Who's got the power? : a practical theological reflection on the power relations in the "Blesser" phenomenon amoung female adolescence in South Africa
Date
2019-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study explores the “Blesser” phenomenon, a gender-sensitive social phenomenon characterised by the lavish lifestyles of certain female adolescents and affluent older/married men. It started spreading rapidly when female adolescents and young women, or “Blessees”, began to post pictures or videos on social media of how to maintain an extravagant lifestyle by finding a “Blesser”. These images uploaded by “Blessees” created a socially constructed platform for this phenomenon to become the norm among certain female adolescents. This phenomenon is critically scrutenised from the perspective of prostitution to describe how the practice of monetary compensation in return for a sexual act has been, perceived differently overtime and eventually resulted in the so-called “sugar-daddy” culture and, later, the “Blesser” phenomenon. The various perceptions of sexual commerce are analysed with reference to different social factors that have contributed to the popularity of the “Blesser” phenomenon. This phenomenon particularly motivates young female adolescents in need of essential means of survival or maintenance. Nevertheless, even young women with constrained access to resources rely on a “Blesser” to further improve their education and secure employment and business opportunities. The analysis of sexual commerce specifically focuses on the gender component, which is the main driver of the causes and effects of the socio-economic conditions, in South Africa. The gender phenomenon has been, shaped by a patriarchal history that continues to dominate culture, society and the economy. This study explores young female adolescents’ increasing desire for material possessions, and how they, derive emotional and artistic joy from consumer experiences. In essence, the stimulus of the sexual act becomes a means of survival when the female body, is used to, solicit a monetary gift. This need for lavishness and extravagance is investigated and described at a deeper level, exploring how female adolescents, get caught up, in a “sexual game” with affluent men, who enforce a patriarchal notion of providence.
This study also explores the effect of an age-disparate relationship on the expansion of the “Blesser” phenomenon, as well as its impact on female adolescents’ health and behaviour. Defenceless, immature female adolescents’ willingness to consider a self-determined monetary sexual relationship exposes most of them to the risk of HIV/Aids and other sexually transmitted diseases, and even possible pregnancy. The health factor is, discussed based on the bio-
psychosocial model of well-being. This model explains the connection between people and their environment, their mental condition and societal issues that either predict or cause disease, or point to a healthy and fulfilling life. While the study mainly focuses on female adolescents it, acknowledged that males may be equally vulnerable.
In addition, the study attempts to understand the link between the “Blesser” phenomenon and youth culture, particularly the use of social media. Social media are analysed as a key part of youth culture, playing a major role in the existence and expansion of the “Blesser” phenomenon. The study considers how culture inspires adolescents to build exceptional identities, which are then, expressed on a diverse range of self-fashioned platforms to clarify or articulate their own sexuality in a consumer culture. The youth’s mind-set is, explored and understood based on their creative discovery of a subculture. The theoretical description uses culture to understand sexual relationships based on an evaluation of adolescents, both, in South Africa and the rest of the world. This evaluation examines sexual awareness in the “Blesser” phenomenon from the perspective of adolescents’ sexual development and ethical conduct.
The crux of the study is, founded on French historian and philosopher Foucault’s explanation of the power phenomenon in relationships. The notion of power is evident from female adolescents’ uncompromising behaviour and verbal declarations that they hold the power in the “Blesser” relationship. Foucault’s explanation of power suggests that the person with the least or lowest form of influence in fact also has power. This form of power takes precedence over those with real authority. Foucault also includes the gender concept in his explanation to explore the complexities of gender relations. Based on this it, identified how and why a pyramid of gender relations occur by considering masculinity and femininity. The study touches on the patriarchal origins of gender, as well as subsequent gender differentiation. The historical entrenchment of patriarchy has influenced people’s mind-set and has caused women’s position in society to be, understood as inferior and subservient.
Following the discussion of the effect of power in the “Blesser” phenomenon, the focus shifts to how “Blessees” understand power in these relationships. Power is, understood from the perspective of a dominant patriarchal system and the complexities of gender, and how this has
led women to regard men as the providers of material possessions. To “Blessees”, power is located in a sexy, desirable body and the creativity to use this to attract men. Sexuality is, understood as physical desirability. In interpreting sexuality from the perspective of spirituality, the study also finds that “Blessees” in no way connect their material “blessings” from their “Blessers” to religion. Practical theology and a feminist theology of praxis are, applied to understand the importance of the body in relation to sexuality and spirituality. The contextual relation of the body is, explained with reference to the understanding of spirituality and the impact of this generational perspective on adolescents.
Looking through the lenses of practical theology, body theology and a feminist theology of praxis, a deepened understanding of sexuality and spirituality is, obtained. To this end, the sacredness of the body is, examined to understand the interconnectedness of sexuality and spirituality. This deepened understanding is, considered with reference to the religious view of patriarchy and the way in which patriarchy has been, perpetuated by the Christian church. For years, Christian families abided by this notion, which has subsequently become the social norm. The way in which the church has dealt with culture and violence against women and children in society are thoroughly studied. Christianity is strongly associated with the construction and upholding of patriarchy, which has resulted in the oppression of women. The study concludes with findings and suggestions on how families, adolescents, society, the education sector and the church could collaborate in developing a gender-sensitive youth and upholding a sound value system.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die “Blesser”-verskynsel, ’n gendersensitiewe sosiale verskynsel wat gekenmerk word deur die uitspattige leefwyse van sekere vroueadolessente en welvarende ouer/getroude mans. Dit het teen ’n snelle tempo begin versprei toe vroue adolessente en jong vroue, oftewel “Blessees”, foto’s en video’s op sosiale media begin plaas het om te toon hoe ’n mens ’n weelderige leefstyl kan handhaaf deur ’n “Blesser” te kry. Die “Blessees” se beeldmateriaal op sosiale media het ’n sosiaal gekonstrueerde platform geskep vir hierdie verskynsel om verder te ontwikkel en die norm vir sekere vroueadolessente te word. Hierdie verskynsel word krities bestudeer uit die perspektief van prostitusie om te beskryf hoe die praktyk van geldelike beloning vir ’n seksuele daad oor tyd verskillend beskou is, wat uiteindelik tot die sogenaamde “sugar daddy”-kultuur en toe die “Blesser”-verskynsel gelei het. Die verskillende opvattings van sekshandel word ontleed aan die hand van verskillende sosiale faktore wat die “Blesser”-verskynsel so gewild maak. Hierdie verskynsel motiveer veral jong vroueadolessente wat noodsaaklike middele vir oorlewing of onderhoud kortkom. Tog maak selfs jong vroue met beperkte toegang tot hulpbronne staat op ’n “Blesser” om verder te studeer en werks- of sakegeleenthede te bekom. Die ontleding van sekshandel skenk in die besonder aandag aan die genderkomponent, wat die hoofdryfveer is van die oorsake en gevolge van die sosio-ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika. Die genderverskynsel spruit uit ’n patriargale geskiedenis wat kultuur, die samelewing en die ekonomie oorheers. Hierdie studie verken die toenemende begeerte na materiële besittings by vroueadolessente, en hoe hulle emosionele en artistieke geluk put uit verbruikservarings. Die stimulus van die seksdaad word in wese ’n middel tot oorlewing wanneer die vroulike liggaam gebruik word om ’n geldelike geskenk te bekom. Hierdie behoefte aan weelde en uitspattigheid word op ’n dieper vlak bestudeer en beskryf aan die hand van hoe vroueadolessente vasgevang word in ’n “seksspel” met welvarende mans, wat ’n patriargale begrip van voorsiening afdwing. Die studie ondersoek ook die uitwerking van ouderdomsongelyke verhoudings op die uitbreiding van die “Blesser”-verskynsel, en hoe dit vroueadolessente se gedrag en gesondheid beïnvloed. Weerlose, onvolwasse vroueadolessente se gewilligheid om ’n selfbeskikte monetêre seksuele verhouding te oorweeg stel baie van hulle bloot aan die risiko van MIV/vigs en ander seksueel oordraagbare siektes, en selfs die moontlikheid van swangerskap. Die gesondheidsfaktor word op grond van die bio-psigososiale model van welstand bespreek. Hierdie model verklaar die verwantskap tussen mense en hulle omgewing, hulle geestestoestand en samelewingskwessies wat hetsy siekte voorspel of veroorsaak, of op ’n gesonde en vervullende lewe dui. Die studie konsentreer veral op vroueadolessente, dog erken dat mans óók kwesbaar kan wees. Die studie probeer ook die verband tussen die “Blesser”-verskynsel en jeugkultuur, en veral die gebruik van sosiale media, verstaan. Sosiale media word ontleed as ’n kerndeel van jeugkultuur wat ’n deurslaggewende rol vervul in die bestaan en uitbreiding van die “Blesser”-verskynsel. Kultuur word oorweeg aan die hand van hoe dit adolessente aanspoor om uitsonderlike identiteite te bou, wat hulle dan op verskillende selfgeskepte forums uitleef om hulle eie seksualiteit in ’n verbruikerskultuur te verklaar of te beklemtoon. Die denkwyse van die jeug word verken en verstaan op grond van hulle kreatiewe ontdekking van ’n subkultuur. Die teoretiese beskrywing gebruik kultuur om seksuele verhoudings te verstaan aan die hand van ’n evaluering van adolessente in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Hierdie evaluering bestudeer die bewustheid van seksualiteit in die “Blesser”-verskynsel uit die oogpunt van seksuele ontwikkeling en die etiese gedrag van adolessente. Die kern van die studie berus op die Franse geskiedkundige en filosoof Foucault se verklarings van die magsverskynsel in verhoudings. Die magskonsep blyk duidelik uit vroueadolessente se selfversekerde optrede en mondelinge bevestigings dat húlle die mag in die “Blesser”-verhouding het. Foucault se verduideliking van mag doen aan die hand dat die persoon met die minste of laagste vorm van invloed eintlik ook oor mag beskik. Hierdie vorm van mag het voorrang bo diegene met werklike gesag. Foucault sluit ook die genderkonsep by sy verduideliking in om die kompleksiteite van genderverhoudings te verken. Op grond hiervan word daar geïdentifiseer hoe en waarom ’n piramide van genderverhoudings ontstaan deur manlikheid en vroulikheid te ondersoek. Gender word bestudeer met verwysing na die patriargale oorsprong daarvan, en die gevolglike differensiasie tussen genders. Die historiese vaslegging van patriargie het mense se denkwyse beïnvloed en daartoe gelei dat vroue se plek in die samelewing as ondergeskik en onderdanig verstaan word. Ná die bespreking van die uitwerking van mag in die “Blesser”-verskynsel, word daar ondersoek ingestel na “Blessees” se begrip van mag in hierdie verhoudings. Mag word verstaan uit die oogpunt van ’n oorheersende patriargale stelsel en die kompleksiteite van gender, en hoe dít daartoe lei dat vroue mans as die voorsieners van materiële besittings beskou. Die “Blessees” se begrip van mag berus op ’n begeerlike lyf en die kreatiwiteit om mans daarmee te lok. Seksualiteit word as liggaamlike begeerlikheid verstaan. Die studie vertolk seksualiteit ook aan die hand van spiritualiteit, en bevind dat die “Blessees” nie hulle materiële “seëninge” van die “Blesser” enigsins aan godsdiens koppel nie. Die praktiese teologie en ’n feministiese teologie van praktyk word toegepas om die belang van die liggaam in verhouding tot seksualiteit en spiritualiteit te verstaan. Die kontekstuele verhouding van die liggaam word verduidelik aan die hand van die begrip van spiritualiteit en hoe hierdie generasiespesifieke perspektief adolessente beïnvloed. Die lens van praktiese teologie, liggaamsteologie en ’n feministiese teologie van praktyk word gebruik om ’n dieper begrip van seksualiteit en spiritualiteit te vorm. Hiervoor word die heiligheid van die liggaam ondersoek om die onderlinge verwantskap tussen seksualiteit en spiritualiteit te verstaan. Hierdie dieper begrip word oorweeg aan die hand van die godsdienstige siening van patriargie en hoe die Christelike kerk patriargie vasgelê het. Christengesinne het hulle jare lank aan hierdie konsep onderwerp, en dus het dit die norm in die samelewing geword. Die kerk se hantering van kultuur en geweld teen vroue en kinders in die samelewing word ook deeglik teen hierdie agtergrond ondersoek. Die Christelike geloof word sterk verbind met die konstruksie en handhawing van patriargie, wat tot die onderdrukking van vroue aanleiding gee. Die studie sluit af met gevolgtrekkings en voorstelle oor hoe die gesin, adolessente, die samelewing, die onderwyssektor en die kerk kan saamwerk om ’n gendersensitiewe jeug te ontwikkel en ’n goeie waardestelsel te handhaaf.

Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Adolescence, Adolescent psychology, Gender, UCTD