
interviews with 16 purposely selected university teachers. Institutional
policies relating to student feedback, teaching and learning and human resource
management were also included as secondary sources of data to ascertain how
university teachers’ experiences of student feedback related to institutional policy
directives. Activity theory was used as analytical framework to interrogate the data.
The findings of the study indicate that the research-led context at Stellenbosch
University plays a significant role in how university teachers experience and
respond to student feedback. The perceptions of research being more valued than
teaching in terms of recognition and rewards, limits the optimal use of student
feedback for the purpose of improving teaching. Raising the stature of teaching
would thus be a necessary requirement for promoting the use of student feedback
to improve teaching.
Furthermore, the potential role of student feedback in university teaching practice
at Stellenbosch is influenced by other subsystems, in particular the performance
appraisal system. A concerted effort should be made at institutional level to come to a common understanding of what good teaching is considered to be. In the
absence of such a common understanding, the growing culture of performativity
has led to student feedback being reduced to a mere quantitative measure of the
quality of teaching in many cases.
Since mid-level university management carries the biggest responsibility for
managing the performance appraisal processes in academic departments, they
also exert a significant influence on how university teachers would use student
feedback for professional learning and the enhancement of their teaching. The
diverse practices followed by mid-level managers in the various academic
departments represented in this study further pointed to the possible need for a
guiding framework to support an ethics of practice approach to the use of student
feedback.
Based on its findings, this study is considered to have made a contribution to the
body of knowledge regarding the contextual and relational nature of student
feedback, particularly within a research-led university context.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Studenteterugvoer word algemeen aanvaar as ‘n nuttige bron van inligting oor die gehalte van onderrig en as ’n potensiële meganisme vir professionele leer ten einde die gehalte van dosente se onderrig te verbeter. ‘n Oorsig oor toepaslike literatuur het egter gedui op ‘n gebrek aan sistematiese navorsing oor hoe studenteterugvoer dosente se onderrigpraktyke beïnvloed. ‘n Soortgelyke kennisgaping is by Universiteit Stellenbosch geïdentifiseer. Voorafgaande studies aan hierdie universiteit het gedui op ‘n teenstrydigheid tussen dosente se persepsies oor die potensiële waarde van studenteterugvoer en hoe hulle in werklikheid van studenteterugvoer gebruik maak in hul onderrig. In navorsingsgerigte universiteitskontekste, word die status van onderrig dikwels beskou as laer as dié van navorsing Hierdie studie was dus daarop gemik om ondersoek in te stel na hoe dosente by hierdie spesifieke navorsingsgerigte instansie die rol van studenteterugvoer in hul onderrig ervaar. ‘n Gevallestudie is as navorsingsontwerp gebruik, met die potensiële verwantskap tussen studenteterugvoer en onderrigpraktyke aan ‘n navorsingsgerigte universiteit as eenheid van analise. Kwalitatiewe data is genereer deur middel van semigestruktureerde onderhoude met 16 doelbewustelik geselekteerde dosente. Verder is institusionele beleide ten opsigte van studenteterugvoer, leer en onderrig en menslike hulpbronnebestuur as sekondêre bronne van data ingesluit ten einde vas te stel hoe dosente se ervarings van studenteterugvoer aansluiting gevind het by institusionele beleidsriglyne. Aktiwiteitsteorie is as analitiese raamwerk gebruik om die data te ondersoek. Die bevindinge van die studie dui daarop dat die navorsingsgerigte konteks by Stellenbosch Universiteit ‘n beduidende rol speel in hoe dosente studenteterugvoer ervaar en daarop reageer. Persepsies dat navorsing van hoër waarde geag word as onderrig in terme van erkenning en beloning, belemmer die optimale benutting van studenteterugvoer vir die verbetering van onderrig. Bevordering van die statuur van onderrig blyk dus ‘n noodsaaklike voorvereiste te wees vir meer optimale gebruik van studenteterugvoer as meganisme om onderrig te verbeter. Verder word die potensiële rol van studenteterugvoer beïnvloed deur ander sisteme, veral die prestasiebeoordelingstelsel. ‘n Daadwerklike poging sal op institusionele vlak aangewend moet word om ‘n gedeelde begrip te ontwikkel van wat as goeie onderrig beskou word. In die afwesigheid van so ‘n gedeelde begrip veroorsaak die groeiende kultuur van prestasiegerigtheid dat studenteterugvoer dikwels tot ‘n blote kwantitatiewe meeting van die gehalte van onderrig gereduseer word. Aangesien middelvlak-universiteitsbestuur die grootste verantwoordelikheid dra vir die bestuur van prestasiebeoordelingsprosesse in akademiese departemente, oefen hulle ‘n beduidende invloed uit op hoe dosente studenteterugvoer vir professionele leer en die bevordering van hul onderrig gebruik. Die middelvlakbestuurders in die onderskeie akademiese departemente in hierdie studie het uiteenlopende praktyke toegepas in die benutting van studenteterugvoer gedurende prestasiebeoordelingsprosesse. Dit het gedui op die moontlike behoefte aan ‘n riglynraamwerk wat etiese praktyke ten opsigte van die gebruik van studenteterugvoer kan ondersteun. Op grond van die bevindinge word hierdie studie geag om ‘n bydrae te lewer tot die kennisveld met betrekking tot die kontekstuele en relasionele aard van studenteterugvoer, veral binne ‘n navorsingsgerigte universteitskonteks.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2016
Keywords
Lectures and lecturing -- South Africa -- Western Cape, Stellenbosch university -- Teaching, Lecturers -- Preceptions, Feedback (Psychology), UCTD, Lecturing -- Student feedback