Cross sections and analysing power energy-sharing distributions of valence (p,2p)-knockout from 208Pb with a projectile of 200MeV
Date
2000-12
Authors
Bezuidenhout, Jacques
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT:
The aim of this work was to study the 208Pb(p,2p)207Tl quasi-free knockout process. The
experimental data were measured at the National Accelerator Centre using incident polarised
protons of 200 MeV. The two scattered particles, from the knockout reaction, were detected
in coincidence and their energies were determined using a magnetic spectrometer and a solid
state detector telescope.
Cross section and analysing power energy distributions were extracted from the experimental
measurements and these were compared with theoretical values for the Distorted Wave
Impulse Approximation. The theoretical cross-section calculations predict the experimental
cross-section distribution well for all combinations of distorting potentials and bound states
that were investigated, both with regard to shape, as well as absolute magnitude. However
the theoretical analysing power distributions did not agree with the experimental quantities.
Therefore it is not clear whether the analysing power is a useful tool to extract information on
the specifics of the quasi-free reaction mechanism. The spectroscopic factors were found to
be consistent with the results obtained in previous studies, thereby inspiring confidence that
the problem with the analysing power distribution is not ascribable to a possible deficiency in
the experimental techniques exploited in this work.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie was om die kwasi vrye 208pb(p,2p )207TI verstrooingsproses te ondersoek. Die eksperimentele data is ingewin by die Nasionale Versnellingsentrum deur gebruik te maak van 'n 200 MeV gepolariseerde proton bundel. Die twee verstrooide deeltjies is in koïnsidens gemeet. Vir die metings is 'n magnetiese spektrometer en 'n vastetoestand detektorteleskoop gebruik. Die kansvlak- en analiseervermoë-energieverdelings is uit die eksperimentele data verkry en is vergelyk met die berekenings van die Vervormde Golf Impuls Benadering. Die teoretiese kansvlak berekening het die eksperimetele data goed voorspel, vir die verskillende parametrisering van potensiaal en gebonde toestande. Die berekeninge het goed ooreengestem met betrekking tot beide vorm en absolute grootheid. Die berekende analiseervermoë het egter nie goed met die eksperimentele data ooreengestem nie. Dit is dus nie duidelik of die analiseervermoë 'n handige instrument is om inligting oor die betrokke kwasi-vrye reaksie meganisme te bekom nie. Die spektroskopiese faktore was in ooreenstemming met resultate wat in vorige studies verkry is. Dit versterk vertroue dat die probleem met die analiseervermoë nie toegeskryf kan word aan die eksperimentele tegniek wat gebruik is nie.

Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2000.
Keywords
Protons -- Scattering -- Experiments, Nuclear structure, Cross sections (Nuclear physics), Dissertations -- Physics, Theses -- Physics