Factors influencing the degree of smallholder farmer’s market participation : the case study of uMkhanyakude and Zululand districts, KwaZulu Natal Province of South Africa
Date
2021-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : This study uses a multiple regression model to analyse the factors affecting the level of market participation of smallholder farmers in the two districts, uMkhanyakude, and Zululand, in the KwaZulu Natal province of South Africa. The data was collected from a total of 229 commercially orientated smallholder farms from the two districts using a questionnaire-based household survey. Multi-stage sampling was used in selecting the smallholder farmers, whereas purposive sampling was used at provincial and district level to select the study area.
The study revealed that participants have a low crop market participation of 33 percent, a very low livestock market participation of nine percent, and overall market participation of 39 percent. Channels for marketing were investigated in relation to market participation. Marketing channels for livestock had no significant difference and effect on the level of market participation. For crops, marketing channels had a substantial difference given a statistically significant effect. The smallholder farmers who mostly sold their output to their neighbour and/or local traders had a lower market participation rate compared to those who sold their crop products to a cooperative. It was found that age and field size had a statistically significant impact on the level of market participation. Age exhibited a negative relationship with market participation and field size had a positive relationship with market participation. Income was found to have a statistically insignificant impact on market participation.
Based on the findings highlighted above, it is recommended that effective policy interventions that create and sustain an enabling environment that encourages greater market participation should be put in place. Since market participation in the area is influenced by cooperative membership, age and field size, efforts should be directed to increasing land portions or sizes for younger smallholder farmers. Policies that encourage the establishment of cooperatives should also be put in place.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Hierdie studie maak gebruik van ’n veelvuldige regressiemodel om die faktore te analiseer wat die vlak van markdeelname van kleinboere in twee distrikte van die KwaZulu-Natal provinsie in Suid-Afrika te analiseer. Die twee distrikte is uMkhanyakude en Zululand. Die data is verkry van ’n totaal van 229 kommersieel georiënteerde kleinboere in die twee distrikte deur gebruik te maak van ’n vraelysgebaseerde huishoudelike opname. Meerstadium steekproefneming is gebruik om die kleinboere te selekteer, terwyl doelgerigte steekproefneming op ’n provinsiale en distriksvlak gebruik is om die studiegebied te selekteer. Die studie het gewys dat deelnemers ’n lae deelname aan gewasmarkte van 33 persent gehad het, ’n baie lae deelname aan veemarkte, van nege persent, en algemene deelname aan markte van 39 persent. Bemarkingskanale is ondersoek in verhouding tot markdeelname. Bemarkingskanale vir vee het geen noemenswaardige verandering en effek op die vlak van markdeelname gehad nie. Vir gewasse het bemarkingskanale ’n wesenlike verskil getoon, gegewe ’n statisties beduidende effek. Die kleinboere wat hulle uitset hoofsaaklik aan hulle bure en/of plaaslike handelaars verkoop het, het ’n laer markdeelnamekoers gehad in vergelyking met dié wat hulle gewasprodukte aan ’n koöperasie verkoop het. Daar is gevind dat ouderdom en landgrootte ’n statisties beduidende effek op die vlak van markdeelname gehad het. Ouderdom het ’n negatiewe verhouding met markdeelname getoon en landgrootte het ’n positiewe verhouding met markdeelname getoon. Inkomste is gevind om ’n statisties onbeduidende effek op markdeelname te hê. Op grond van die bevindinge wat hierbo uitgewys word, word daar aanbeveel dat doeltreffende beleidsingrypings in plek gesit word wat ’n bemagtigende omgewing skep en onderhou en wat groter markdeelname aanmoedig. Aangesien markdeelname in die gebied deur lidmaatskap van ’n koöperasie beïnvloed word, asook deur ouderdom en landgrootte, moet pogings ook gerig word aan die vergroting van grondporsies of -groottes vir jonger kleinboere. Beleide wat die vestiging van koöperasies aanmoedig, moet ook in plek gesit word.

Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Subsistence farming -- Zululand (South Africa) -- Commerce, Subsistence farming -- Umkhanyakude District Municipality (South Africa) -- Commerce, Commercialism -- KwaZulu-Natal (South Africa), Marketing channels -- KwaZulu-Natal (South Africa), UCTD