A comparative exotoxicological study of two major South African river systems : a catchment scale approach for improved risk assessment and environmental management through the integration of abiotic, biotic, biochemical and molecular endpoints
Date
2016-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Along with the prosperity of humankind, the inevitable increase in developments to support this often results in water resources becoming repositories for the waste generated by such progress. To ensure sustainable development, anthropogenic impacts need to be properly assessed and anticipated in order to respond accordingly to mitigate such events. With the Mokolo River being at the center of plans to exploit the largest remaining coalfield in South Africa, this study was initiated to improve our understanding of the range of expected water resource impacts that may occur, by taking lessons learned from the upper Olifants River system, which has been severely impacted by coal mining for more than a century.
The aim of this study was to conduct a comparative ecotoxicological study at a catchment scale on both the Mokolo River and upper Olifants River systems. Study sites in the upper Olifants and Mokolo rivers, their major tributaries, as well as major impoundments were selected and assessed seasonally for a number of years. Water and sediment samples were analyzed for various constituents, whilst biological samples (invertebrates and fish) were also sampled to gain perspectives on the impact of pollution at molecular, cellular and community levels. Lastly, a case study to examine the potential use of rehabilitation measures on ecological infrastructure to mitigate the potential impact of acid mine drainage (associated with coal mining activities) was conducted.
Important abiotic ecosystem drivers were identified, whilst the influence of the tributaries and impoundments on the main stream rivers were determined. The major exposure routes of bioaccumulation were found to be through the dietary uptake of contaminated sediment and algae. The use of the fresh water crab, Potamonautes warreni, provided an excellent model organism to study the fate, transport and impact of pollution and also to monitor various degrees of molecular and cellular impacts. In contrast to the general use of fish as bioindicators, the use of aquatic invertebrate community structures and freshwater crabs proved more useful to characterize the ecosystem integrity of these systems, detect turnover and determine the links with possible contaminants. From the various biochemical and molecular markers used, several endpoints proved useful in monitoring chronic impacts on biota, which may be used as early warning indicators, whilst others are linked to acute anthropogenic impacts.
A significant improvement in water quality occurred after the wetland rehabilitation case study, including increased productivity, reduced toxicity (embryotoxicity and teratogenicity) and changes in the biotic community structures. Therefore, the benefit of the rehabilitation of ecological infrastructure to mitigate the impact of coal mining associated pollution was proven. Overall, the use of a comparative catchment approach, employing both an impacted and less impacted river system, proved extremely useful and valuable to support the future management of the Mokolo River in the face of ever increasing land use activities. This catchment scale comparative study is a rare and unique opportunity which few studies are able to utilize to assess the likely impacts of future land use change.
AFRIKAANS OPSOMMING: Tesame met die welvaart van die mensdom, veroorsaak die onvermydelike styging in ontwikkelings om dit te ondersteun dikwels dat waterbronne bewaarplekke word vir afval wat gegenereer word tydens die vordering. Ten einde volhoubare ontwikkeling te verseker, is dit nodig om antropogeniese invloede behoorlik te evalueer en te verwag om sodoende dienooreenkomstig te reageer op sulke gebeurtenisse, sodat die impak verminder kan word. Met die Mokolorivier wat te midde is van planne om die grootste oorblywende steenkoolveld in Suid-Afrika te ontgin, is hierdie studie geïnisieer om ons begrip van die omvang van die verwagte waterbron impakte wat mag voorkom, te verbeter deur te leer uit vorige ervarings in die boonste Olifantsrivier, wat erg geraak is deur steenkoolmynbou vir meer as 'n eeu. Die doel van hierdie studie was om 'n vergelykende ekotoksikologiese studie te doen op 'n opvangsgebied skaal op beide die Mokolo- en boonste Olifantsriviere. Studie areas in die boonste Olifants- en Mokoloriviere, hulle hoof sytakke en damme is gekies en seisoenaal geassesseer vir 'n aantal jare. Water en sediment monsters is ontleed vir verskillende parameters, terwyl biologiese monsters (invertebrata en visse) ook versamel is om die uitwerking van besoedeling te bepaal op 'n molekulêre, sellulêre en gemeenskapsvlak. Laastens was 'n gevallestudie gedoen om die potensiële gebruik van rehabilitasie van ekologiese infrastruktuur om die impak van suur mynwater (geassosieer met steenkoolmyn aktiwiteite) te verminder, ondersoek. Belangrike abiotiese ekosisteem drywers is geïdentifiseer, terwyl die invloed van die sytakke en damme op die hoofstroom riviere bepaal was. Die grootste blootstellingsroetes van bioakkumulering is gevind om deur die opname van gekontamineerde sediment en alge te wees. Die gebruik van die varswater krap, Potamonautes warreni, is 'n uitstekende modelorganisme om die lot, vervoer en impak van besoedeling te bestudeer, asook om verskillende grade van molekulêre en sellulêre impakte te monitor. In kontras met die algemene gebruik van visse as bio-indikators het die gebruik van akwatiese invertebraat gemeenskapstrukture en varswater krappe bewys dat dit meer bruikbaar is om ekosisteem integriteit te beskryf, omsette te bepaal, asook die verbintenisse met moontlike besoedeling te bepaal. Vanuit die verskillende biochemiese en molekulêre biomerkers wat gebruik is, het verskeie eindpunte bewys om nuttig te wees in die monitering van kroniese impakte op biota, wat gebruik kan word as vroeë waarskuwingsindikators, terwyl ander gekoppel is aan akute antropogeniese impakte. Daar was 'n beduidende verbetering in die waterkwaliteit na die rehabilitasieproses van die vleiland, insluitend 'n toename in produktiwiteit, verminderde toksisiteit (embriotoksisiteit en teratogenisiteit) en verandering in die biotiese gemeenskapstrukture. Hierdeur was die nuttigheid van die rehabilitasie van ekologiese infrastruktuur om die impak van steenkoolmyn geassosieerde besoedeling te verminder, bewys. Dus, die gebruik van 'n vergelykende opvangsgebied benadering, deur die gebruik van beide 'n besoedelde en onbesoedelde rivierstelsel, is baie nuttig om die toekomstige bestuur van die Mokolorivier te ondersteun in die aangesig van toenemende antropogeniese aktiwiteite. Hierdie vergelykende studie op opvangsgebied skaal is 'n seldsame en unieke geleentheid wat min studies in staat is om aan te wend om die waarskynlike impak van veranderings in toekomstige grondgebruik te evalueer.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2016.
Keywords
Environmental toxicology -- Mokolo River, Environmental toxicology -- Olifants River, Acid mine drainage, UCTD