Debt conversion involving preference shares : investigating the application of section 7C of the South African Income Tax Act

Date
2020-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Debt conversion is an arrangement in terms of which debt is converted into equity. Debt conversion is not limited to ordinary shares and could also involve preference shares. Section 7C of the Income Tax Act, No. 58 of 1962, as amended (hereafter referred to as ‘the Act’) requires the provision of a loan, an advance or credit before the section can be applied. Preference shares applied in debt conversion transactions could be used as a possible means of avoiding section 7C of the Act, as the conversion to equity would result in there no longer being a loan, an advance or credit. The objective of this research assignment was to investigate whether different types of preference shares issued in debt conversion transactions could be argued as similar to a loan, an advance or credit, and thus merit an argument in favour of the application of section 7C of the Act. The substance over form doctrine served as a basis for the study which investigated whether different preference shares (equity in nature) could be argued as constituting a loan, an advance or credit (debt in nature). The characteristics of the different types of preference shares were therefore compared to the characteristics of a loan, an advance and credit in order to argue which types of preference shares could be deemed similar to a loan, an advance and credit. As the words ‘loan’, ‘advance’ and ‘credit’ are undefined in the Act, the meaning of these words was investigated and applied in formulating the characteristics of a loan, an advance and credit. The characteristics of different types of preference shares (redeemable, cumulative and convertible) were then investigated and a comparison was drawn between the characteristics of the different types of preference shares and the characteristics of a loan, an advance and credit. Based on the comparison, it was found that redeemable and cumulative preference shares had the most characteristics in common with a loan, an advance and credit. Convertible preference shares were found to have the least characteristics in common with a loan, an advance and credit. Furthermore, only redeemable preference shares were also classified as hybrid equity instruments as contemplated in the Act. The overall conclusion of this study is a recommendation to include redeemable preference shares within the scope of section 7C of the Act. This recommendation would require consultation with various stakeholders before changes can be made to section 7C. Further consideration could also be given to insert definitions of a ‘loan’, an ‘advance’ and ‘credit’ in section 7C of the Act in order to aid interpretation and provide clarity on when section 7C will apply.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Skuldomsetting is ’n reeling ingevolge waarvan skuld in ekwiteit omgesit word. Skuldomsetting is nie tot gewone aandele beperk nie en kan ook voorkeuraandele insluit. Artikel 7C van die Inkomstebelastingwet, No. 58 van 1962, soos gewysig (vervolgens na verwys as die Wet), vereis dat ’n lening, ’n voorskot of krediet voorsien word alvorens die artikel toegepas kan word. Voorkeuraandele wat in skuldsettingstransaksies toegepas word, kan moontlik as wyse dien om artikel 7C van die Wet te vermy, aangesien die omsetting na ekwiteit tot gevolg sal he dat daar nie meer ’n lening, ’n voorskot of krediet sal wees nie. Die doel van hierdie navorsingsopdrag was om te ondersoek of verskillende soorte voorkeuraandele wat in skuldomsettingtransaksies uitgereik is as soortgelyk aan ’n lening, ’n voorskot of krediet beskou kan word, en derhalwe die verdienstelikheid van die aanwending van artikel 7C van die Wet onderskryf. Die leerstelling van wese bo vorm het as basis vir die studie gedien wat ondersoek het of verskillende voorkeuraandele (ekwiteit van aard) as ’n lening, ’n voorskot of krediet (skuld van aard) beskou kan word. Die kenmerke van die verskillende soorte voorkeuraandele is derhalwe met die kenmerke van ’n lening, ’n voorskot of krediet vergelyk om ’n redenasie te kon aanvoer oor watter soort voorkeuraandele soortgelyk sou wees aan ’n lening, ’n voorskot of krediet. Aangesien die woorde ‘lening’, ‘voorskot’ en ‘krediet’ nie in die Wet omskryf word nie, is die betekenis van hierdie woorde ondersoek en toegepas in die formulering van die kenmerke van onderskeidelik ’n lening, ’n voorskot en krediet. Die eienskappe of kenmerke van verskillende soorte voorkeuraandele (aflosbaar, kumulatief en omskepbaar) is daarna ondersoek en ’n vergelyking is getref tussen die kenmerke van die verskillende soorte voorkeuraandele en die kenmerke van ’n lening, ’n voorskot of krediet. Op grond van die vergelyking wat uitgevoer is, is bevind dat aflosbare en kumulatiewe voorkeuraandele die meeste kenmerke met ’n lening, ’n voorskot of krediet in gemeen het. Daar is bevind dat omskepbare voorkeuraandele die minste eienskappe met ’n lening, ʼn voorskot of krediet in gemeen het. Voorts is slegs aflosbare voorkeuraandele ook as hibriede ekwiteitsinstrumente, soos in die Wet voorsien, geklassifiseer. Die algehele gevolgtrekking van hierdie studie kom neer op ’n aanbeveling om aflosbare voorkeuraandele binne die bestek van artikel 7C van die Wet in te sluit. Oor hierdie aanbeveling sal met verskillende belanghebbendes beraadslaag moet word alvorens veranderinge aan artikel 7C aangebring kan word. Daar kan vervolgens ook oorweeg word om definisies van ’n ‘lening’, ’n ‘voorskot’ of ‘krediet’, by artikel 7C van die Wet in te voeg om interpretasie te vergemaklik en groter duidelikheid te bied oor wanneer artikel 7C van toepassing kan wees.
Description
Thesis (MAcc)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Citation