Investigating starch from transgenic potato plants lacking starch branching enzyme I and/or glucan, water dikinase 1
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Starch is the principal storage carbohydrate in plants where it is found in granules in plastids.
It is the major
calorie in the human diet and is an important feedstock in various industries. To improve the
usefulness of native starch for different industrial applications, it must first undergo expensive
chemical, physical or enzymatic treatments. Understanding starch biosynthesis can help to introduce
modifications in planta with the aim of reducing such postharvest costs. Starch consists of two
polymers, amylose and amylopectin, which are synthesised by multiple enzymes and are found in
differing ratios where amylopectin normally constitutes the majority of the granule. Starch
synthases elongate α-1,4 linked glucose chains to produce amylose. Starch branching enzymes can
introduce α-1,6 branchpoints to form amylopectin which can be phosphorylated by glucan, water
dikinases. There seems to be a relationship between the branching structure and phosphate
incorporation as repression of STARCH BRANCHING ENZYME genes leads to increased granule bound
phosphate. In this project, STARCH BRANCHING ENZYME I (SBEI) and GLUCAN, WATER DIKINASE 1 (GWD1)
were repressed individually or simultaneously in potato using RNAi constructs. Repression of these
enzymes resulted in changes to the amylose and phosphate contents. These alterations influenced
granule morphology and gelling properties, but not freeze-thaw stability or starch digestibility.
Rapid viscoamylography demonstrated that repression of SBEI increased phosphate content and peak
viscosity. Starch pastes from SBEI transgenic plants also had improved paste clarity. GWD1
repression resulted in a decrease in phosphate content and peak viscosity. Simultaneous repression
of SBEI/GWD1 resulted in higher amylose content and altered granule morphology with some multilobed
starch granules being present. Despite the increase in amylose, a carbohydrate more resistant to
digestion, no differences in digestibility of purified starch were found. This study adds to what
is known about starch biosynthesis in potato tubers and demonstrates that starch can be modified in
planta by targeting starch biosynthetic genes.
Whether these changes ultimately result in improvement to end-products still needs to be
investigated.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Stysel is die primêre stoorkoolhidraat in plante. Dit is die belangrikste kalorie in die menslike dieet en is ‘n belangrike komponent in verskeie nywerhede. Om die bruikbaarheid van stysel te verbeter vir industriële verbruik, moet die struktuur eers met duur chemiese, fisiese of ensiem behandeling verander word. Om hierdie na-oes koste te verminder, kan struktuurveranderings in planta aangewend word, dus is kennis van styselbiosintese belangrik. Stysel bestaan uit twee polimere, amilose en amilopektien, wat deur ‘n menigte ensieme saamgestel word. Styselsintases verleng α-1,4-gekoppelde glukosekettings om amilose te produseer. Styselvertakkingsensiemes kan amilose vertak deur α-1,6-takpunte by te voeg, waarby glukaan, waterdikinases fosfaat groepe kan aanheg. Daar blyk ‘n verhouding tussen die vertakkingsstruktuur en fosfaat inhoud, maar die ensieme verantwoordelik vir hierdie eienskappe is nog nie saam bestudeer nie. In hierdie studie is STARCH BRANCHING ENZYME I (SBEI) en GLUCAN, WATER DIKINASE 1 (GWD1) in aartappel afsonderlik of gelyktydig onderdruk deur van RNAi-konstrukte gebruik te maak. Onderdrukking van hierdie eniseme het veranderinge in die amilose en fosfaat inhoud tot gevolg gehad. Hierdie wysigings het styselkorrelmorfologie en gel eienskappe beïnvloed, maar nie stabiliteit in vries-ontdooi toetse of die verteerbaarheid van die stysel nie. Onderdrukking van SBEI het gelei tot hoër fosfaat inhoud en piek viskositeit, asook ‘n meer deursigtige gel. Onderdrukking van GWD1 het gelei tot ‘n afname in fosfaat inhoud asook in piek viskositeit. Gelyktydige onderdrukking van SBEI/GWD1 het gelei tot hoër amilose inhoud en die ontstaan van veellobige styselkorrels. Ten spyte van die toename in amilose, ‘n koolhidraat wat meer weerstandig is teen verteringsensieme, is geen verskille in die verteerbaarheid van suiwer stysel gemerk nie. Hierdie studie dra by tot die kennis van styselbiosintese in aartappels en toon dat wysigings tot die styselstruktuur aangewend kan word in planta deur gene betrokke in styselbiosintese te teiken. Dit moet egter nog ondersoek word of hierdie veranderinge wel tot die verbetering van eindprodukte lei.

Description
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2024.