Digital twin paradigms towards monitoring insights for deep aquifer pumps
Date
2023-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Digital twins promise improved decision support by entangling sensor feeds from real assets with digital models to inform on the asset state and behaviour. By leveraging this entanglement, fault detection and diagnosis can be augmented. Digital means can increase the “visibility” of underground water infrastructure through immersive visualisations and virtual sensors. Data-driven monitoring and anomaly detection could assist in improved management of unwanted emergent asset behaviour. The potential value of digital twin paradigms in monitoring deep aquifer water abstraction systems is evaluated within the context of a case study on a series of borehole pumps. Five of the progressive cavity pumps failed shortly after installation, with no meaningful variation in the control data to prompt the onset of any anomalies. The failures point out that human operators could be assisted through vigilant tools that effectively monitor the state of the mechanical equipment. Though a significant amount of data is being collected by the existing control and monitoring system, it became clear that the presentation of this data to operators was not conducive to predicting failure, or even identifying faulty behaviour. The question arises if the existing control measurements may deliver additional value with regard to fault and failure detection if digital models and/or additional sensors were added with well-considered design intent. Through an in-depth analysis of available historical operational data, the possibility of using the current control data compared to a virtual model of expected behaviour and performance to warn of faults or failure is explored. Improved understanding of the effects of operation under particular circumstances can assist operators in identifying when a pump is operating abnormally and possibly predict failure. To optimise the value of the monitoring tool, preference is given to using the existing measurements more effectively, rather than adding additional sensors. A real-time monitoring tool is developed based on the analysis of the historical operational data that places the operation of each pump in the context of its expected performance. The expected performance is quantified from various sources, including the published pump performance curves, the design duty point of each pump, some physics-based performance models, and the expected movement of the measured parameters in relation to one another. The monitoring tool takes the form of a dashboard that reads the data in real time as it is published by a simulated pump control system, and presents the current performance of the pump in the context of its expected performance. This greatly simplifies the task of detecting anomalous operation as opposed to the current monitoring system, which relies on operators to identify concerning behaviour from absolute values and limited trending of measurements over time. Thus, some “digital visibility” of the operation of the pump is granted, and operators have access to additional insight concerning the state of the asset. Applying digital twin paradigms to enhance monitoring of the underground infrastructure presents the opportunity to warn of operational anomalies and provide decision support for the necessary maintenance.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Digitale tweelinge beloof verbeterde ondersteuning van besluite deur sensorvoer van werklike bates met digitale modelle te vervleg om inligting oor die bates se toestand en gedrag te verskaf. Deur van hierdie vervlegging gebruik te maak kan foutopsporing en -diagnose versterk word. Die digitale tweeling tegnologie het die potensiaal om die “sigbaarheid” van ondergrondse waterinfrastruktuur te verhoog deur lewensgetroue visualisering en virtuele sensors. Data-gedrewe monitering en anomaliedeteksie kan help om die bestuur van ongewenste bategedrag te verbeter. Die potensiële waarde van digitale tweeling denkpatrone in die monitering van diep akwifer wateronttrekkingsisteme word binne die konteks van ’n gevallestudie oor ’n reeks boorgatpompe geëvalueer. Vyf van die progressiewe holtepompe het kort ná installasie gefaal, sonder betekenisvolle variasie in die beheerdata om die aanvang van enige afwykende gedrag aan te dui. Die falings dui daarop dat menslike operateurs deur waaksame gereedskap, wat die toestand van die meganiese toerusting effektief monitor, bygestaan kan word. Alhoewel ’n aansienlike hoeveelheid data deur die bestaande beheer- en moniteringstelsel versamel word, het dit duidelik geword dat die aanbieding van hierdie data aan operateurs nie bevorderlik is om foute te voorspel of selfs moontlike fout-veroorsakende gedrag te identifiseer nie. Die vraag het ontstaan of die bestaande beheermetings aanvullende waarde kan bied met betrekking tot foutopsporing as digitale modelle en/of addisionele sensors bygevoeg sou word met weldeurdagte ontwerp-voornemens. Die moontlike gebruik van huidige beheerdata om van foute te waarsku word deur ’n diepgaande analise ondersoek. Daar word vasgestel of huidige beheerdata vir foutopsporing ingespan kan word deur dit met ’n virtuele model van verwagte gedrag te vergelyk. Verbeterde begrip van die effekte van bedryf onder bepaalde omstandighede kan operateurs help om te identifiseer wanneer ’n pomp abnormale gedrag toon en moontlik faling voorspel. Voorkeur word gegee aan die effektiewe gebruik van die bestaande metings eerder as om addisionele sensors by te voeg, om die waarde van die moniteringsisteem to optimeer. ’n Intydse moniteringinstrument is ontwikkel op grond van die analise van die historiese operasionele data wat die bedryf van elke pomp in die konteks van die verwagte werkverrigting plaas. Die verwagte optrede word gekwantifiseer uit verskeie bronne, insluitend die gepubliseerde pomp werkverrigting-kurwes, die ontwerp-dienspunt van elke pomp, ’n paar fisika-gebaseerde prestasiemodelle, en die verwagte beweging van die gemeete parameters in verhouding tot mekaar. Die moniteringsisteem neem die vorm van ’n paneelbord aan wat die data intyds lees soos dit deur ’n gesimuleerde pompbeheerstelsel gepubliseer word, en stel die huidige optrede van die pomp in die konteks van die verwagte optrede voor. Dit vereenvoudig die opsporing van abnormale optrede in teenstelling met die huidige moniteringstelsel, wat afhanklik is van operateurs om kommerwekkende optrede uit absolute waardes en beperkte tendense van metings oor tyd te identifiseer. Dus word ’n mate van “digitale sigbaarheid” tydens die werking van die pomp verleen, en operateurs het toegang tot addisionele insig oor die toestand van die toerusting. Die toepassing van digitale tweeling denkpatrone om die monitering van ondergrondse infrastruktuur te verbeter bied die geleentheid om operasionele afwykings sigbaar te maak sodat gebrekkige werkverrigting opgelet kan word.

Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2023.