Characterisation of lesions and associated immune cell populations in the lung of African buffalo (Syncerus cafe) infected with Mycobacterium Boris
Date
2021-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: A vast array of species is susceptible toMycobacterium bovis (M. bovis) infection, with varying pathogenesis and disease outcomes. Understanding the pathogenesis of disease is important for informing epidemiologic concerns and disease management strategies, especially in reservoir hosts, such as African buffaloes (Syncerus caffer). Therefore, this project is focused on characterisation of histologic morphology and associated immune cell populations in lung granulomas from M. bovis infected African buffalo to advance knowledge of disease development in buffaloes. A scoring system was developed to compare numbers and distributions of different immune cells, as well as other pathologic changes in bovine tuberculosis (bTB) pulmonary granulomas. In addition, an immunohistochemistry (IHC) staining technique was optimised for immune cell surface marker detection in buffalo lung tissues.
Formalin-fixed and frozen tissues were available from M. bovis naturally infected buffaloes from Hluhluwe-iMfolozi Park, South Africa. Formalin-fixed lung tissues were selected based on gross lesion scores that represented a range of severity. Lung sections from 14 buffaloes were stained with haematoxylin and eosin (H&E) to assess the histologic morphology of granulomas. Microscopic characteristics were then scored based on six categories. In addition, immunohistochemical techniques were optimised using antibodies that detected immune cell surface antigens (CD3, CD4, CD21, CD163, NCR1).
This study documented characteristics of a low histologic stage granuloma to include macrophages/multinucleated giant cells (MNGCs) at the core, lymphocytic infiltration surrounding the macrophages, and minimal to no necrosis and fibrosis. Granulomas compatible with more advanced disease were necrotic, with macrophages surrounding the necrotic core, lymphocytes located peripherally, and were encapsulated by a fibrous capsule. More developed granulomas were not always mineralised. Based on IHC, CD3+ T lymphocytes and CD163+ macrophages/MNGCs were present in all granulomas examined; B cells (CD21+) were only present in higher stage granulomas; and natural killer (NCR1+) cells were not abundant in any of granulomas. The CD4 antibody did not stain buffalo tissues and therefore, distribution of this subset of T lymphocytes could not be evaluated. Ziehl-Neelsen staining was performed to detect the presence of acid-fast bacilli, however, no bacilli were visible in the slides analysed. The appearance of the buffalo pulmonary granulomas did not completely fit with the stages described in cattle (Wangoo et al., 2005). Therefore, a scoring system for categorising granulomas, adapted for buffaloes, should be investigated to provide a species-specific description that would be beneficial for understanding bTB pathogenesis. In summary, findings showed that lymphocytes and macrophages/MNGCs appear to be the predominant immune cell types present and their distribution and relative numbers appear to change as pulmonary granulomas develop. Characteristics such as increased fibrous encapsulation and development of a necrotic core appear to be similar to granulomas in cattle. However, mineralisation may not be a consistent feature, suggesting some species-specific differences that should be further investigated. This study also demonstrated that immunohistochemistry is a practical method for further characterisation of local immune responses to M. bovisinfection in buffalo. Further research with a larger sample set will be informative for understanding local and associating systemic immune responses to bTB in buffaloes.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Baie spesies is vatbaar vir Mikobakterium bovis (M. bovis) infeksie, en die progressie en die uitkomste van die siekte kan grootliks verskil. Dit is belangrik om die verloop van die siekte te verstaan, om epidemiologiese bekommernisse aan te spreek en strategieë om die siekte te bestuur te bepaal, veral in gasheerspesies soos Afrika-buffels (Syncerus caffer). Hierdie projek fokus dus daarop om die histologiese morfologie en gepaardgaande immuunselpopulasies in longgranulome van M. bovis-geïnfekteerde Afrika-buffels te karakteriseer om die vordering van die siekte te verstaan. 'n Puntestelsel om die aantal en verspreiding van verskillende immuunselle en ander patologiese veranderinge in pulmonêre granulome in beestuberkulose (bTB) te vergelyk is ontwikkel. Daarbenewens is 'n immunohistochemie (IHC) kleuringstegniek geoptimiseer om immuun seloppervlakmerkers in gevriesde en formalien-gestoorde longweefsels van buffels te identifiseer. Formalien-gestoorde en gevriesde long weefsels van buffels van Hluhluwe-iMfolozi Park, Suid-Afrika, wat natuurlik met M. bovis geïnfekteer is, is gebruik. Formalien-gestoorde longweefsels is geselekteer op grond van hul makroskopiese letselpunte wat verskillende vlakke van erns verteenwoordig. Longseksies van 14 buffels is met haemotoxylin en eosin (H&E) gekleur om die morfologie van granulome te bepaal. Mikroskopiese eienskappe is gebaseer op sewe kategorieë. ‘n Immunohistochemiese tegniek wat gebruik maak van teenliggaampies wat immuun-seloppervlak-antigene (CD3, CD4, CD21, CD163, NCR1) identifiseer is ook geoptimaliseer. Hierdie studie wys dat vroeë granulome makrofage/multi-kerne reus-selle (MNGCs) in hul kerns het, dat limfositiese infiltrasie rondom die makrofage voorkom met minimale tot geen nekrose en fibrose. Granulome versoenbaar met gevorderde siekte is nekroties met makrofage/MNGCs rondom die nekrotiese kern. Limfosiete is perifere geleë, en granulome is deur fibrose omsluit. Gevorderde letsels is nie altyd gemineraliseer nie. CD3+ T-limfosiete en CD163+ macrophage/MNGCs was teenwoordig in alle granulome; B-selle (CD21+) is slegs teenwoordig in gevorderde granulome. Natuurlike moordenaarselle (NCR1+) was min in alle granulome. Fibrose het toegeneem namate die ontwikkeling van granulome gevorder het. Die CD4-teenliggaampies het nie gwerk nie en kon die verspreiding van die T-selpopulasie nie geëvalueer word nie. Ziehl-Neelson-kleuring is gedoen om die teenwoordigheid van suurvaste bakterië op te spoor, maar geen was sigbaar in die skyfies wat ondersoek was nie. Die beskrywing van pulmonale buffel granulome het nie ooreegestem met die stadiums van ontwikkeling wat vir beeste beskryf is nie (Wagoo et al., 2005). 'n Aangepaste puntestelsel vir die kategorisering van granulome in buffels moet dus ondersoek word om 'n spesiespesifieke beskrywing te kry. Dit sal help om die progressie van bTB in buffels te verstaan. Ter opsomming, hierdie study toon dat limfosiete en makrofage/MNGCs die oorheersende immuunseltipes is en dat hul verspreiding en relatiewe getalle verander in vroeë en gevorderde pulmonale granulome van M-bovis-geïnfekteerde buffels. Eienskappe soos die toename in fibrose en die ontwikkeling van nekrotiese kerns stem ooreen met die beskrywing van granulome in beeste. Mineralisering is egter nie 'n algemene kenmerk tussen buffels en beeste nie, en dui op spesiespesifieke verskille wat ondersoek moet word. Hierdie studie toon ook dat immunohistochemie 'n praktiese metode is vir karakterisering van die plaaslike immuunresponse teen M. bovis-infeksie in buffels. Verdere navorsing met 'n groter steekproef sal insiggewend wees om die plaaslike responses en die assosiasie met sistemiese immuunresponse gedurende bTB in buffel te verstaan.

Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Mycobacterium bovis, UCTD, Granuloma, Immunologic diseases, African buffalo