A case study of the use of code-blending by a bimodal bi-/multilingual deaf family
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: When children, either deaf or hearing, are exposed to a spoken language and a signed language, they often become bimodal bilinguals. Bimodal bilinguals are able to produce both speech and sign at the same time, as the two modalities allow for the simultaneous production of two languages. This is known as code-blending. This study examines the language practices of a bimodal bi-/multilingual family, focusing on the phenomena of code-blending and code-switching. The current thesis examines the dinnertime conversations of a deaf family from Worcester, which includes deaf parents and two hearing twin girls (aged 9). All participants are bimodal multilinguals. The study involves the analysis of the family’s code choices (code-blending and code-switching patterns) during approximately one hour of recorded dinnertime interaction. Utterances which showed evidence of code-blending and code-switching were analysed. Coding was done according the turns each participant produced. There has been very limited studies on either bimodal bi-/multilingualism, or code-blending in bimodal bi-/multilingual families, especially in the South African context. The present study aims to provide a description on the linguistic choices of the hearing children of deaf adults (CODAs). Examining the bimodal bi-/multilingual family interactions during dinnertime has shown that the children and parents prefer to communicate in their dominant mode, Afrikaans and SASL respectively. When communicating with their parents, the children rather code-blend than code-switch fully into SASL This result is similar to previous research, as it shows the same preference, in which the children code-blend more than code-switch. Albeit with a small number of participants, the results have given some insight into the patterns of code-blending and code-switching in bimodal bi-/multilingual families.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Wanneer kinders, hetsy doof of horend, aan 'n gesproke taal en 'n gebaretaal blootgestel word, word hulle dikwels bimodale tweetaliges. Bimodale tweetaliges is in staat om beide spraak en gebare op dieselfde tyd te produseer, aangesien die twee modaliteite die gelyktydige produksie van twee tale moontlik maak. Dit staan bekend as kodevermenging. Hierdie studie ondersoek die taalpraktyke van 'n bimodale twee-/meertalige gesin, met die fokus op die verskynsels van kodevermenging en kodewisseling. Die huidige tesis ondersoek die aandetegesprekke van 'n dowe gesin van Worcester, wat dowe ouers en twee horende tweelingmeisies (9 jaar oud) insluit. Alle deelnemers is bimodale veeltaliges. Die studie behels die ontleding van die gesin se kodekeuses (kodevermenging en kodewisselingspatrone) gedurende ongeveer een uur van opgeneemde aandetetydinteraksie. Uiting wat bewyse van kodevermenging en kodewisseling getoon het, is ontleed. Kodering is gedoen volgens die beurte wat elke deelnemer geneem het. Daar is baie beperkte studies oor óf bimodale twee-/veeltaligheid, óf kodevermenging in bimodale twee-/meertalige gesinne, veral in die Suid-Afrikaanse konteks. Die huidige studie het ten doel om 'n beskrywing te verskaf oor die linguistiese keuses van die horende kinders van dowe volwassenes (sogenaamde CODA's). Die ondersoek van die bimodale twee-/meertalige gesinsinteraksies tydens etenstyd het getoon dat die kinders en ouers verkies om in hul dominante modus, onderskeidelik Afrikaans en SASL, te kommunikeer. Wanneer daar met hul ouers gekommunikeer word, gebruik die kinders eerder kodevermenging as om volledig na SASL oor te skakel. Hierdie resultaat is soortgelyk aan vorige navorsing, aangesien dit dieselfde voorkeur toon, waarin die kinders meer kodevermeng as kodewissel. Alhoewel dit 'n klein aantal deelnemers insluit, het die resultate 'n mate van insig gegee in die patrone van kodevermenging en kodewisseling in bimodale twee-/veeltalige gesinne.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2024.