Social work services to families caring for adult relatives with a mental illness
Date
2023-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: When families take care of a relative with a mental illness, it can cause tremendous stress to the family and the patient. Rendering social work services to such families would relieve stress and contribute to everyone’s quality of life. Globally, about one in four families has a relative with a mental illness, and with limited access to and limited resources, families must often look after and care for such relatives. Families must thus contend with multiple sources of stress, including stress relating to their relative's mental illness, symptoms and behaviours, and societal stigmatisation. If support services to families caring for adult relatives with a mental illness are limited or unavailable, families and their relatives with mental illness, suffer. Unfortunately, this is the situation in South Africa where the National Mental Health Policy Framework and Strategic Plan (Department of Health, 2012) and the Mental Health Care Act 17 of 2002, are in support of deinstitutionalising mental health patients. This means that patients should be discharged from mental institutions as soon as reasonably possible to be treated in their communities. Nationally, however, South Africa’s existing mental health frameworks are confronted by numerous challenges, such as the exchange of care of patients from institutions to community-based care, political contemplations in developing policy, stigmatisation of people with mental health issues, and a lack of community-based services. These challenges all directly impact families taking care of a relative with mental illness. Due to an unrelenting increase in people experiencing mental illnesses and the number of families reporting such problems, the demand for and necessity of rendering social work services to families taking care of an adult relative with a mental illness have been emphasised. Apart from the increasing demand for rendering direct social work services to families who take care of people with mental illness, there is also a lack of, or poor and rarely available community-based social work services to families of mentally ill relatives. Amid the drive for deinstitutionalisation and the subsequent focus on community-based mental health services in South Africa, there is insufficient empirical research regarding social work services rendered to families caring for a relative with a mental illness. Existing research does not specify social work services to families caring for a relative with a mental illness but focus mostly on interventions for the mentally ill individual.
AFRIKAANSE OPSOMMING: As gesinne vir 'n familielid met 'n geestesongesteldheid moet sorg, kan dit tot geweldige stres vir die gesin en die pasiënt lei. Die lewering van maatskaplike dienste aan sodanige gesinne sal stres verlig en tot almal se lewenskwaliteit bydra. Wêreldwyd het ongeveer een uit elke vier gesinne 'n familielid met 'n geestesongesteldheid en met beperkte toegang tot en beperkte hulpbronne, moet gesinne dikwels self vir hierdie familielede sorg. Gesinne moet dus veelvuldige bronne van stres hanteer, insluitend stres wat verband hou met hul familielid se geestesongesteldheid, simptome, gedrag, en stigmatisering deur die gemeenskap. As ondersteuningsdienste aan gesinne wat na volwasse familielede met 'n geestesongesteldheid omsien, beperk is, of nie beskikbaar is nie, ly gesinne en hul geestesongestelde familielede daaronder. Ongelukkig is dit tans die situasie in Suid-Afrika waar die Nasionale Geestesgesondheidsbeleidsraamwerk en Strategiese Plan en die Geestesgesondheidsorgwet 17 van 2002, die deïnstitusionalisering van geestesongestelde pasiënte ondersteun. Met ander woorde, pasiënte moet so gou as redelik moontlik vanuit hospitale ontslaan en in hul gemeenskappe behandel word. Landwyd word Suid-Afrika se bestaande geestesgesondheidsraamwerke egter met talle uitdagings gekonfronteer, soos die afwenteling van die sorg van geestesongestelde pasiënte van instellings na gemeenskapsgebaseerde sorg, politieke oorwegings wat in ag geneem moet word in die ontwikkeling van beleide, die stigmatisering van mense met geestesgesondheids-kwessies, en die algemene gebrek aan gemeenskapsgebaseerde dienste. Hierdie uitdagings het 'n direkte impak op gesinne wat 'n familielid met geestesongesteldheid versorg. Weens 'n geweldige toename van mense wat geestesiektes ervaar en die aantal gesinne wat sodanige probleme aanmeld, word die vraag na, en noodsaaklikheid van die lewering van maatskaplikewerk dienste aan gesinne wat na 'n volwasse familielid met 'n geestesongesteldheid omsien, beklemtoon. Afgesien van die toenemende vraag na die lewering van direkte maatskaplikewerk dienste aan gesinne wat na familielede met geestesongesteldheid omsien, is daar in elkgeval 'n gebrek aan gemeenskapsgebaseerde maatskaplikewerk dienste vir gesinne van geestesongestelde familielede. Te midde van die strewe na deïnstitusionalisering en die gevolglike fokus op gemeenskapsgebaseerde geestesgesondheidsdienste in Suid-Afrika, is daar min empiriese navorsing oor maatskaplikewerk dienste wat aan gesinne wat na 'n familielid met 'n geestesongesteldheid omsien, gelewer word.

Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2023.