Geographical distribution, characterisation and evaluation of Saccharomyces cerevisiae strains isolated from South African vineyards in the warmer, inland regions of the Western Cape
Date
1999-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The natural or spontaneous fermentation of grape must sugars, by yeast that originate from
the grapes and winery equipment, to ethanol, carbon dioxide and other minor, but important
metabolites, produces wine. The early stages of fermentation are usually carried out by the
yeast genera with low fermentative activity, such as Hanseniaspora, Kloeckera, Candida and
Pichia. An increase in the alcohol content of the wine causes the suppression of these
genera, leaving Saccharomyces cerevisiae, which plays a significant and dominating role, to
complete the fermentation process. For this reason S. cerevisiae is then generally accepted
and known as the "wine yeast" in the wine industry.
Wines made in different areas from the same grape variety with apparently similar fruit
composition and processing, often taste noticeably different. It may be that differences in the
microflora, naturally present in the two areas, play an important role in producing flavour
differences in the wines. The genetic diversity of the yeast flora in nature was proven, by a
number of microbiological and oenological studies, to be greatly influenced by a series of
parameters, which among others includes the age of the vineyard, grape variety, viticultural
and oenological practices, geographic location and climatic conditions.
This project, as part of a larger research programme described by Pretorius, Van der
Westhuizen & Augustyn (1999), was directly aimed at isolating and characterising indigenous
S. cerevisiae yeast strains from vineyards based in the warmer, inland wine regions of the
Western Cape in South Africa. Research by Van der Westhuizen, Augustyn & Pretorius
(1999a) and Van der Westhuizen et al. (1999b) on the wine yeast strains present on grapes
in the cooler, coastal areas of the same province enabled us to compare these strains
isolated from these two contrasting climatic zones on a molecular, physiological and
biochemical level.
The ideal or ultimate aim of any such study would be to determine the entire sequence of the
bases of the yeast nucleic acid, for each of these isolates. Molecular biological, physiological
and biochemical techniques can, however, be used as indicators of the homology of the
chromosomes of strains or isolates obtained. The specific aims and approaches to this study
were as follows: Firstly approximately 1 kg of grapes were sampled from each of the 19 sites
in the warmer, inland wine regions. Areas sampled included: Villiersdorp, Robertson (2 sites),
Nuy, Du Toits Kloof, Bonnievale, Ashton, Montagu (2 sites), Rawsonville, Riebeeck-Kasteel
(2 sites), Porterville (2 sites), Wolseley, Malmesbury (2 sites), Sianghoek and Tulbagh.
These grapes were aseptically crushed and the must allowed to spontaneously ferment at
15°C. Thirty single colonies per fermentation were isolated when the residual sugar was less
than 4 g/l. Characterisation of these S. cerevisiae isolates was done using molecular
biological fingerprinting techniques such as electrophoretic karyotyping by pulsed field gel
electrophoresis [Contour-Clamped Homogenous Electric Field, (CHEF)] and Randomly
Amplified Polymorphic DNA-Polymerase Chain Reaction (RAPD-PCR) using five specific
Operon Kit C (OPC) primers. Comparison of chromosomal banding patterns per sampling
site revealed the presence of 30 S. cerevisiae strains hereafter designated W1-W30. Initially
it was thought a total of 21 yeast strains (based on CHEF banding pattern results only) were isolated from the warmer, inland regions. However, by comparing the CHEF-DNA analysis
and RAOP-PCR data it was possible to distinguish between all of the strains isolated, except
W1 and W5. Comparing these chromosomal banding patterns to the banding patterns
collected in the Nietvoorbij database revealed that no single strain recovered was indigenous
to both the warmer areas of this study and the cooler areas sampled by Van der Westhuizen
at al. (1999a, 1999b). Further comparison and characterisation of these strains by means of
various physiological and biochemical techniques such as the ability to flocculate; ferment
various carbon sources; survive stress resistance at 55°C and -20°C by monitoring cell
growth after 24 and 48 hours, respectively; and produce extracellular enzymes, was
determined. Even though no distinct differences could be observed in the physiological and
biochemical behaviour of strains isolated from the warmer, inland and cooler, coastal wine
regions, it was shown that strains W1 and W5, which had the same DNA banding patterns,
were in fact different as W1 was galactose negative and W5 was galactose positive. Strain
W1 could also grow invasively into the agar medium whereas W5 could not. This
comparison revealed that 30 unique strains were in fact isolated from the warmer, inland
wine regions of the Western Cape. Investigations into possible survival mechanisms of
S. cerevisiae was done by evaluating their ability to form pseudohyphae/grow invasively.
Results indicated that these factors could contribute to the organisms over-wintering ability,
but clearly other mechanisms must also be involved. Molecular biological, physiological and
biochemical characterisation techniques should then be used in collaboration with each other
to obtain an overall, positive and extensive profile of any yeast species or strain. These
results also then prove invaluable in not only providing information, but also elucidating any
possible differences between strains isolated from different climatic zones.
The fermentation potential of these 30 unique strains was evaluated and of these strains
three are included in the breeding programme at the ARC-Institute for Fruit, Vine and Wine,
Nietvoorbij, aimed at improving wine yeast.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Wyn word geproduseer wanneer natuurlike of spontane gisting van druiwesuikers deur giste wat natuurlik op druiwe en keldertoerusting voorkom, na etanol, koolstofdioksied en ander minder beduidende, maar belangrike metaboliete omgeskakel word. Die vroee stadia van gisting word gewoonlik deur gisgenera met 'n lae fermentasie-aktiwiteit, 5005 Hanseniaspora, Kloeckera, Candida en Pichia, uitgevoer. 'n Toename in die alkoholinhoud veroorsaak egter 'n onderdrukking van hierdie giste en daarom speel Saccharomyces cerevisiae 'n betekenisvolle en dominante rol deurdat dit die gistingsproses voltooi. Om hierdie rede word S. cerevisiae algemeen aanvaar en erken as die "wyngis" in die wynbedryf. Wyne afkomstig vanaf dieselfde kultivar en met skynbaar eenderse geursamestelling, maar van verskillende areas, proe dikwels opmerklik verskillend. Dit is moontlik dat die verskille in mikroflora wat in die onderskeie streke voorkom, 'n belangrike rol speel om geurverskille in die wyn na vore te bring. 'n Verskeidenheid mikrobiologiese en wynkundige studies het egter bewys dat die genetiese diversiteit van die gisflora in 'n groot mate deur verskeie fa ktore, 5005 onder andere die ouderdom van die wingerd, die druifvarieteit, geografiese ligging en klimaatstoestande, beinvloed word. Hierdie projek vorm deel van 'n groter navorsingsprogram, 5005 beskryf deur Pretorius, Van der Westhuizen & Augustyn (1999). Die doel van hierdie projek het behels die isolasie en karakterisering van natuurlike S. cerevisiae-giste van wingerde in die warmer, binnelandse streke van die Wes-Kaap in Suid-Afrika. Navorsing deur Van der Westhuizen, Augustyn & Pretorius (1999a) and Van der Westhuizen et al. (1999b) op wyngiste wat op druiwe van die koeler, kusstreek van dieselfde provinsie voorkom, het ens in staat gestel om rasse van die twee verskillende klimaatstreke op 'n molekulere, fisiologiese en biochemiese vlak te vergelyk. Die uiteindelike doel van sodanige studie sou wees om die totale nukleiensuurbasissekwensie van aile isolate te bepaal. Molekulere, fisiologiese en biochemiese tegnieke kan egter gebruik word om 'n aanduiding van die homologie van chomosome van die onderskeie isolate te gee. Die spesifieke doel en benadering van die studie was soos volg: Ongeveer 1 kg druiwe is van elk van die 19 onderskeie lokaliteite in die warmer, binnelandse areas geneem. Plekke van monstememing het die volgende ingesluit: Villiersdorp, Robertson (2 plekke), Nuy, Du Toitskloof, Bonnievale, Ashton, Montagu (2 plekke), Rawsonville, Riebeeck-Kasteel (2 plekke), Porterville (2 plekke), Wolseley, Malmesbury (2 plekke), Sianghoek en Tulbagh. Hierdie druiwe is asepties gepers en toegelaat om spontaan by 15°C te gis. Nadat elke individuele gisting voltooi is en die residuele suiker minder as 4 g/l was, is 30 enkelkolonies van elke gisting geisoleer. Die karakterisering van S. cerevisiae-isolate is deur middel van molekulere-biologiese vingerafdruktegnieke uitgevoer, naamlik elektroforetiese kariotipering deur middel van pulsveld-jelelektroforese [Kontoer-GeklampdeHomogene- Elektrieseveld-Elektroforese (CHEF]; Lukraak Geamplifiseerde Polimorfiese DNA-Polimerasekettingreaksie (RAPD-PKR) met vyf spesifieke Operon Kit C (OPC) -voorvoerders. Die vergelyking van chromosoombandpatrone per monstememingsarea het 30 S. cerevisae-rasse (W1-W30) opgelewer. Aanvanklik is vermoed dat net 21 gisrasse (op grond van slegs CHEF-bandpatrone) in die warmer, binnelandse streke geisoleer is. Met 'n vergelyking tussen die CHEF-DNA- en die RAPD-PKR-analises was dit moontlik om tussen aile rasse, behalwe W1 en W5, te onderskei. 'n Vergelyking van die chromosoombandpatrone van aile isolate in die Nietvoorbij-databasis, het aangedui dat geen ras natuurlik in beide die warmer en koeler streke van die Wes-Kaap voorgekom het nie. Verdere vergelyking en karakterisering van hierdie rasse deur middel van verskeie fisiologiese en biochemiese tegnieke is gedoen en het betrekking op die vermoe om te flokkuleer, benutting van verskeie koolstofbronne en selgroei na 24 en 48 uur na onderwerping aan strestoestande by 55°C en -20°C. Die hidrolise en produksie van ekstrasellulere ensieme is ook bepaal. Ten spyte daarvan dat geen duidelike verskille in die fisiologiese en biochemiese kenmerke van rasse van die warmer, binnelandse gebiede en koeler kusstreek waargeneem kon word nie, het dit aangetoon dat rasse W1 en W5, wat dieselfde DNAband patrone het, wei ten opsigte van suikerbenutting verskil. Ras W1 is galaktose-negatief, in teenstelling met W5 wat galaktose-positief was. Ras W1 kon ook penetrerend in die agarmedium in groei en W5 kon nie. Hierdie resultate bevestig uiteraard dat 30 unieke rasse wei in die warmer, binnelandse streek van die Wes-Kaap geisoleer is. Moontlike oorlewingsmeganismes van S. cerevisiae, soos die vorming van pseudohifes wat in die agarmedium kan ingroei, is ook ondersoek. Resultate wat verkry is, bewys dat hierdie faktore tot die giste se oorwinteringsvermoe kan bydra, maar dit is duidelik dat daar ook ander meganismes betrokke is. Molekulere, fisiologiese en biochemiese karakteriseringstegnieke moet dus aanvullend tot mekaar gebruik word ten einde 'n geheelbeeld te verkry van die spesie of ras wat bestudeer word. Hierdie resultate wys duidelik dat dit nie net van onskatbare waarde is ten einde inligting te voorsien nie, maar dat dit ook enige moontlike verskille tussen rasse afkomstig uit verskillende klimaatsgebiede kan aandui. Die gistingspotensiaal van die 30 unieke rasse is ook gevalueer. Drie van hierdie rasse is ingesluit in die telingsprogram van die LNR-Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn te Nietvoorbij, wat ten doel het om wyngiste te verbeter.

Description
Thesis (M.Sc.) -- University of Stellenbosch, 1999.
Keywords
Saccharomyces cerevisiae -- South Africa -- Western Cape -- Geographical distribution, Saccharomyces cerevisiae -- South Africa -- Western Cape, Wine and wine making -- South Africa -- Western Cape, Dissertations -- Microbiology