Intergroup contact and collective action intentions among white South African students
Date
2024-03-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Social inequality is a reality in South Africa, which can have adverse consequences for disadvantaged-group members, such as poor health outcomes, increased dropout rates in higher education, and social unrest. One way in which social inequalities can be addressed is for disadvantaged-group members to participate in collective action to force conversation, debate, and change. However, this comes with challenges that include resistance from advantagedgroup members who may perceive social change as a threat to the status quo. Collective action at South African universities has become a common occurrence, with students from disadvantaged groups calling for greater social equality and inclusivity. The present study explores this in the Stellenbosch University context and considers factors that might encourage advantaged-group members to support disadvantaged-group members in the pursuit of positive social change. Given the limited South African data on the relationship between intergroup contact and collective action intentions (and the emotional and cognitive mediators thereof), the present study employed a cross-sectional design using self-report survey data to investigate the relationship between intergroup contact and collective action intentions among a convenience sample of white South African students (N = 450) studying at Stellenbosch University. The primary aim of the present study was to investigate whether general experiences of intergroup contact with black (African) South Africans in general are associated with the behavioural intention to distribute flyers advocating for racial justice and social equality in support of black (African) South Africans at Stellenbosch University. The secondary aim was to investigate whether context-specific experiences of intergroup contact with black (African) South Africans at Stellenbosch University, specifically, would similarly be associated with the behavioural intention to distribute flyers advocating for racial justice and social equality in support of black (African) South Africans at Stellenbosch University. Findings from the present study demonstrate a positive indirect association between general and context-specific experiences of intergroup contact with black (African) South Africans and context-specific behavioural intentions among white South Africans at Stellenbosch University via the serial mediation of empathy, collective guilt, and collective action intentions. These findings highlight a unique mediational pathway that might explain how white South Africans come to engage in collective action in support of black (African) South Africans. Furthermore, the findings of the present study provide additional support for the relevance of intergroup contact as a social intervention for mobilising advantaged-group members to action in support of the disadvantaged.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Sosiale ongelykheid is ’n werklikheid in Suid-Afrika, wat nadelige gevolge vir benadeelde groeplede voorhou, soos swak gesondheidsuitkomste, verhoogde uitvalgedrag in hoër onderwys, en sosiale onrus. Een manier waarop sosiale ongelykhede aangespreek kan word, is vir benadeelde groeplede om deel te neem aan kollektiewe aksie om gesprek, debat, en verandering af te dwing. Dit kom egter met uitdagings wat weerstand insluit vanaf bevoordeelde groeplede wat sosiale verandering as ’n bedreiging vir die status quo kan beskou. Kollektiewe aksie by Suid-Afrikaanse universiteite het ’n algemene verskynsel geword, met studente vanuit benadeelde agtergronde wat ’n beroep op groter sosiale gelykheid en inklusiwiteit doen. Die huidige studie ondersoek dit binne die konteks van Universiteit Stellenbosch en oorweeg faktore wat bevoordeelde groeplede kan aanmoedig om benadeelde groeplede te ondersteun in die strewe na positiewe sosiale verandering. Gegewe die beperkte Suid-Afrikaanse data oor die verwantskap tussen intergroep-kontak en kollektiewe aksievoornemens (en die emosionele en kognitiewe bemiddelaars daarvan), het die huidige studie 'n deursnee-ontwerp gebruik wat gebruik maak van selfrapportering opnamedata om die verband tussen intergroep-kontak en kollektiewe aksievoornemens onder 'n toevallige steekproef van wit Suid-Afrikaanse studente (N = 450) wat aan Universiteit Stellenbosch studeer, te ondersoek. Die primêre doel van die huidige studie was om te ondersoek of algemene ervarings van intergroep-kontak met swart Suid-Afrikaanse studente in die algemeen geassosieer word met die gedragsvoorneme om pamflette te versprei wat pleit vir rassegeregtigheid en sosiale gelykheid ter ondersteuning van swart Suid-Afrikaners aan die Universiteit Stellenbosch. Die sekondêre doel was om te ondersoek of konteksspesifieke ervarings van intergroep-kontak met swart Suid-Afrikaners wat spesifiek aan die Universiteit Stellenbosch studeer, soortgelyk verband hou met die gedragsvoorneme om pamflette te versprei wat pleit vir rassegeregtigheid en sosiale gelykheid ter ondersteuning van swart Suid Afrikaanse studente by Universiteit Stellenbosch. Bevindinge van die huidige studie toon ’n positiewe indirekte verband tussen algemene en konteksspesifieke ervarings van intergroepkontak met swart Suid-Afrikaners en konteksspesifieke gedragsintensies onder wit SuidAfrikaners by Universiteit Stellenbosch. Die indirekte verband vind plaas deur die reeksbemiddeling van empatie, kollektiewe skuldgevoelens en kollektiewe aksievoornemens Hierdie bevindinge beklemtoon ’n unieke bemiddelingspad wat kan verduidelik hoe wit SuidAfrikaners by kollektiewe optrede betrokke raak ter ondersteuning van swart Suid-Afrikaners. Verder bied die bevindinge van die huidige studie bykomende ondersteuning vir die toepaslikheid van intergroep-kontak as ’n sosiale intervensie vir die mobilisering van bevoordeelde groeplede tot aksie ter ondersteuning van die benadeeldes.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2024.