Exploring the tensions, pressures and transformations of urban rivers through a social lens : the case study of the Kuils River in the Western Cape, South Africa
Date
2022-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: In the past, urban river restoration studies have prioritised economic, ecological and natural science perspectives and rather neglected social, cultural and political perspectives. However, with the rapid deterioration and degradation of urban rivers due to anthropogenic factors amongst many others, there has been an increase in researchers who have called for the incorporation of the social sciences and the perspectives, values and desires of social actors. Since the beginning of time, people have always been co-dependent with natural resources and water has not been exempted. Therefore, through a critical analysis of empirical and non-empirical data, the study explored the following:
The restoration of urban rivers from a socio-ecological perspective through the application of the wicked systems theories. According to research, wicked systems theories consists of a combination of complicated and complex factors. The complicated aspect refers to the institutions which are involved in a system while complex factors refer to social dynamics. The Kuils River case study has become a wicked problem and therefore this was the most applicable theory which could be used to unpack the different components of the case study.
The study also explored local natural resource management theories, namely, the Community-Based Natural Resource Management (CBNRM) and Adaptive (Co) Management theories. Governance and management practices play a major role in shaping the desired state of the river, and there are also the roles of other stakeholders. Therefore, it is important for this study to explore and apply governance perspectives to the case study. In the final instance, the study aimed at filling a gap with regards to the lack of representation of social actors in river restoration in the past. This was done through highlighting the opinions, perspectives, values and uses social actors had for urban rivers. And also, through comparing recurring themes which came up during the literature review and theoretical frameworks in relation to management approaches with data contributed by the participants which were interviewed. This study found that most of the points which were raised by the interview participants corroborated with the research objects, as well as other existing information from previous research studies. The participants also raised new information which has subsequently been included in the findings and recommendation sections of this thesis.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die verlede het studies oor stedelike rivierherstel ekonomiese, ekologiese en natuurwetenskaplike perspektiewe geprioritiseer en sosiale, kulturele en politieke perspektiewe verwaarloos. Met die vinnige verwaarlosing en agteruitgang van stedelike riviere weens, onder andere, antropogeniese faktore, was daar 'n toename in navorsers wat aangedring het op die inkorporering van die sosiale wetenskappe en die perspektiewe, waardes en wense van alle rolspelers. Sedert die begin van tyd is mense nog altyd strykdeur mede-afhanklik van natuurlike hulpbronne en water was deurentyd deel van die geheel-prentjie. Deur 'n kritiese ontleding van beide kwantitatiewe en kwalitatiewe data het die studie die volgende ondersoek: Die herstel van stedelike riviere, uit 'n sosio-ekologiese perspektief beskou, deur die toepassing van stelselteorie. Die teorie bestaan uit 'n kombinasie van ingewikkelde en komplekse faktore. Die ingewikkelde aspek verwys na die instellings wat by 'n stelsel betrokke is en komplekse faktore verwys na sosiale dinamika. Die Kuilsrivier-gevallestudie het 'n ekstreme probleem geword en juis daarom was dit die mees toepaslike teorie wat aangewend kon word om die verskillende komponente van die gevallestudie van nader toe te lig. Die studie het ook plaaslike natuurlike hulpbronbestuursteoriee ondersoek, soos die Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur (CBNRM) en Adaptive (Co) mede-bestuursteoriee. Bestuur en bestuurspraktyke speel 'n vername rol in die totstandkoming van ’n gewenste uitkoms vir die rivier, en dan is daar ook die aandeel wat ander belanghebbendes daarin het. Derhalwe is dit belangrik vir hierdie studie om bestuursperspektiewe ten opsigte van ‘n gevallestudie te verken en toe te pas. Ten slotte het die studie ook gemik om 'n leemte te vul met betrekking tot die gebrek aan verteenwoordiging van rolspelers in die herstel van die rivier in die verlede. Dit is gedoen deur die menings, perspektiewe, waardes en gebruike wat rolspelers oor stedelike riviere gehad het, uit te lig. En ook deur temas, wat met die literatuuroorsig na vore gekom het en teoretiese raamwerke, te vergelyk met data wat deur die deelnemers, met wie onderhoude gevoer is, bygedra is. Daar is bevind dat die meeste van die punte wat deur die deelnemers aan die onderhoud geopper is, met die navorsingsvoorwerpe sowel as ander bestaande inligting uit vorige navorsingstudies, ooreengestem het. Die deelnemers het ook nuwe inligting gemeld wat ook in hierdie tesis ingesluit is.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Restoration ecology -- Western Cape (South Africa), Urban runoff -- Management -- Western Cape (South Africa), Water -- Pollution -- Western Cape (South Africa), UCTD