Exploring critical citizenship and decolonisation as a framework for design education in South Africa
Date
2023-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In 2020 the globe is in turmoil. When this study commenced in 2018 the call to action for
the citizen designer was premised on the #Feesmustfall campaign and the #Rhodesmustfall
student protests, the July 2021 social unrest in South Africa that resulted in unprecedented
violence and looting, rampant corruption in public and private sectors in South Africa
and growing nationalism seen from BREXIT and the Trump administration in the USA.
The 2020 Covid-19 pandemic brought even more attention to the role of the citizenry
and how citizens can be capacitated to navigate uncertain and difficult times. Within the
field of design, the concept of citizen designer is established. It was considered that the
notion of educating a ‘citizen designer’ could be further developed in the South African
design education context. The study therefore focused on how critical citizenship and
decolonisation perspectives can contribute to a design pedagogy framework for citizen
designer education in the context of South African universities of technology.
Theoretical perspectives from critical citizenship and decolonisation provided the
theoretical base for the study. A qualitative research approach was taken that involved
case study research methodology. The data in the study was collected from a survey
of and interviews with South African design educators as well as interviews with South
African design students.
From the data, South African citizen designer can be decribed as designers that have a
deep understanding of self, ethics and critical thinking; they operate in transdisciplinary
settings with a focus on the tangible betterment of sustainable quality of all life through a
caring conscience.
The study determined that the themes in critical citizenship and decolonisation perspectives
that can contribute to design pedagogy for educating a South African citizen designer
can be broadly categorised into concepts related to context, African focus, personal
development and curriculum development. The category of context determines the
relevance and approach to be taken when engaging with the African focus, personal
development, and curriculum development categories. The study concludes with a list
of suggested themes in these categories that could be considered for implementation
by design educators in their specific field working towards the development of a South
African citizen designer.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die wêreld is in beroering in 2020. Met die aanvang van hierdie studie in 2018 was die wekroep vir die gemeenskapsontwerper (citizen designer) se uitgangspunt die #Feesmustfall- veldtog, die #Rhodesmustfall-studenteprotes, die groeiende nasionalisme wat in BREXIT en die Trump-administrasie in die VSA gesien is, die Julie 2021 onrus in Suid Afrika wat in ongekende stropery en geweld ontaard het en buitensporige korrupsie in die openbare- en privaatsektors in Suid-Afrika. Die Covid-19 pandemie in 2020 het selfs meer aandag gevestig op die rol van die burgery en hoe burgers in staat gestel kan word om onsekere en moeilike tye te trotseer. Die begrip van gemeenskapsontwerper is in die veld van ontwerp gevestig. Daar is oorweeg dat die idee om ’n “gemeenskapsontwerper” op te lei verder in die konteks van Suid-Afrikaanse ontwerpers-opleiding ontwikkel kan word. Die studie het dus gefokus op hoe kritiese burgerskap en dekolonisasie-perspektiewe kan bydra tot ’n ontwerpspedagogiese raamwerk vir gemeenskaps-ontwerpopleiding binne die konteks van Suid-Afrikaanse universiteite van tegnologie. Die teoretiese perspektiewe van kritiese burgerskap en dekolonisasie het die teoretiese fondasie vir hierdie studie gelê. ’n Kwalitatiewe navorsingsbenadering is gebruik wat gevallestudie-metodologie ingesluit het. Die studie se data is versamel uit ’n opname en onderhoude met Suid-Afrikaanse ontwerpopvoeders en onderhoude met Suid-Afrikaanse ontwerpstudente. Vanuit die data is dit bepaal dat Suid Afrikaanse “gemeenskapsontwerpers” beskryf kan word as ontwerpers met hoogs ontwikkelde self-kennis, etiek en kritiese denke; hulle werk in transdisciplinere omgewings met die fokus om tasbare verbetering van volhoubare lewens kwaliteit van alle lewe deur ‘n gewete van omgee. Die studie het vasgestel dat die temas wat kritiese burgerskapsperspektiewe en dekolonisasieperspektiewe kan bydra tot die ontwikkeling van ‘n ontwerpspedagogiek vir die opleiding van “gemeenskapsontwerper” geklassifiseer kan word as volg: konteks, Afrika fokus, persoonlike ontwikkeling, en kurrikulum ontwikkeling kategorieë. Die studie sluit af met ‘n lys van voorgestelde temas wat deur ontwerpopvoeders gebruik kan word om binne hul eie ontwerp dissipline vir hulself ‘n ontwerpspedagogiek te ontwikkel wat kan lei tot die ontwikkeling van ‘n Suid Afrikaanse “gemeenskapsontwerper”.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Adult education -- South Africa