Remembering erasure: reconstructions of first world war memory in William Kentridge’s the head & the load and David Diop’s at night all blood is black
Date
2023-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This dissertation is concerned with artistic representations of accounts largely erased from
official memory of the First World War: the perspectives of African soldiers and carriers. It
thinks through the ways in which the arts can play a role in bringing these previously
unacknowledged voices into the foreground, thereby contributing to collective memory of a
historical event. An interdisciplinary endeavour straddling the fields of musicological and
literary studies, this project comprises a close reading of the stage production, The Head & the
Load (directed by William Kentridge, with music by Philip Miller and Thuthuka Sibisi) and the
novel, At night all blood is black, by French author David Diop. The former commemorates porters
recruited in colonial Africa, aiming to acknowledge their contributions to the war effort and to
recognise their suffering. The latter reimagines the familiar setting of the trenches through the
eyes of a Senegalese colonial soldier. Both works debuted in 2018, the year of widespread
celebrations of the centenary of the Armistice. Through intertwining the history of colonialism
with that of the Great War, the shift of perspective in The Head & the Load and At night all blood
is black reveals layers of ambiguity that are traditionally excluded from First World War
narratives. The analysis is organised thematically. The first chapter addresses the much-debated
issue of the ethics involved in the aesthetic representation of others’ traumatic experiences. I
critically regard the aesthetic strategy of fragmentation employed in both works, and, following
historian Dominick LaCapra’s critiques of this aesthetic strategy, I consider the extent to which
these works achieve his ideal ethical position of ‘empathic unsettlement’. The second chapter
examines these works’ portrayal of colonial relations within the context of the First World War:
both The Head & the Load and At night all blood is black comment on the colonial system as one of
dehumanisation and exploitation. Chapter 3 explores the presence of laughter, which I link to
questions of power and agency. The Head & the Load employs humorous satire as an instance of the
Bakhtinian carnivalesque – a symbolic revolt against colonial authority. In contrast, in At night
all blood is black, laughter suggests powerlessness in the face of extraordinarily intense
experiences. I conclude by considering the limitations of art when pressed into the service of
social justice and historical redress.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek voorstellings van perspektiewe wat grootendeels weggelaat is uit standaardvertellings van die Eerste Wêreldoorlog, spesifiek dié van soldate en draers afkomstig uit Afrika. Dit besin oor die maniere waarop kreatiewe werk ʼn rol kan speel om hierdie perspektiewe op die voorgrond te stel. Die interdissiplinêre benadering wat gevolg word steun onderskeidelik op musiekstudies en literêre studies: gedetailleerde analises van die teaterstuk, The Head & the Load (vervaardig deur William Kentridge, met musiek deur Philip Miller en Thuthuka Sibisi) en die roman, At night all blood is black, deur die Franse skrywer David Diop. The Head & the Load herdenk portiere wat in koloniale Afrika ongenaakbare arbeid moes onderneem, met die doel om hul bydraes tot die Europese oorlogspoging sigbaar te maak en hul lyding te erken. Diop se roman volg ʼn Senegalese soldaat se vertelling van sy ervarings in die Europese loopgrawe. Beide werke het in 2018 verskyn, die eeufeesviering van die Wapenstilstand wat die Eerste Wêreldoorlog tot ʼn einde gebring het. Die analise is tematies van aard. Die eerste hoofstuk spreek die etiese brandpunte rondom estetiese verteenwoordigings van traumatiese ervarings aan. Ek bespreek die estetiese strategie van fragmentasie wat in beide werke gebruik word. Belig deur historikus Dominick LaCapra se kritiek teenoor fragmentasie, bevraagteken ek die mate waartoe hierdie werke sy ideale etiese posisie van ‘empatiese onhutsing (‘empathic unsettlement’) vergestalt. Die tweede hoofstuk beskou uitbeeldings van koloniale verhoudinge binne die konteks van die Eerste Wêreldoorlog: beide The Head & the Load en At night all blood is black verteenwoordig die koloniale stelsel as een van onmenslikheid en uitbuiting. Hoofstuk 3 besin oor die maniere waarop lag gebruik word in albei werke, wat indringende vrae stel rondom mag en weerstand. The Head & the Load gebruik humoristiese satire as ʼn voorbeeld van Bakhtin se carnivalesque – simboliese opstand teen koloniale gesag. Aan die anderkant, is die handeling van lag in At night all blood is black beduidend van magteloosheid in die belewenis aanskoue van buitengewoon intense ervarings. Die tesis sluit af met ‘n besinning oor die beperkinge van kuns as sosiale geregtigheid en historiese regstelling.

Description
Thesis (MMus)--Stellenbosch University, 2023.