A theology of spatial justice in relation to land in South African History : 1856–2020. With reference to three South African congregations

Date
2024-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The history of South African land contains power imbalances, conflict, and dispossession. In the history of South Africa, this power imbalance is entrenched socially, economically and spatially. Also, the institutional church, at the beginning of the colonial endeavour, was intricately connected to the imperial force that built these unequal dynamics. Therefore, the institutional church is historically linked to the framework that brought about this systemic spatial oppression in South Africa. Also, there has been limited theological thinking on the issue of justice in land. There is thus a need to deepen and develop theologies on the issue of land. This study aims to use history in some churches and wider South Africa to develop a theology of spatial justice. The study discusses the concepts of space, justice and spatial justice. This aims to show the conceptual frameworks and their developments around these concepts. In addition, an overall history of land in South Africa is provided and an overview of historical land ownership by churches is also provided. Moreover, the study discusses and analyses historical acts in spaces through church case studies in order to develop a possible theology of spatial justice.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die geskiedenis van Suid-Afrikaanse grondsake behels magswanbalanse, konflik, en onteiening. In Suid-Afrika se geskiedenis word dié magswanbalans sosiaal, ekonomies en ruimtelik verskans. Ook die institusionele kerk aan die begin van die koloniale strewe word intrinsiek met die imperiale mag verbind wat hierdie ongelyke dinamika daargestel het. Die institusionele kerk word daarom histories verbind met die raamwerk wat hierdie sistemiese ruimtelike onderdrukking in Suid-Afrika geskep het. Beperkte teologisering bestaan rondom grondgeregtigheid. Gevolglik is daar ’n behoefte aan die ontwikkeling van teologieë oor ruimtelike kwessies soos grond. Hierdie studie wil die geskiedenis in die kerk en die breër Suid-Afrika gebruik om ’n ruimtelikegeregtigheidsteologie te ontwikkel. Konsepte soos ruimte, geregtigheid, en ruimtelike geregtigheid word ondersoek. Die studie poog ook om konseptuele raamwerke en ontwikkelings in verband met dié konsepte uit te wys. Verder volg ’n omvattende geskiedenis van grond in Suid-Afrika en ’n oorsig oor historiese grondbesit deur kerke. ’n Bespreking en ontleding van historiese handelinge in ruimtes word gegee via kerkgevallestudies ten einde ’n moontlike ruimtelikegeregtigheidsteologie te ontwikkel.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2024.
Keywords
Citation