'n Prakties-teologiese rekonstruksieteorie vir transformatiewe handelinge binne die samelewing
Date
1998-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
The aim of the research is to analyse and describe the function of the church in a context of radical social change. In so far as this function takes place in the South African process of transformation and democratisation, the research wishes to establish in which way the church can promote a theory of communicative action. This needs to be achieved in order to transform the deep-rooted structures of alienation and separation that have been caused by apartheid. The research has a predisposition towards a theory of communicative action since the conflict that have been caused by apartheid is primarily perceived as a contention of speech-worlds. A lack of a common language makes it necessary therefore to analyse the confusion of speech-acts. It is argued that a common rational language is required in order to understand one other, act together and therefore live together with the realities of ethnic and social diversity. A few conclusions are reached. In the first instance the research utilises the theory of communicative action of Jürgen Habermas. It is established that a critical theory, which is directed at social praxis, generates a process that may result in transformation. This theory of communicative action displays a stubbornly transcending power that is embedded in everyday speech structures and harbours the emancipatory goal of mutual understanding. Secondly, a social analysis is made by utilising the rational validity claims of Habermas's action theory. These validity claims are comprehensibility, truth, rightness, and sincerity. An analysis of conflict is achieved by way of a thematic execution of these different elements of communicative rationality. As an example of the character of this confusion, an analysis is made of the features of church involvement in the South African context. The benefit of an analysis of this nature is that it explains where misapprehension originates. In order to appropriate differences through a process of communicative rationality it is therefore argued that dialogical communities need to be cultivated. In a certain sense the transformation process needs the criteria of assessment so that it can generate communicative action in society. These criteria can play a positive role as our deeply divided society seeks a grammar of living together; it can be seen and understood as ideals to be followed, as important issues to be considered. In the third place it is established that an action-theory approach in practical theology can persuade the church to be constructively concerned with projects of reconstruction. Such a model extends the object of practical theology, therefore including the analysis of transformative acts as a component of practical theological ecclesiology. Such an ecclesiology is regulated by rational intention and is bent on eradicating the danger of alienation through communicative action. This is accomplished by concretising a comprehensive concept of rationality in a practical-theological ecclesiology, entailing the following requirements: contextual (truth), public (comprehensibility), ethical (rightness), and epistemological (sincerity). Practical theology in South Africa will have to inquire about the rational stature of the church in order to advance from a theoretical awareness to a praxis-orientated approach.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die navorsing is om die sosiale en maatskaplike rol van die kerk binne 'n konteks van radikale verandering te ontleed en beskryf. Vanwee die feit dat hierdie rolfunksie afspeel binne die huidige transformasie- en demokratiseringsproses in SuidAfrika wil die navorsing bepaal in watter mate die kerk 'n rol kan speel om 'n kommunikatiewe handelings benadering te bevorder om sodoende die diepgewortelde strukture van verwydering en vervreemding wat deur apartheid veroorsaak is, te vervang. Die keuse vir hierdie benadering word gemaak omdat die konflik wat deur apartheid veroorsaak is, primer beskou word as 'n konflik tussen taalwêrelde, een waarin spraakverwarring geanaliseer moet word, waar daar 'n gebrek aan 'n gemeenskaplike taal bestaan. Daar word dan aangevoer dat 'n gemeenskaplike rasionele taal benodig word ten einde mekaar te kan verstaan, gemeenskaplik te handel en te leef met die realiteite van etniese en sosiale diversiteit. 'n Paar bevindinge word gemaak. In die eerste plek benut die navorsing die kommunikatiewe handelingsteorie van Jürgen Habermas. Hierin word bevestig dat 'n kritiese teorie wat gerig is op die sosiale praxis, 'n proses genereer waardeur transformasie kan plaasvind. Hierdie teorie van kommunikatiewe rasionaliteit vertoon 'n hardnekkige transendentele krag wat ingebed is in alledaagse linguistiese strukture en huisves die emansipatoriese doel van wedersydse begrip. Tweedens word 'n samelewingsanalise gedoen na aanleiding van Habermas se rasionele geldigheidsaansprake, nl. dié van verstaan, waarheid, juistheid en waaragtigheid. So 'n analise word gedoen deurdat die elemente van kommunikatiewe rasionaliteit getematiseer word sodat konflik ontleed kan word. As voorbeeld van spraakverwarring word 'n analise gemaak oor die aard van kerklike betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse samelewing. Die nut van so 'n analise is dat dit help om duidelikheid te kry oor waar presies misverstande ontstaan. In die lig hiervan is die voorstel vir die skep en ontwikkeling van dialogiese gemeenskappe waar verskille oorbrug kan word deur 'n proses van kommunikatiewe rasionaliteit. In 'n sekere sin benodig die transformasieproses evalueringskriteria wat daartoe kan dien dat hierdie proses kommunikatiewe handeling in die samelewing bevorder. Hierdie kriteria speel 'n belangrike rol as ideale waarna gestreef moet word wanneer 'n diep verdeelde samelewing 'n “grammatika van saamleef” probeer skep. In die derde plek word bevind dat 'n handelingswetenskaplike metode binne die praktiese teologie die kerk kan oortuig van 'n konstruktiewe betrokkenheid by 'n rekonstruksieprojek deurdat 'n uitgebreide rasionaliteitsbegrip gekonkretiseer word binne 'n prakties-teologiese ekklesiologie. So 'n model bring 'n verbreding in die objek van praktiese teologie te weeg wat die bestudering van transformatiewe handelinge in die sosiale praxis deel maak van 'n prakties-teologiese ekklesiologie. 'n Ekklesiologie wat gereguleer word deur rasionele oogmerke is aangewese op kommunikatiewe handelinge waarmee die gevaar van verwydering en vervreemding oorkom kan word. Die rasionaliteitsbegrip word deur die volgende gestaltes onderskei: 'n kontekstuele vereiste (waarheid), 'n publieke vereiste (verstaanbaarheid), 'n etiese vereiste (juistheid) en 'n epistemologiese vereiste (waaragtigheid). Praktiese teologie in Suid-Afrika, wat wil wegbeweeg vanaf suiwer teoretiese beginsels na 'n praktyk-georiënteerde benadering, sal daarom veral na die rasionele gestalte van die kerk moet vra.

Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 1998.
Keywords
Habermas, Jurgen -- Contributions in communication, Church and social problems -- South Africa, Communication -- Philosophy, Theology, Practical -- Philosophy, Act (Philosophy)