Exploiting soil and terrain heterogeneity : an investigation into vigour and physiology of grapevines on and off "heuweltjies‟ in the Western Cape, South Africa
Date
2011-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The topic of landscape heterogeneity has captured the imagination of ecologists and agriculturists alike and has been extensively investigated in this dissertation. Heuweltjies are landscape features putatively created by the termite Microhodotermes viator through their burrowing and nest-building activities. They have been closely examined in the natural veld of the Western Cape in the recent past and are the focus of many ecological studies. However, the effect of heuweltjies in cultivated landscapes (e.g. vineyards, orchards and wheat lands) remains unexplored. This study contributes significantly to our understanding of soil modifications associated with heuweltjies, as well as the physiology of vines growing on and off heuweltjies and wine made from these vines. It was hypothesized that heuweltjies occurring in cultivated areas can significantly affect crop yield and quality, thereby establishing itself as a potentially important role player in the agricultural economy of the Western Cape. This study was conducted in two climatic regions of the Western Cape, Stellenbosch (Mediterranean climate, Cabernet Sauvignon) and Robertson (semi-arid climate, Shiraz) to better understand how differences in heuweltjie characteristics correspond to differences in rainfall and temperature. In both study areas, heuweltjie soils were compared to non-heuweltjie soils with respect to physical and chemical. Grapevines associated with these heuweltjies were also compared to those growing on the adjacent, non-heuweltjie soils to determine any variation in vine vigour, physiology, phenology, berry characteristics and wine quality. Through the use of ANOVA's and Fisher's LSD posthoc tests to indicate statistical significance in soil and grapevine characteristics, it was apparent that heuweltjies induce substantial changes in soil and vine properties. Significant differences in the water content exist between the soils of the heuweltjies and non-heuweltjie areas. Heuweltjie soils exhibited higher values in comparison to the non-heuweltjie soils in the Stellenbosch study area, with opposite results in Robertson. Heuweltjie soils also displayed higher exchangeable calcium and magnesium and higher total carbon and total nitrogen values than non-heuweltjie soils in both study areas. Differences in physiology were more subtle, but vine vigour was severely altered on the heuweltjie-associated vines, exhibiting excessive vegetative growth in Stellenbosch, leading to variations in berry characteristics on and off the heuweltjies. Again, the opposite was observed for Robertson. Lower sugar and alcohol percentages and higher titratable as well as malic acid concentrations were observed in the wines emanating from the heuweltjies in Stellenbosch. Sensory analyses proved significant, as lower astringency and alcohol burn were detected in the Cabernet Sauvignon heuweltjie wines than the non-heuweltjie wines in the Stellenbosch study area. Chemical differences in the wines from the Robertson study are were insignificant. However, a significantly lower fruitiness was observed in the Shiraz heuweltjie-wines when compared to the non-heuweltjie wines. Differences in soil water content between heuweltjies and its adjacent soils was the most influential factor in this study, and affected all of the soil-grapevine interactions to a large extent. Further research need to be conducted to better understand and clarify the reasons behind these variations, as well as possible effects of global warming on heuweltjie functioning in different climatic regions of the Western Cape.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die onderwerp van landskap heterogeniteit het die verbeelding van beide ekoloë en landboukundiges aangegryp en is op `n omvangryke wyse ondersoek in hierdie tesis. Heuweltjies is landskap eienskappe geskep deur die uitgrawe en nesbou aktiwiteite van die termiet Microhodotermes viator. Heuweltjies in die natuurlike veld is intensief bestudeer in die onlangse verlede en is die fokus van `n verskeidenheid ekologiese studies. In bewerkte landskappe (bv. wingerde, vrugteboorde en koringlande) is daar egter `n groot tekort aan navorsing oor die invloed van heuweltjies. Hierdie studie dra grotendeels by tot ons begrip van heuweltjie-geassosieërde grondverandering, asook die fisiologie van wingerd wat groei op en af van heuweltjies, sowel as die wyn afkomstig van hierdie wingerdstokke. Hipoteties sal heuweltjies in bewerkte areas die gewasopbrengs asook –kwaliteit betekenisvol beïnvloed en word so dus gevestig as `n potensieël belangrike rolspeler in die landbou-ekonomie van die Wes-Kaap. Die studie was onderneem in twee klimaatstreke van die Wes-Kaap, Stellenbosch (Mediterreënse klimaat, Cabernet Sauvignon) en Robertson (semi-ariede klimaat, Shiraz) om vas te stel hoe verskille in heuweltjie eienskappe ooreenstem met verksille in reënval en temperatuur. In beide studie areas is heuweltjie gronde met nie-heuweltjie gronde vergelyk met betrekking tot fisiese en chemiese eienskappe. Wingerdstokke geassosieër met heuweltjies is ook vergelyk met dié wat heuweltjies omring om enige variasie in groeikrag, fisiologie, fenologie, druifkorrel eienskappe en wynkwaliteit te bepaal. Deur gebruik te maak van ANOVA's en Fisher se LSD posthoc toetse om statistiese betekenisvolheid in grond- en wingerdeienskappe aan te dui, was dit duidelik dat heuweltjies wesenlike veranderinge in dié eienskappe teweegbring. Betekenisvolle verskille heers in die waterinhoud tussen die heuweltjie en nie-heuweltjie gronde. Heuweltjie gronde het hoër waardes getoon in vergelyking met die nie-heuweltjie gronde in die Stellenbosch studie area, met teenoorgestelde bevindings in Robertson. Heuweltjie gronde het ook `n hoër konsentrasie uitruilbare kalsium en magenesium, en totale koolstof en stikstof in vergelyking met nie-heuweltjie gronde. Verskille in fisiologie was baie meer subtiel, maar wingerd groeikrag was beduidend verskillend op die heuweltjie-geasossieërde wingerdstokke, met oormatige vegetatiewe groei in Stellenbosch wat lei tot `n verskil in druifkorrel eienskappe op en af van die heuweltjie. Weereens is die teenoorgestelde waargeneem in Robertson. Laer suiker en alkohol persentasies, asook hoër titreerbare - en appelsuur konsentrasies was te bespeur in die wyne afkomstig van die heuweltjies in Stellenbosch. Sensoriese analise het betekenisvolle verskille bewys, met `n laer vrankheid en alkohol-brand sensasie waargeneem vir die Cabernet Sauvignon heuweltjie wyne as die nie-heuweltjie wyne in die Stellenbosch studie area. Chemiese verskille in die wyne vanaf Robertson was onbeduidend. Sensoriese analise het egter anders bewys, met `n betekenisvolle laer vrugtigheid te bespeur in die nie-heuweltjie wyne as die heuweltjie wyne in die Robertson studie area. Verskille in die grondwaterinhoud tussen heuweltjies en omringende gronde was die mees invloedryke faktor in hierdie studie en beïnvloed tot `n groot mate al die grond-wingerdstok interaksies. Verdere navorsing is nodig om helderheid te verskaf agter die redes vir hierdie variasies, sowel as moontlike gevolge van aardverwarming op funksionering van heuweltjies in verskillende klimaatstreke van die Wes-Kaap.

Description
Thesis (MScAgric (Soil Science))--University of Stellenbosch, 2011.
Includes bibliography.
Includes bibliography.
Keywords
Cabernet Sauvignon, Shiraz, Heuweltjies, Grapevine, Dissertations -- Soil science, Theses -- Soil science, Dissertations -- Agriculture, Theses -- Agriculture, Termites -- Effect on soil structure, Viticulture -- South Africa -- Stellenbosch, Viticulture -- South Africa -- Robertson, Vineyards -- Soils